Kategorie: Nuus

/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Woensdag, 10 April, het JvR teen Curro Durbanville netbalwedstryde (tuis) gespeel. Die uitslae is soos volg:

0.7A verloor 0-1
0.7B verloor 0-1
0.7C verloor 0-1
0.8A verloor 0-8
0.8B verloor 0-6
0.9A wen 11-0
0.9B wen 4-2
0.10A wen 4-3
0.10B verloor 1-3
0.10C verloor 1-5
0.11A wen 12 -4
0.11B wen 5-2
0.11C wen 3-2
0.12A wen 15-1
0.12B verloor 4-5
0.13A wen 17-14
0.13B wen 5-3
0.13C wen 11 -0

Dit was moeilike wedstryde teen Curro gewees, maar die Jannies het hulle nie laat onderkry deur die geraas van die skare of halftydtellings nie. Ons is baie trots op elke speler. Dankie aan die ouer(s)/voog(de) wat ons Jannies so pligsgetrou by elke wedstryd ondersteun.

Graag nooi ons al die ouer(s)/voog(de) uit om die Jannies te kom ondersteun volgende week te Laerskool Totius. Dit gaan ons moeilikste ligawedstryd wees.

/ Akademie, Eksamenrooster, Nuus

Volg die skakel of kliek op die foto hier onder om die eksamenrooster in PDF oop te maak.

/ Algemeen, Nuus

Ons wil al ons ouers/voogde motiveer om hierdie besondere werkswinkel wat op Donderdagaand, 25 April, om 18:00 – 20:00 in die skoolsaal plaasvind, by te woon. Lynette Beer en Antoinette Steyn is ‘n gedugte span wat baie ervare in hul onderskeie velde is.  Hierdie werkswinkel bied dan ook aan ons as ouers/voogde geleentheid om te reflekteer op ons ouerskapstyl en maniere te vind om ons kind(ers) beter te verstaan.

Die kaartjies is @ R55 slegs op Karri beskikbaar.  Indien jy dalk vriende van buite ons skoolgemeenskap wil nooi (wat ons aanbeveel!) vir lekker saam lag en luister, want met hierdie sprekers kan mens ‘n entoesiastiese aanbieding te wagte wees, kan jy vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak om ‘n spesiale betaling te organiseer indien jy dit nie op jou Karri-profiel kan betaal nie.

Sien uit om jou daar te sien!

Marinda Brink

/ Algemeen, Nuus

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool. Ek glo dat almal die welverdiende ruskansie ten volle geniet het en ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende, veral oor die Paasnaweek, spandeer het. Ek is so dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral weens die paaie wat die tyd van die jaar buitengewoon besig is en dikwels tragies, as gevolg van motorongelukke, kosbare lewens eis.

Die skool het skaars begin en sommer op dag een van die nuwe kwartaal skop ons af met die wintersport buitemuurse program op ‘n warm Woensdagmiddag om vroegtydig voor te berei vir ‘n besige sportkwartaal wat voorlê. Verder was dit ook my voorreg om die kwartaal met ‘n saalbyeenkoms te kon begin. My saalboodskap het gehandel oor eerlikheid – een van ons kernwaardes – en waarom dit belangrik is om altyd die waarheid te vertel. Laat jul kind/ers julle gerus die legendariese verhaal van Casius Insectus, ‘n lewenheersbesie (ladybird), wat ek met hulle gedeel het, vertel. Min leerders het egter die Afrikaanse woord vir die pragtige besie geken. Baie geluk aan Marcus Sieberhagen (gr. 1) wat vir my tydens die saalbyeenkoms die korrekte Afrikaanse woord vir ‘n “ladybird” kon noem. Ek glo daar is baie volwassenes wat soos ek aanvanklik nie geweet het dat ‘n “ladybird” in Afrikaans ‘n lewenheersbesie is nie. Die lewensles uit die stories handel oor eerlikheid en betroubaarheid. Kinders hou van stories en my ervaring is dat kinders lewenslesse makliker deur middel van storievertelling leer. Ek glo dat stories ‘n mens se brein stimuleer, nie net om die woorde en die storie te hoor nie, maar dit ook te beleef. Storievertelling word wêreldwyd aangewend om individue op ‘n informele wyse te onderrig. Maak gerus van storieverteling gebruik om jou kind/ers belangrike lewenslesse te leer en in dieselfde proses hul mondelinge en geskrewe geletterdheid te verbeter. Spesifieke storievertellings kan kinders help om hul leefwêreld en omgewing beter te verstaan. Kinders kan aanklank vind by sekere gebeure in ‘n storie en veral hoe karakters wat probleme ondervind het, dit oorkom het. Gebruik gerus vir ouma en oupa om hiermee te help. Hulle ken baie stories propvol waardevolle lewenslesse.

Dis heerlik om te noem dat mnr. André Lourens nou voltyds Engels Eerste Addisionele Taal en Tegnologie onderrig en ook as een van ons gr. 7-registeronderwysers optree. Ons verwelkom op hierdie noot ook amptelik ons nuwe LO-onderwyser, mnr. Keenan Faro, wat vanaf 08 April 2024 by ons gaan aansluit. Ons wens vir hom alle voorspoed en sukses toe en mag hy baie vervulling by ons skool ervaar.

En dan is dit spesiaal om vir juf. Nicola (gr. 1) terug te verwelkom na haar kraamverlof. Ons is bly om te verneem dat dit baie goed met baba Alex en haar man, Jean, gaan.

Volgende week (week 2) is ‘n besondere besige week wat onder andere die volgende insluit:

  • Maandag, 08 April: Ouerafsprake
  • Dinsdag, 09 April: Ouerafsprake
  • Woensdag, 10 April: Interne Redenaars EN o.7 – o.13 Netbalwestryde tuis teen Curro Durbanville.
  • Donderdag, 11 April: Interne Redenaars
  • Vrydag, 12 April: o.13 Hokkiewedstryde (seuns & dogters) te Laerskool Van Riebeeckstrand EN Landloopwedloop te Zwaanswyk Akademie
  • Saterdag, 13 April: Netbaltoernooie (o.7 – o.13) te LS Tableview, Sunningdale en Kampsbaai EN o.7 – o.13 Rugby te LS Sunningdale.

Verder is ek baie opgewonde om die volgende rakende die bouprojekte by die skool met julle te deel:

  • Die opgradering van die ou biblioteek na ‘n nuwerwetse mediasentrum loop klopdisselboom. Daar word 24/7 alreeds vanaf 15 Maart aan die projek gewerk en ons glo dat dit teen einde van volgende week afgehandel sal wees. Die nuwe, moderne fasiliteit sal enige persoon inspireer tot kreatiwiteit asook om die moderne spasie daagliks te gebruik om te lees en te ontspan. Ons kan nie meer wag om die nuwe mediasentrum amptelik te open nie.
  • Kontrakteurs is ook laasweek aangewys om die leerontwikkelingsentrum asook die bou van die balletsaal by Huppelland te begin. Die amptelike bouplanne van die balletsaal is uiteindelik deur Stad Kaapstad goedgekeur en ons kan nie wag om die spreekwoordelike grond te breek nie. Hou gerus die spasie dop vir meer inligting. Groot dankie aan Stephen Hitchcock (ouer by Huppelland asook ‘n BR-Lid) vir sy leeue-aandeel in beide die twee projekte (balletsaal en leerontwikkelingsentrum).

Graag sluit ek af met die volgende stelling oor waardes deur Roy Disney en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek en ‘n voorspoedige kwartaal 2 toe:

“It is not hard to make decisions
when you know what your values are.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Karu Rademeyer en Emma Snijders het gedurende die laaste skoolweek van verlede kwartaal die o.13-Western Cape Coastal-aksienetbalspan by die interprovinsiale toernooi te Alberton, Gauteng verteenwoordig.

Die dogters het vir ’n week lank teen sterk opponente te staan gekom, maar is trots dat hulle die silwer medalje kon terugbring Kaap toe! Karu en Emma is beide ook ’n paar keer as speler van die wedstryd aangewys.

/ Algemeen, Nuus

Die einde van kwartaal 1 het vinnig sy opwagting gemaak met tien bedrywige weke agter die rug. Ek kyk trots terug na al die opwindende aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Ek mag dalk arrogant met die volgende stelling oorkom, maar ek dink dat uitnemendheid in alles wat ons doen soos ‘n paal bo water begin uitstaan, en daarvoor is ek uiters dankbaar en trots. Hartlike dank aan ons wonderlike ouers en voogde wat ons week-in en week-uit die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Julle omgee, aktiewe betrokkenheid asook insiggewende insette by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses en vooruitgang.

Môre (Donderdag, 21 Maart) word Menseregtedag in Suid-Afrika gevier. Dit is hartseer dat so min mense hulle werklik aan die betekenis van die belangrike dag steur. Hierdie geskiedkundige dag was juis ingestel ter nagedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag jaarliks gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat daar nooit weer so ‘n tragedie in ons land sal gebeur nie. Ek glo dat die herdenking van die spesiale dag ‘n waardevolle bydrae lewer dat mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en in vrede in ons land kan leef.

Ons het op Donderdag, 14 Maart 2024, ons jaarlikse gholfdag te Milnerton Gholfklub aangebied. Hierdie unieke “links-tipe” gholfbaan is geleë tussen die Atlantiese Oseaan en die Rietvleirivier. Die gholfbaan is relatief plat met min bome en dit bied baie uitdagings vir die gemiddelde gholfer, veral as die Suidooster sy spreekwoordelik tande wys met die see en die strandmeer wat aan die meeste gate grens. Verder is daar sewe pragtige watergate wat wag om al die ‘skewe’ gholfballe op te eis. Die asemrowende uitsig vanaf die meeste bowwe oor Tafelbaai met die ikoniese Tafelberg, Duiwelspiek, Seinheuwel en Leeukop as agtergrond is skilderagtig en daarom bied dit werklik ‘n unieke gholfervaring! Baie dankie aan al ons ouers wat die gewilde dag ondersteun het asook vir die wat vir borgskappe pa gestaan het. Laat my toe om mnr. Rashard hartlik te bedank en geluk te wens met ‘n puik gholfdag. Baie dankie aan Ria Hertzog wat mnr. Rashard met die reëlings bygestaan het. Baie geluk aan die volgende wenspan (almal ouers by ons skool) wat hul titel vir ‘n 2de agtereenvolgende jaar suksesvol verdedig het:

  • Oloff Sieberhagen (kaptein)
  • Louis Boshoff
  • Jake Rennie
  • Adriaan Theron

Indien jy hierdie wonderlike gholfervaring en samesyn vanjaar gemis het, maak gerus vroegtydig met mnr. Rashard kontak, want 2025 se gholfdag gaan nog groter wees.

Ons wil ook vir mnr. Pieter Rademeyer en sy span van Hoërskool Jan van Riebeeck hartlik bedank wat ons leerderraad vir ‘n leierskapontbyt en motiveringspraatjie op Vrydagoggend, 15 Maart, om 07:45 te Welgemeend genooi het. Die spesiale funksie is deur verskeie laerskole se leerderrade bygewoon.

Vandag ontvang elke leerder ook hul skoolrapport om erkenning te gee aan hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal. Dit was ‘n groot voorreg om elke rapport te kon teken met ‘n baie kort persoonlike boodskappie vir elke leerder. Graag wil ek vir al ons leerders en onderwysers spesiaal gelukwens en hartlik bedank vir die kollektiewe poging tot die suksesvolle akademiese-, kulturele- en sportprestasies tydens kwartaal 1. Vandag is ook die Top 10 akademiese presteerders (slegs gr. 7) vir kwartaal 1 aangewys. Baie geluk aan die volgende leerders wat elkeen ‘n spesiale sertifikaat ontvang vir hul harde werk en toewyding:

  • Delmar Benecke
  • Daniella Boshoff
  • Izzy du Plessis
  • Hila Hertzog
  • Jeanne Koen
  • Anna Louw
  • Michaan Naylor
  • Jessica Schincariol
  • Emma Snijders
  • Ané Swanepoel

Die laaste week en ‘n half van die kwartaal is tradisioneel altyd propvol opwindende aktiwiteite wat die onderstaande ingesluit het:

  • Somersokkie vir gr. 5 – 7-leerders op Woensdagaand, 13 Maart, in die skoolsaal.
  • Podiumpret Redenaars op Donderdag, 14 Maart.
  • Gr. 1-uitstappie na Tafelberg op 15 Maart.
  • Gr. 2- uitstappie na Spar (entrepreneurs-uitstappie)
  • Gr. 3-uitstappie op die Rooibus op 15 Maart.
  • Studiekursusse vir gr. 4 – 7-leerders se laaste sessie het op Saterdag, 16 Maart, by die skool plaasgevind. Baie dankie aan juff. Marietjie en Sharon vir die ongelooflike en waardevolle sessies.
  • Gr. 1 – 3-musiekkonserte het onderskeidelik op Maandag, 18 Maart, asook gr. 4 en 5-musiekkonserte op Dinsdag, 19 Maart, in die saal tydens skooltyd plaasgevind. Baie dankie aan al die ouers/voogde asook oumas en oupas wat die gewilde konserte kom ondersteun het. Dit is altyd kosbaar. Baie dankie aan juff. Rolene, Estelle, Helecia, Lara en mnre. Ben, Shaun en Paul vir hulle aandeel in dié verband. Graag wil ek ons nuwe Hoof van Musiek en Kultuur, naamlik juf. Rolene, hartlik bedank en komplimenteer met al die wonderlike inisiatiewe wat sy alreeds binne ‘n kort rukkie van stapel gestuur het om musiek en kultuur by ons skool te promoveer en uit te brei. Hou die spasie van musiek en kultuur dop. Daar gaan baie opwindende aktiwiteite vanjaar plaasvind!
  • Die Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘paashase’ het saam met hul skoolhoof ons skool op Maandag, 18 Maart, besoek en paaseiers aan ons leerders uitgedeel. Baie dankie aan mnr. Pieter Rademeyer en sy leerderraad vir die groot bederf. Die besoek het natuurlik baie opwinding onder die graad 1’s veroorsaak.
  • Gr. 6’e het op Maandag, 18 Maart, ‘n leierskapkursus bygewoon wat deur Lead4Life by ons klubhuis aangebied is.
  • ‘n Suksesvolle Markdag is op Dinsdag, 19 Maart 2024, gehou.
  • Welwillendheid Jannies-Karwasprojek is op Dinsdag, 19 Maart, tydens skooltyd aangebied waar leerders ons ouers en personeel se motors gewas het ten bate van liefdadigheid. Baie dankie juf. Marietjie wat in beheer van die projek gestaan het asook al die ouers wat gehelp het.
  • Ons gr. 7’s vertrek vanaf 21 – 26 Maart op hul jaarlikse Oranjeriviertoer. Baie dankie aan Wilhelm Hertzog wat aan die stuur van sake staan. Ons wens vir julle ‘n veilige reis toe en ons kan nie wag om al die stories te hoor en die foto’s te sien nie. Geniet dit en wees veilig!

Vandag is daar ook ‘n bietjie hartseer by die skool aangesien ons van mnr. Warren Stoman afskeid geneem het. Mnr. Warren het ‘n pos as ‘n operasionele bestuurder in die privaatsektor aanvaar en begin reeds 01 April 2024 in die pos. Ons wens hom alle sukses en voorspoed toe en mag hy sy nuwe loopbaanhoofstuk terdeë geniet. Ons gaan hom baie mis en wil hom hartlik bedank vir die harde werk en toewyding, maar ook veral die verskil wat hy in die leerders se lewens gemaak het. Gelukkig vir ons gaan hy nog steeds help met rugbyafrigting vir die res van die jaar. Baie geluk aan mnr. André Lourens wat dan mnr. Warren se gr. 7-pos oorneem. Dan wil ek graag ook mnr. Keenan Faro verwelkom wat vanaf 08 April die Liggaamlike Opvoedingspos sal behartig. Ons beste wense vergesel beide mnre. André en Keenan vir die nuwe rolle wat hulle gaan vertolk. Hartlike welkom mnr. Keenan by die Jan van Riebeeck-familie en mag jy soos die res van die personeel baie vervulling ervaar met jou aanstelling en werk by ons dinamiese skool.

Ons skool sal altyd strewe om op alle gebiede (akademie, kultuur en sport) te verbeter en daarom het ons 2024 afgeskop met aanpassings en nuwe inisiatiewe om ons dienslewering aan ons skoolgemeenskap te verbeter. Om te verbeter, beteken ‘dinge’ moet anders gedoen word en verandering is noodsaaklik as ons wil aanhou groei, maar ek besef ook dat veranderinge veral vir die personeel angstig kan maak. Dus wil ek graag afsluit deur spesiaal vir al ons personeel, die EXCO en die Beheerraad hartlik te bedank vir hul harde werk, toewyding en passie om te verseker dat Laerskool Jan van Riebeeck nie vanaf 2024 stagneer het nie, maar eerder van krag-tot-krag gegroei het om in die proses ons leergierige leerders verder te bemagtig om die toekoms met selfvertroue aan te pak en hul volle potensiaal te bereik.

Ek sluit dan af met ‘n bekende aanhaling van William Arthur Ward oor dankbaarheid die afgelope kwartaal en mag julle die komende vakansie terdeë geniet, lekker rus en ek wens vir almal ‘n geseënde Paasfeestyd saam met familie en vriende toe. Wees veilig waar ook al julle mag gaan en mag almal se spreekwoordelike batterye behoorlik herlaai word om ’n besige kwartaal 2 aan te pak.

“Gratitude can transform
Common days into thanksgivings
Turn routine jobs into joy, and
Change ordinary opportunities
Into Blessings!”
Attracts more positive things in your life.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Kuns, Kuns en Kultuur, Nuus

ATKV-DigiKuns bied ‘n aanlyn kunskompetisie aan. Die kompetisie is oop vir enigeen vanaf ouderdom vyf jaar. Hierdie jaar se tema is “Op Reis” en inskrywings sluit op 30 April 2024. Volg die skakel vir meer inligting.

/ Kuns en Kultuur, Musiek, Nuus

Die Musiekdepartement stel graag ons nuwe kitaaronderwyser aan julle bekend. Meneer Brent Januarie het reeds in die eerste kwartaal by ons aangesluit, maar sal vanaf die tweede kwartaal meer leerders by die skool onderrig.

Brent is ‘n klassieke kitaarspeler by uitstek en is tans besig om sy MMus by Stellenbosch Universiteit te voltooi. Hy het ook ‘n groot liefde vir jazz en populêre musiekstyle, en tree gereeld saam met plaaslike musiekgroepe op. In sy kapasiteit as kitaaronderwyser, is mnr. Brent betrokke by Laerskool Rhenish in Stellenbosch. Ons sien baie uit daarna om hom meer by ons skool te sien en vir sy unieke bydrae tot die ontwikkeling van ons Musiekdepartement.

Kontak gerus vir juf. Rolene vir verdere navrae: rolene@jvrprim.co.za

/ Algemeen, Nuus

Maandag sal gewone skooltye geld.

Dinsdag, 19 Maart:

13:00 (gr. 1-3)
13:15 (gr. 4-7)

Woensdag, 20 Maart:

10:30 (gr. 1-3)
10:45 (gr. 4-7)

 

/ Algemeen, Nuus

Op 8 en 9 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels.

Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:

  1. Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
  2. Kies die graad waarin jou kind is.
  3. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. *Neem kennis dat André Lourens in Warren Stoman se plek in graad 7 aangestel is.
  4. Op die kalender, gaan na April en kliek op 8 / 9 April.
  5. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
  6. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
  7. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
  8. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
  9. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
  10. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.

Die skool verdaag op 8 en 9 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)

/ Algemeen, Nuus

Kwartaal 1 begin nou vinnig einde se kant toe staan met nog ‘n suksesvolle afsluiting van ‘n akademiese week. Week 9 is soos die res van die kwartaal gekenmerk deur verskeie aktiwiteite wat plaasgevind het. Die week het op Maandag, 11 Maart 2024, met netbal-ligawedstryde weg teen Laerskool Fanie Theron in die Noordelike voorstede afgeskop. Ons netbalspanne het tydens die snikhete dag hulle puik van hul taak gekwyt deur 10 van die 12 wedstryde te wen. Ek wil nie ‘n spesifiejke span uitsonder nie, maar ‘n eerste span van ‘n skool gee maar altyd die sogenaamde pas aan en stel die standaard, dus baie geluk aan die o.13A’s en juf. Ischké met hul puik oorwinning van 32 – 3.

Sommige ouers mag dalk nie weet nie, maar ek was voorheen die skoolhoof van Laerskool Fanie Theron en dit was nogal op ‘n manier nostalgies en ironies om na meer as 3 jaar die skool weer te besoek om ons Jannies daar te gaan ondersteun. Ek was omtrent vriendelik deur hul leerders, personeel en ouers ontvang. Dit was ‘n baie spesiale ervaring, veral weens die feit dat hul leerders my nog steeds onthou het en my spontaan kom groet het om te hoor hoe dit gaan. Dit is weer aan my bevestig dat ek vir seker die beste beroep in die wêreld gekies het. Ek is dankbaar dat ek die geleentheid het om op soveel jong leerders se lewens ‘n positiewe impak te hê, wat ‘n wonderlike voorreg!

Om skoolhoof te wees, is nie altyd maklik nie. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid, die verwagtinge is hoog en die skoolhoof speel onder andere ‘n kardinale rol in die etos wat by die skool gevestig word. Ek sien skoolhoofskap as ‘n absolute roeping en nie net ‘n beroep nie! Die werksbevrediging wat ek by Laerskool Jan van Riebeeck geniet, is kosbaar en ek sal dit vir ewig koester. Dalk het julle al gewonder hoe my dag as Skoolhoof lyk en waarmee ek myself besig hou. Sommer so bietjie tong-in-die-kies: volgens die leerders werk ek nie as ek nie agter my lessenaar sit nie. Vir seker vereis administrasie, kommunikasie en veral die onderwysdepartement baie van my tyd, maar dit is vir my baie belangrik om tyd vir leerders, ouers/voogde en personeel te maak. Ek glo dat uitnemende skoolhoofde alle besluite rondom sy/haar leerders neem m.a.w. besluite moet altyd geneem word in die beste belang van die leerder(s) en nie wat die beste vir die ouers/voogde of personeel is nie. Ouers/voogde het dikwels hiermee ‘n probleem, maar as skoolhoof moet ek en my bestuurspan (EXCO) alle faktore asook almal se belange in ag neem. Ek nooi julle weer uit dat indien ‘iets’ jou by die skool pla om vir my ‘n e-pos te stuur of kom drink by my ‘n lekker koppie koffie en dan gesels ons daaroor.

Daar was Woensdagmiddag, 13 Maart, groot opwinding by die skool met die aankoms van ‘n 95-ton hyskraan wat ‘n mobiele klaskamer agter die biblioteek vanaf die parkeerarea agter die skool oor ‘n afstand van 45 meter kom plaas het. Die presisie waarmee die klaskamer in posisie geplaas is, gaan my verstand ten bowe. Dit was ‘n wonderlike ervaring om die hyskraanoperateur met sy assistente in aksie te sien. Die doel van die mobiele klaskamer is om tydelik die sportkantoor te akkommodeer, aangesien die leerontwikkelingsentrumprojek (soos genoem in die nuusbrief van 19 Januarie 2024) binnekort gaan afskop. Die leerontwikkelingsentrum gaan gevestig word in die boonste gang oorkant die gr. 6- en gr. 4-klaskamers. Dus gaan juffrouens Marinda, Suzaan, die sportkantoor en die afrolkamer moet skuif. Hierdie opwindende projek gaan spasie voorsien vir leerders met akademiese-, emosionele- en sosiale uitdagings of enige ander leerder wat angstig voel, kan die veilige spasie onder toesig geniet. Laat my weer toe om Whitey en Annallise Basson asook Mari Kushner hartlik te bedank wat die projek befonds. Ons is julle baie dankbaar. Ek sal julle op hoogte hou sodra die projek amptelik afskop asook die logistieke reëlings wat daarmee gepaard gaan.

Vanmiddag om 14:00 skop nog ‘n opgraderingsprojek af. Ons huidige biblioteek word vanaf 15 Maart tot 05 April tot ‘n nuwerwetse media- en digitale sentrum opgradeer waar ons leerders ondere andere in ‘n moderne omgewing kan gaan navorsing doen, take voltooi en natuurlik gaan dit ‘n spasie bied wat ons leeskultuur verder uitbou en ons leerders inspireer om meer te lees. Ons is so opgewonde en kan nie wag vir die langverwagte verbetering nie. Laat my toe om Ton en Anet Vosloo hartlik te bedank vir hul ruim borgskap wat die opgradering moontlik maak.

Woensdagaand, 13 Maart, het die gewilde somersokkie vir ons gr. 5 – 7-leerders in die saal plaasgevind. Ons leerders was baie opgewonde en pragtig getooi vir die spesiale sosiale geleentheid. Die saal was stylvol deur juf. Mardry en die gr. 7-leerders opgemaak, saam met die beligting en musiek was dit vir seker die perfekte venue en sokkie. Baie dankie aan al die onderwysers wat toegesig gehou asook gehelp het met die braai om die aand die smaaklike boereworsrolle aan die leerders te voorsien.

Graag sluit ek dan af met die volgende aanhaling weer oor groei-ingesteldheid en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“With the right mindset,
we can’t lose,
we either practice what we’ve learned,
or we learn what we need to practice!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Belangrike Datums

april 2024

25apr18:0020:00Oueraand

26apr07:4509:10Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7)

26apr07:4514:00Sivvies

27apr00:0023:59Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG)

29apr00:0023:59Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS)

Wys Meer

mei 2024

01mei00:0023:59Werkersdag

03mei00:0023:59Hokkie: Edgemead

03mei07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7)

03mei10:3012:30Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape

04mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

10mei00:0023:59Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis)

10mei07:4509:10Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7)

11mei00:0023:59Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS)

11mei00:0023:59Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS)

17mei07:4509:10Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7)

17mei07:4509:10Toets: Gesk. ass. (gr. 4 tot 7)

18mei00:0023:59Rugby: Porterville

20mei00:0023:59Grondslagfase Assesserings begin

20mei18:0019:00Beheerraadvergadering

21mei00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

21mei00:0023:59Winter Buitemuurs eindig

24mei00:0023:59Eksamen begin vir gr. 4 - 6

24mei00:0023:59Eisteddfod: Gr. 4-7

25mei00:0023:59Eisteddfod: Gr. 1-3

27mei00:0023:59Interne sport begin

29mei00:0023:59Vakansiedag: Verkiesing

31mei07:4514:00Sivvies

Wys Meer

junie 2024

01jun00:0023:59Veiling

05jun00:0023:59Interne sport eindig

05jun00:0023:59Eksamen eindig

06jun(jun 6)00:0007(jun 7)23:59Boekverkope

10jun(jun 10)00:0014(jun 14)23:59Sporttoer

14jun00:0023:59Skool sluit

14jun00:0023:59Sivvies

Wys Meer

julie 2024

07jul(jul 7)00:0012(jul 12)23:59Tennis: Toernooi by Sun City

09jul00:0023:59Skool heropen

09jul00:0023:59Winter Buitemuurs begin

09jul07:4514:10Graad 5 Lead4Life

10jul07:4514:10Graad 4 Lead4Life

12jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.7 - o.9

12jul07:4514:00Graad 6 Lead4Life

13jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.10 - o.13

15jul00:0023:59Ouerbesoeke

16jul00:0023:59Ouerbesoeke

17jul00:0023:59Rugby & Netbal: Kenridge (WEG)

17jul00:0023:59Rugby & Netbal: Kenridge (WEG)

19jul00:0023:59Netbal: B & C toernooi o.10 - o.13

19jul00:0023:59Netbal: B & C toernooi o.10 - o.13

19jul07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

24jul00:0023:59Netbal: Table View (TUIS)

24jul00:0023:59Rugby: Koos Sadie (TUIS)

26jul00:0023:59Hokkie: Curro Langebaan (WEG)

26jul07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

26jul07:4514:00Sivvies

27jul00:0023:59Rugby & Netbal: Langebaan (WEG)

27jul00:0023:59Rugby & Netbal: Langebaan (WEG)

31jul00:0023:59Rugby: Goodwood (TUIS)

31jul00:0023:59Netbal: Laerskool Kampsbaai (TUIS)

Wys Meer

augustus 2024

31jul00:0023:59Rugby: Goodwood (TUIS)

31jul00:0023:59Netbal: Laerskool Kampsbaai (TUIS)

02aug07:4509:10Toets: Wiskunde

03aug00:0023:59Mini Netbal- en Rugbydag: o.7 - o.9

06aug18:3020:30JanneMANNE saam met HS JvR en Jak de Priester

07aug00:0023:59Netbal: Brackenfell (WEG)

07aug00:0023:59Rugby: Brackenfell (TUIS)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

16aug(aug 16)00:0017(aug 17)23:59Interskole

16aug(aug 16)00:0017(aug 17)23:59Interskole (TUIS)

19aug18:0019:00Beheerraadvergadering

23aug00:0023:59Netbal: o.7-o.9 Toernooi Laerskool Tableview (WEG)

30aug00:0023:59Winter buitemuurs eindig

30aug01sepWelgemoed naweek

30aug07:4514:00Sivvies

Wys Meer

september 2024

30aug01sepWelgemoed naweek

02sep00:0023:59Somer Buitemuurs begin

06sep00:0023:59Somer Buitemuurs eindig

09sep(sep 9)00:0013(sep 13)23:59Konsertweek

12sep00:0023:59Mini-Krieket: Laerskool Van Riebeeckstrand (WEG)

16sep18:0020:00Beheerraad Begrotingsvergadering

19sep00:0023:59Markdag

19sep07:4514:00Sivvies

20sep00:0023:59Sivvies

20sep00:0023:59Skool Sluit

Wys Meer

oktober 2024

01okt00:0023:59Skool heropen

01okt00:0023:59Somer buitemuurs begin

03okt07:4514:10Graad 6 Lead4Life

04okt00:0023:59Ouma- en Oupadag

11okt00:0023:59Skaak: Toernooi Laerskool Panorama (WEG)

11okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

12okt00:0023:59Tennis: 1ste Span Toernooi Laerskool Welgemoed (WEG)

14okt(okt 14)00:0018(okt 18)23:59Kultuurweek

18okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

21okt18:0019:00Beheerraadvergadering

25okt07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4-7)

25okt07:4514:00Sivvies

26okt00:0023:59Tennis: 1ste Span Toernooi Curro Brackenfell (WEG)

Wys Meer

november 2024

01nov00:0023:59Atletiek: Velditems

01nov00:0023:59Graad 1 Piekniek

02nov00:0023:59Atletiek: Baanitems

04nov18:0019:00Begrotingsvergadering met ouers

04nov18:0019:00Begrotingsvergadering met ouers

11nov18:0019:00Beheerraadvergadering

13nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

14nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

15nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 4 - 6

18nov00:0023:59Eksamen begin vir graad 4 - 7

26nov00:0023:59Eksamen eindig

27nov00:0023:59Eksamen eindig

28nov00:0023:59Carols by Candlelight

29nov07:4514:00Sivvies

Wys Meer

desember 2024

02des00:0023:59Graad 1-Prysuitdeling

02des00:0023:59Graad 2-Prysuitdeling

02des00:0023:59Graad 3-Prysuitdeling

03des00:0023:59Graad 5-Prysuitdeling

03des00:0023:59Graad 4-Prysuitdeling

05des00:0023:59Graad 7-Prysuitdeling

05des00:0023:59Graad 6-Prysuitdeling

09des00:0023:59Graad 7-afskeid

10des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skool sluit

11des00:0023:59Sivvies

13des00:0023:59Skool sluit vir onderwysers

Wys Meer