Kultuurbedrywighede is deel van ons skool se daaglikse program, maar as deel van ons strewe om vir die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck ‘n gebalanseerde keuse te bied, word verskeie kuns en kultuur aktiwiteite as buitemuurse bedrywighede aangebied.

Musiek, drama, dans en kuns word aangebied en hieruit vloei konserte, Eistedfodd, uitstallings en openbare optredes. Die leerders wat hiervan gebruik maak se selfvertroue kry ‘n hupstoot en hulle kry geleentheid om hul talente te ontwikkel.

Kuns en Kultuur Nuus

ATKV-DigiKuns: Aanlyn Kunskompetisie

ATKV-DigiKuns bied ‘n aanlyn kunskompetisie aan. Die kompetisie is oop vir enigeen vanaf ouderdom vyf jaar. Hierdie jaar se tema is “Op Reis” en inskrywings sluit op 30 April 2024. Volg die skakel vir meer inligting.

Nuwe Kitaaronderwyser aangestel

Die Musiekdepartement stel graag ons nuwe kitaaronderwyser aan julle bekend. Meneer Brent Januarie het reeds in die eerste kwartaal by ons aangesluit, maar sal vanaf die tweede kwartaal meer leerders by die skool onderrig. Brent is ‘n klassieke kitaarspeler by uitstek en is tans besig om sy MMus by Stellenbosch Universiteit te voltooi. Hy het ook ‘n groot liefde vir jazz en populêre musiekstyle, en tree gereeld saam met plaaslike musiekgroepe op. In sy kapasiteit as kitaaronderwyser, is mnr. Brent betrokke by Laerskool Rhenish in Stellenbosch. Ons sien baie uit daarna om hom meer by ons skool te sien en vir sy unieke bydrae tot die ontwikkeling van ons Musiekdepartement. Kontak gerus vir juf. Rolene vir verdere navrae:...

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2

Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid vir ouers/voogde skep om hul kind(ers) se musiekonderwyser te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om met ouers/voogde te gesels oor hul kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, Eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag met ouers wil bespreek. Ons nooi ouers/voogde daarom uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die tyd te bevestig sodat ons die nodige voorbereiding vir die ontmoeting kan tref. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van kwartaal 2 hier te sien. Ek lys ons musiekonderwysers se kontakbesonderhede: Rolene van Zyl | rolene@jvrprim.co.za Ben Reynecke | ben@jvrprim.co.za Larah Eksteen | info@larah.co.za Shannon Cook | shannonsjb@gmail.com Paul Richard | paulrichard07041986@gmail.com Brent January | brentjanuary1305@gmail.com Estelle Slabber | eeslabber@gmail.com Helecia Groenewald |...

Musiekkonserte: 18 en 19 Maart 2024

Dit is amper tyd om musiekkonsert te hou! Op 18 en 19 Maart 2024 kry elke leerder wat ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om van die geleentheid gebruik te maak. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband plaasvind. Sien asseblief die datums en tye hier onder. Ons nooi alle ouers uit om te kom luister en saam met ons jou kind se vordering te vier. Die graad 6 en 7-musiekleerders sal in kwartaal 2 ‘n geleentheid kry om hulle stukkies in ‘n konsert te speel. Maandag, 18 Maart: 08:00-08:30  Grade 1P, 1S, 1T, 2C, 2T Maandag, 18 Maart: 08:45-09:15  Grade 2U en 3C Maandag, 18 Maart: 09:30-10:15  Graad 3E en 3TB Dinsdag, 19 Maart: 08:00-08:30  Graad 4C, 4H, 4LR Dinsdag, 19 Maart: 08:45-09:15  Graad 5F Dinsdag, 19 Maart: 09:30-10:15  Graad 5S en...

Muzkanda Musiekprogram

Muzkanda Kids begin volgende kwartaal by Laerskool Jan van Riebeeck as ‘n buitemuurse aktiwiteit en ons kan nie wag om hulle by ons te verwelkom nie! Muzkanda Kids is ‘n unieke opvoedkundige musiekwaarderingsprogram wat fokus op die ontwikkeling van musikale vaardighede by jong kinders. Die program is spesifiek vir die moderne Suid-Afrikaanse musikale omgewing geskep met liedjies, stories, en speletjies wat by die wêreld pas waarin ons kinders grootword. Die program is ‘n wonderlike manier om jou kind aan musiek bloot te stel en dit is ‘n uitstekende grondslag vir die ontwikkeling van basiese musikale vaardighede. Kinders word ook bekendgestel aan al die verskillende musiekinstrumente, wat ‘n ideale inleiding is vir jou kind om later met gefokusde individuele musieklesse te begin. Vir meer inligting, besoek hul webblad: muzkanda.co.za of kontak gerus vir Rina by rinsch@rgjs.org.za. Koste: R900 per...

Eisteddfod Inskrywings 2024

Die Eisteddfod inskrywings is oop en sal binnekort op Karri  vir betalings gelaai word. Die Eisteddfod sal einde Mei by ons skool plaasvind en beloop R100 per item. Vanjaar is Gr. R ook welkom on in te skryf vir voordrag (gedig). Gr. 1 en 2 kan aan voordrag (gedig) deelneem, gr. 3 aan voordrag en onvoorbereide lees en gr. 4-7 aan voordrag, onvoorbereide lees en prosa. Volg die skakel na 'n vorm wat ingevul moet word om in te skryf. Indien jy meer as een kind wil inskryf, vul asb. die vorm vir elke kind apart in: Eisteddfod Inskrywingsvorm Die inskrywings sluit 6 Maart en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Ek sal elke leerder met hul keuses en afrigting...

Konsert 2024

GROOOOOT opwinding!!!! Ons tema vir vanjaar se Skoolkonsert is SOMEWHERE OVER THE RAINBOW.... Dit beloof om 'n mallemeule van kleur, kostuums, toneelspel, pragtige danse en 'n opwindende storielyn te wees. Elke leerder gaan betrokke wees en ons sien alreeds baie uit wanneer die konsert in ons skoolsaal plaasvind die laaste twee weke voordat die skool vir die September-/Oktobervakansie sluit. Die finale datums sal binnekort bekend gemaak word. Graag versoek ons ouerbetrokkenheid met voorbereiding van kostuums, dekor, voorportaal en vele meer. Ons sal spoedig 'n vorm uitstuur waarop ouers kan aandui waarby elkeen graag betrokke wil raak. Duisende dankies, elke klein sandkorrel maak 'n baie groot...

Koorkamp: 16 – 17 Febr. 2024

Die koorkamp is om die draai en ons kan nie wag om die nuwe koormusiek met die leerders te deel nie. Ons is seker hulle gaan dit sommer baie geniet! Ek deel graag enkele punte van belang: Datum en Tyd: Vrydag, 16 Februarie, 14:30 - 16:00 Saterdag, 17 Februarie, 08:00 - 12:00 Plek: Skoolsaal Kleredrag: Informeel en gemaklik. Pak swemklere, handdoek, en sonskerm in vir Saterdag. Ons vra dat elke ouer asseblief middagete vir jou kind sal inpak vir Vrydag. Saterdagoggend begin ons stiptelik om 08:00, en ons sal vir die leeders tye gee om te ontspan tussen ons oefensessies. Pak gerus ‘n klein peuselhappie en genoeg water in. Die snoepie is nie oop nie en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat nie. Ons sluit die naweek se oefen af op ‘n feestelike noot met ‘n lekker kuier by die swembad en vars waatlemoen vir almal. Daar is ook ‘n lewensredder by die swembad om die veiligheid van al ons leerders te verseker. Ons vra ook dat ouers hul kinders betyds sal optel na afloop van ons oefeninge: Vrydag om 16:00 en Saterdag om 12:00. Die agterste hek sal oop wees vir gebruik. Ons sien uit na ‘n heerlike naweek! Vra gerus indien daar onsekerhede is. Vriendelike groete, Rolene van Zyl...

Suor Angelica / Gianni Schicchi te Kunstekaap: 14 Febr. 2024

Laerskool Jan van Riebeeck se Musiekdepartement sien uit daarna om ‘n wonderlike aand saam met ons musiekleerders by die Kunstekaap te geniet, waar ons die twee eenbedryf operas van Puccini gaan kyk. Datum: Woensdag, 14 Februarie 2024 Tyd: 18:30 - 21:30 Kleredrag: Semi-formeel Die skool voorsien ongelukkig nie vervoer nie, daarom vra ons dat jy asseblief jou kind by die Kunstekaap se voorportaal teen 18:30 aflaai en weer om 21:30 daar kom optel. Onderwysers sal die leerders vergesel. Leerders is ook welkom om sakgeld te bring vir ‘n snoephappie gedurende die pouse. Alternatiewelik kan leerders iets klein inpak om te eet of drink. Wees asseblief bewus daarvan dat geen kos of koeldrank in die teater toegelaat word nie. Ons vra ook dat ouers hul kinders betyds sal optel na afloop van die vertoning, aangesien dit onveilig is vir beide die onderwysers en kinders om buite die teater in die donker tot laat te wag. Die opera word in Italiaans opgevoer, en ek beveel sterk aan om ‘n opsommende weergawe van die storielyn van beide Suor Angelica en Gianni Schicci vir jou kind voor die tyd te lees. ‘n Goeie begrip van die verhaal maak dit baie makliker om die opera te volg. Ons sien uit na ‘n heerlike aand. Vra gerus indien daar onsekerhede is. Vriendelike groete, Rolene van Zyl...

Jannies deel van Kaapstad Opera-kinderkoor

Drie Jannies, Karu Rademeyer, Abi Fourie en Jacob Venter, is onlangs ingesluit in die splinternuwe Kaapstad Opera-kinderkoor. Dié groep het die groot voorreg gehad om saam met die professionele Kaapstad Opera-geselskap in die pragtige Maynardville-buitelugteater in hul vertoning, ‘Puccini in the Park’, op te tree. Hulle is ook deel van die operaproduksie, ‘Suor Angelica / Gianni Schicchi’, wat volgende week by die Kunstekaap Teater te sien is. Ons wil ook vir Karu gelukwens met haar verkiesing as een van die vier lede van die nuwe ‘Children’s Board of Directors’ vir Kaapstad...

JvR

Filter

Addisionele vakke

Kuns en Kultuur Aktiwiteite

Eisteddfod

Ons skool neem jaarliks aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deel.

Kategorieë: Voordrag van gedigte, onvoorbereide lees, prosa, mimiek, spreekkoor, solosang, klavier, blokfluit en kuns.

Kuns

Leerders ontvang tweeweekliks kunsonderrig in die kunsklas. Die kinders se kunswerke word op ‘n deurlopende basis in die skoolgange uitgestal en is ook dikwels die fokus van spesiale uitstallings in die skool se voorportaal.

Jannies Talentaand

Jannies Talent is ‘n heerlike informele aand waar ons eie Jannies hulle spesiale talente kom vertoon.

Koor

Ons skool het twee kore nl. Juniorkoor (Gr 1-3) en Seniorkoor (Gr 4-7).

Die kore tree by koorfeeste, kerke en skoolfunksies op.

Musiek

Leerders ontvang by ons skool onderrig in klavier, sang, blokfluit, musiekteorie, kitaar, viool en ukelele. Daar is geleentheid om in te skryf vir eksterne eksamens van Unisa, Royal Schools of Trinity College asook die Eisteddfod.

Die musiekleerders hou elke jaar twee musiekkonserte in die skoolsaal.

Die Suidooster

Die skoolkoerant, die Suidooster, verskyn aan die einde van elke kwartaal. Graad 7- en 6-leerders dien op die redaksie.

Redenaars

Leerders vanaf Graad 4-7 kry die geleentheid om aan redenaars deel te neem. Met die nodige afrigting en voorbereiding neem ons ook aan die ATKV-redenaarskompetisie deel. Ons leerlinge het die afgelope paar jaar deurgedring na die finale rondte in die Wes-Kaap waar van hulle ook onder die top-10 geëindig het.

Konsert

Ons hou elke tweede jaar konsert waaraan die hele skool deelneem. Die konsert bied al die leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit ook op kultuurvlak uit te leef.

Privaat Buitemuurse Kultuuraktiwiteite

Aktiwiteit Tye Kontakpersoon Kontakbesonderhede
Drama Jana Nel jana@jvrprim.co.za
Kuns Gr. 2-3 Do.; Gr. 4-7 Ma. & Di. Rentia van der Merwe emmarentia8@gmail.com
Moderne Dans Kontak vir tye. Barbara Schreuder barbie.schreuder.dance@gmail.com
Naaldwerk Kontak vir tye. Marianne Conradie & Suzaan Burger lawwelappe@gmail.com
Klavier Kontak vir tye. Estelle Slabber eslabber@gmail.com
Kitaar & Ukelele Kontak vir tye. Shaun Berry shaunberry14@gmail.com
Viool Kontak vir tye. Hannelize Gravell hannelizegravell@gmail.com
Canvas Klub Kontak vir tye. Christelle Janse van Rensburg www.canvas.club | 084 595 5007