Die beheerraad van Laerskool Jan van Riebeeck word saamgestel in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 en die maatreëls daarkragtens uitgevaardig. Die beheerraad verrig die werksaamhede wat binne sy bevoegdheid val en wat nodig is vir die welsyn van die skool, soos die administrasie van skoolfondse en bates, die handhawing van die voorgestelde gedragskode vir leerders en die administrasie van personeel.

Lede word verkies vir ‘n dienstermyn van drie jaar. Ampsdraers word uit eie geledere verkies en beklee sodanige ampte vir ‘n termyn van 12 maande met die opsie om herverkies te word.

Die beheerraad vergader gereeld, ten minste een keer per skoolkwartaal, en kom een keer per jaar met die totale skoolgemeenskap bymekaar om verslag te lewer en ‘n finansiële jaarverslag aan belanghebbendes voor te lê. Die beheerraad mag komitees of individue aanstel of koöpteer om hom te adviseer en by te staan.

Die beheerraad van Laerskool Jan van Riebeeck is ‘n dinamiese span met ‘n wye verskeidenheid gawes, agtergrond en ondervinding. Hierdie entoesiastiese ouergroep met verskeie uithaler sakepersone in sy geledere, verseker saam met die bestuurspan dat die skool op ‘n gesonde sakegrondslag bestuur word.

Beheerraad 2022/2023

Voorsitter: Merwe Scholtz

Skoolhoof: Naas Beets

Ondervoorsitter / Regsadvies & Beleide: Esri Marais

Tesourier: Susan van der Walt

Sport & Fasiliteite: Andries Viljoen

Administrasie & IT: Marié Cruywagen

Akademie: Marinda Brink

Sekretaresse: Lucia de Jager

Onderwyspersoneel verteenwoordiger: Ischké Felix

Nie-onderwyspersoneel verteenwoordiger: Hannes Muller

 

—————————————————————————————————————————————————-

Merwe Scholtz

Merwe Scholtz

Voorsitter
Beroep: Sakeman

Naas Beets

Naas Beets

Beroep: Skoolhoof
  skoolhoof@jvrprim.co.za

Esri Marais

Esri Marais

Beroep: Prokureur

Susan van der Walt

Susan van der Walt

Andries Viljoen

Andries Viljoen

Beroep: Struktuuringenieur 

Marié Cruywagen

Marié Cruywagen

Beroep: IT- en Besigheidsargitek

Marinda Brink

Marinda Brink

Beroep: Onderwyser
  marinda@jvrprim.co.za

Lucia de Jager

Lucia de Jager

Beroep: Onderwyser
  lucia@jvrprim.co.za

Ischké Felix

Ischké Felix

Beroep: Onderwyser
  ischke@jvrprim.co.za

Hannes Muller

Hannes Muller

Beroep: Opsigter
  hannes@jvrprim.co.za