/ Nuus, Sport, Sportbepalings

Hierdie is altyd ‘n baie lekker toernooi waar ons sommer baie wedstryde speel. Party kinders het 6 wedstryde gespeel omdat hul spanmaats nie opgedaag het nie.
Die O/10 B span speel 3 wedstryde waarvan hul 1 wen, die O/10 C span speel 3 wedstryde waarvan hulle 2 wen.
Die O/11 B span speel 3 wedstryde en wen 2 en die O/11 C span speel ook 3 wedstryde en wen 2.
Goeie werk dogters en afrigters. Hou so aan!

/ Nuus, Sport, Sportuitslae

Ons skaak-, O/13 rugby- en netbalspanne het vir die eerste keer aan hierdie naweektoernooi deelgeneem.
Die rugby het sterk kompetisie gehad en ongelukkig beide hul wedstryde verloor, maar pragtige rugby gespeel! Al het van die ouens in Gansbaai se rugbyspan soos Hoërskoolkinders gelyk, het ons manne glad nie vir hulle teruggestaan nie.
Ons netbalspan het 3 wedstryde gehad en al 3 baie oortuigend gewen.
Die lede van die skaakspan het elk 6 wedstryde gespeel en ons skool het 2de geeïndig vir die dag.
Dit was ‘n heerlike naweek en ons is baie trots op almal. Ons hoop om volgende jaar weer aan hierdie toernooi deel te neem en sommer meer spanne saam te neem.

/ Nuus, Sport

Op 27 Julie het die onderstaande leerders aan die Distrikkampioenskappe vir Ritmiese Gimnastiek deelgeneem en almal hul distrikkleure verwerf.
Mia Voster – Vlak 5
Anna Joubert- Vlak 6
Maria Joubert- Vlak 6
Layla Erasmus – Vlak 6
Hulle neem op 1 September aan die WP Kampioenskappe in Wynberg deel.
Baie sterkte en ons hou styf duimvas!

/ Algemeen

Omdat dit ‘n kort week is, sal ons dié week se nuus by volgende week se nuus voeg.

/ Algemeen, Projekte

Een van die dogters in die projek het onlangs ‘n traumatiese voorval oorleef.
Die maatskaplike werker wat ons bystaan met die projek, is bekommerd oor haar en ons reël tans vir haar berading.
Ons wil vir haar ‘n versorgingspakkie stuur – enige skenkings van boeke, tienerklere of persoonlike items sal hoog op prys gestel word.
Stuur asb saam skool toe na Adri by ONTVANGS.

/ Akademie, Nuus

Baie geluk aan Anna van Biljon en Peet Karsten wat die naweek aan die Spelling Bee kompetisie deelgeneem het. Laerskool Jan van Riebeeck was die enigste Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Die kompetisie is die ekwivalent van die Afrikaanse WOW-spelkompetisie.

Anna het deurgedring tot die 3de rondte en Peet is onder die top 3 en dring dus na Provinsiale vlak deur. Baie geluk julle en sterkte Peet met die voorbereiding vir die volgende rondte!Ons is baie trots op julle !

/ Algemeen, Nuus

Kaartjies vir dié geleentheid, wat NIE op die Kari-app gekoop word nie, kan direk by mev. Marlene Jooste gekoop word by die skool.
Koste beloop R100 pp of R140 as daar ‘n bossie blomme bygekoop word.

/ Akademie

Die Graad 1-3 leerders skryf hul Formele Assesseringstake gedurende week 8 van die derde kwartaal. Geen boeke word huis toe gestuur vir leerders om vooraf te leer nie, want die Grondslagfase se metode van assessering verskil van die Intersenfase.

/ Akademie, Nuus

Baie geluk aan die volgende leerders wat tydens ons interne spelkompetisie die Top 6 in hul graad gehaal het. Hulle sal Vrydag, 24 Augustus ons skool verteenwoordig by die eerste ronde van die Wow Spelkompetisie. Die volledige lys woorde moet geleer word vir hierdie ronde. Die leerders het reeds briewe ontvang.
Die volgende twee datums, indien hulle sou deurdring, is 8 September en 20 Oktober.
(Geluk ook aan Isabelle, Annabel, Lili en Bernard wat gekwalifiseer het, maar ongelukkig nie kan deelneem nie a.g.v. die George-toer)

 

/ Liewe Aarde, Nuus

Baie geluk aan Lea en Markus de Ridder. Hulle is ons Jannies van die week – dankie dat julle so gereeld herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.
Onthou asb om julle leë 2L melkbottels by Matthews in te gee vir die volgende paar weke. Ons probeer om 2000 bymekaar te maak! Miskien het julle al van ‘plogging’ gehoor? Dit beteken ‘picking up trash while jogging’. Die nuwe gier kom van Swede en het blykbaar soos ‘n veldbrand versprei. Ons dink dit is baie oulik en hoop dit help om ons omgewing skoner te kry.

/ Landloop, Nuus, Sport

Die meeste van ons atlete het Vrydag, 27 Julie, aan hul laaste byeenkoms vir die seisoen deelgeneem. Vrydag se byeenkoms het by Sun Valley plaasgevind.
Atlete moes onder die top 20 eindig om deur te dring tot die volgende ronde.
Michel-Georges Delpierre 65ste
Mieke Huysamen 43ste
Lea de Ridder 36ste
Markus de Ridder 64ste
Scarlett van der Merwe 4de
Pierre Becker 37ste
Andries Becker 36ste
Eugenie Delpierre 46ste
Adrian Huysamen 38ste
Enzo Vorster 55ste
Nikolaas Bergh 6de
Scarlett van der Merwe het met ‘n 4de plek ons skool se naam hoog gehou het deurgedring na die volgende ronde. Hier staan sy op die foto saam met juf. Stahmer.
Scarlett het op Woensdag, 1 Augustus, aan die volgende byeenkoms by Strandfontein naby Mitchells Plain deelgeneem en ‘n 6de plek behaal. Sy moes onder die top 10 eindig om weer aan die volgende ronde te kan deelneem.
Scarlett neem op Saterdag, 11 Augustus, aan die WP byeenkoms by Fairmont High School in Durbanville deel. Ons is baie trots op Scarlett en wens vir haar baie sterkte toe vir volgende week se byeenkoms.

/ Netbal, Nuus, Sport

O/9A 7-1 (wen)
O/9B 2-0 (wen)
O/10A 7-4 (wen)
O/10B 2-3 (verloor)
O/11A 6-9 (verloor)
O/11B 1-1 (gelyk)
O/12A 9-5 (wen)
O/12B 2-7 (verloor)
O/13A 5-6 (wen)
O/13B 3-4 (verloor)

Die bus kon eers later vertrek as wat ons beplan het en met die aankoms het dinge bietjie vinnig gegaan. Ons O/12B span speel toe teen Edgemead se O/13B en JvR se O/13B speel toe teen Edgemead se O/12B.
Volgende week is ‘n kort besige week en ons speel Maandag en Dinsdag TUIS ligawedstryde. Ons moet ons ligawedstryde teen ‘n sekere datum afhandel, daarom word die wedstryde so kort op mekaar gespeel. Spelers sal die programme ontvang en ouers sal weer ‘n google vorm kry om te voltooi.
/ Nuus, Rugby, Sport

Baie dankie aan al die ouers wat moeite doen om die spelers te kom ondersteun. Dit beteken vir hulle baie. Reddam House het gister te min spelers gehad en ons O/8 en O/9 spanne het slegs 7 aan ‘n kant gespeel.

O/8 verloor
O/9 15-5 (wen)
O/11 57-0 (wen)

Ons speel volgende Maandag TUIS teen Sunningdale.

/ Nuus, Sport
Ons grootste vrees het gister met die netbalwedstryde plaasgevind. Ons het te veel spelers vir die bus gehad.
Gelukkig was daar onderwysers wat hierdie ekstra spelers na die wedstryd kon neem in hul motors.
Hierdie insident het net weer beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers die Google vorm voltooi. Indien julle dit nog nooit ontvang het nie gaan kyk in jul “spam of trash folder” of dit dalk direk daar gaan lê. Indien dit nie daar is nie kan dit wees dat ons verkeerde e-pos het. Jy kan jou e-posadres gaan verander op ons webtuiste. Indien jy nie regkom nie, is jy welkom om vir Jodene te kontak admin@jvrprim.co.za
Daar is dae waar ons netbal- en rugbywedstryde op dieselfde dag het en dan kos dit fyn beplanning om almal op die regte plek te ry. Ons vra asb. dat ouers ons hande vat met hierdie saak.
/ Nuus, Sport

Vanjaar is die eerste keer dat ons aan hierdie toernooi deelgeneem het.
Die oggend het koud begin en die kinders moes baie rondspring om warm te word, maar dit was ‘n heerlike dag vir elkeen wat betrokke was. Al die spelers het ‘n verrassingspakkie ontvang. Die rugby het bietjie vroeër klaar gemaak as die netbal. Die rugby-en netbalspanne het die meeste van hul wedstryde gewen en enkele wedstryde verloor.

Ongelukkig is ons skool in ‘n slegte lig geplaas omdat nie al ons kinders opgedaag het nie. Ons moes rugbykinders van ander skole leen om vir ons te speel en by die netbal het ons ‘n hele O/7- span te min gehad en die O/8 B- span moes instaan vir die wedstryde.
Die inskrywings vir hierdie sportdae word vroeg in die jaar gedoen en volgens die getalle wat oefeninge bywoon, skryf ons dan spanne in. Ons doen weer ‘n beroep op ouers om die kalender en dagboek op die skool se webwerf dop te hou en seker te maak dat daar nie enige aktiwiteite is wanneer hulle partytjies of naweke weg beplan nie. Nie net ly die skool se naam daaronder nie, maar dit stel die afrigter in ‘n baie slegte lig.

Die O/7 spannetjie het pragtig gespeel. Meer foto’s van die spannetjie sal binnekort op die SPORTBLAD van ons webtuiste verskyn.