Laerskool Jan van Riebeeck bied voldag asook halfdag nasorg aan.
Hoof: Madri Greyling
Aansoekvorm 2021: KLIEK HIER
Algemene reëls:
- Elkeen se naam word afgetik deur persooneellid.
- As jy nasorg- of sportklere het, gaan trek dadelik aan en bêre skoolklere netjies in jou sak.
- Beweeg dadelik in jou groep na jou buitemuurse aktiwiteit nadat jy vir persoon aan diens gesê het.
- Indien jy geen buitemuurs het nie, gaan dadelik na die huiswerkklas. As jy geen huiswerk het, kom met jou boek na huiswerk-juffrouens sodat hulle dit kan teken.
- As jy buitemuurse aktiwiteite het word jy verskoon van huiswerkklas as dit reeds verby is.
- As jy huiswerk tuis doen moet jou Juffrou skriftelik toestemming gee.
- Ons moet altyd weet waar jy is.
- Niemand mag op die rugbyveld of vierkant gaan speel nie.
- Geen ronddwalery in skoolgebou of skoolterrein nie.
- As jy ongelukkig is oor iets moet jy vir die juffrou aan diens kom sê.