Huppelland is in 1947 gestig as die pre-primêre skool van Laerskool Jan van Riebeeck en is geleë aan die voet van Leeukop. In Julie 2007 het ons verhuis na die pragtige perseel in Varsityweg, Tamboerskoof nadat ons die vorige skoolgebou ontgroei het.

Ons bied ‘n stimulerende en veilige omgewing met gekwalifiseerde opvoeders om ontwikkeling te bevorder en kreatiwiteit aan te moedig. Huppelland bied ‘n volledige opvoedkundige program in Afrikaans soos voorgeskryf deur die Wes-Kaapse Onderwyse Departement. Opvoedkundige uitstappies en besoeke aan ons skool is deel van ons program. Assessering vind deurgaans plaas en gereelde vorderingsverslae word aan ouers verskaf.

Ons het twee veilige speelterreine met klimrame en groot sandputte, asook fonteine vir waterspel.

Die ouderdomsgroepe van ons klassies is van die jaar waarin kinders 4 word tot 6 jaar (Graad R).

Clock.fw

Skoolure: 07:30 – 13:00

Nasorgure: 12:30 – 17:15