Soekfunksie

  • Filter Kategorie/ë

  • Herstel

Kommunikasiekanale

Alle ouers is nie altyd seker wat die korrekte kanale is om te volg wanneer hulle voorstelle / navrae / klagtes het oor sekere aspekte by die skool nie. 

Akademie
Vir akademiese aangeleenthede, kontak eers die betrokke vak- of klasonderwyser en daarna die akademiese hoof, Me Marinda Brink. Vervolgens kan u die skoolhoof nader. 

Sport
Vir sportsake, kontak eers die afrigter, daarna die hoof van die betrokke sport, en dan die sportbestuurder. Vervolgens kan u die skoolhoof nader.
Indien ‘n sportwedstryd gekanselleer word, sal die skool ‘n sms uitstuur om ouers hiervan in te lig.  Die sms sal uitgestuur word sodra kennisgewing ontvang word, of as dit ‘n tuiswedstryd is, om 12h00.

Kultuur
Vir kulturele aangeleenthede kontak die betrokke onderwyser, en daarna die departementshoof van Musiek, Me. Helecia Groenewald. Vervolgens kan u die skoolhoof nader.

Geboue en terrein
Indien u klagtes of voorstelle aangaande die geboue en terrein het, kan u met die opsigter of die skoolhoof in verbinding tree.

Indien u al bogemelde kanale gevolg het en steeds geen sukses behaal het nie, kan u die betrokke beheerraadslede kontak, en daarna die voorsitter.

Vir u gerief sluit ons die volgende persone se e-posadresse in.
(Klik op die naam):

HOOF VAN: NAAM EN VAN
RUGBY + ATLETIEK Leon Hanekom
NETBAL Razelle Hanekom
KRIEKET Timothy Lilly
TENNIS Nora Verster
SWEM Bibi Stoffberg
LANDLOOP Mareli Boshoff
SKAAK Rachè de Goede
KULTUUR Helecia Groenewald
AKADEMIE Marinda Brink
SKOOLHOOF Johan Oosthuizen
OPSIGTER Hannes Muller
BEHEERLIGGAAM (VOORSITTER) Nicole Strauss
BEHEERLIGGAAM (SPORT) Hennie du Plooy
BEHEERLIGGAAM (KULTUUR)  Nicole Strauss
BEHEERLIGGAAM
(GEBOUE EN TERREIN)
LJ le Roux

Jean Lombaard

Konsertkaartjies

Besprekings vir die skoolkonsert open Vrydag 25 Augustus om 10:00.

Klik hier om te bespreek.

Nuusbrief Subskripsie

Om die weeklikse nuusbrief per e-pos te ontvang, voltooi asseblief jou kommunikasievoorkeure in jou JvR webprofiel.

Category: Drama

Dramaklasse word privaat aangebied deur Jana&Jana Dramaskool. Leerders word in drie beskikbare klasse per week ingedeel na gelang van ouderdom en beskikbaarheid. Die doel van drama is om leerders selfvertroue, kreatiwiteit, korrekte stemgebruik en stimulering van die verbeelding te bied waarmee hulle die grootmenswêreld kan binnegaan.

Dramaklasse strek oor vier kwartale, waarvan die eerste drie aan spesifieke temas en die laaste aan ’n konsert gewy word.

Leerders leer deur die jaar selfvertroue aan en tree dan met gemak voor ’n gehoor op.

  • Die klasse is baie belangrik om u kind se verbeelding en kreatiwiteit te stimuleer, spraak te bevorder en te stimuleer en selfvertroue op te bou.
  • Die kinders leer hoe om gemaklik voor ‘n gehoor op te tree, verskillende karakters te vertolk en sodoende hul eie individuele stempel in die samelewing af te druk.
  • Drama-opleiding is dus uiters belangrik vir kinders se ontwikkeling, selfvertroue, groep-funksionering, sosiale funksionering en sosiale intelligensie.
  • Ons het beide ons Bdrama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en bied sedertdien privaat dramaklasse vir laerskool-, voorskoolse-en hoërskoolleerders aan.
  • Ons het reeds vanaf 2007 elke jaar ‘n toneelstuk op die planke gebring en die afgelope 3 jaar word almal in die 4de kwartaal in die produksie betrek.

Dramanuus

Drama Dagboek

Geen Inskrywings

X