Skrywer: Suzaan Burger

Musiekkonsert vir graad 6 en 7-musiekleerders

Op 13 en 15 Mei 2024 hou ons graad 6 en 7-musiekleerders ‘n musiekkonsert. Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar hulle die afgelope twee kwartale se harde werk met vriende en familie kan deel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Die konserte sal in graadverband plaasvind. Sien asseblief die spesifieke datums en tye hier onder. Ons nooi alle ouers, familie en klasmaats uit om te kom luister en die middag saam met ons te geniet. Graad 6: Maandag, 13 Mei @ 14:15 – 15:00 Graad 7: Woensdag, 15 Mei @ 14:15 – 15:00 Indien daar graad 6 of 7-leerders is wat buite die skool musieklesse neem en graag aan die musiekkonsert wil deelneem, stuur asseblief ‘n e-pos aan juf. Rolene:...

Lees Verder

Redenaarskompetisie Terugvoer: 10 &11 April 2024

Die graad 1 – 7-leerders het verlede week aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons omtrent van verskillende sake oortuig! Baie geluk aan die volgende leerders wat ons skool by ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig: Gr. 1 – 3 Jean-Jacques Rossouw Petronella Gouws Mia Bothma Jan-Jurie Fourie Lua Groenewald Amalie Janse van Rensburg Kitty Partner Christina du Toit Gr. 4 – 5 Pieter Rademeyer Stef Nel Ella van der Walt Mia-Lynn Podesta Gr. 6 – 7 Sabine Barnard Karu Rademeyer Isabella Marais Elisabet Marais Colleen Draghoender Emma Snjiders Abi Fourie Stella...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 19 April 2024

Die wintersportwedstryde is in volle swang en sommer binne die eerste 2 weke van die nuwe kwartaal is skoolaktiwiteite behoorlik aan die gang. Opvallend hoe die wintersportgeleenthede deur ouers/voogde asook oumas en oupas ondersteun word, amper asof dit die skoolgemeenskap nader aan mekaar bring en veral op ‘n Saterdag ervaar ‘n mens die positiewe sportgees en kameraderie onder ouers en voogde. Verlede Vrydagmiddag het ons o.13A hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n hokkietoernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Ons spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en graag maak ek melding van die dogters wat 2 van die 3 westryde gewen het en hul laaste wedstryde teen Laerskool Van Riebeeckstrand gelykop gespeel het. Ons seunspan het ook net 0 – 1 teen Laerskool van Riebeeckstrand verloor. Laerskool Van Riebeeckstrand is ‘n heelwat groter skool as ons en weereens kon ons kompeterend wees alhoewel ons ‘diepte’ met die aantal spelers beperk is. Op Saterdag, 13 April, het ons netbalspanne aan 33 wedstryde te Laerskole Sunningdale, Tableview en Kampsbaai deelgeneem. Ons wen 20 van die 33 wedstryde, speel 5 gelykop en verloor slegs 8 van die netbalwedstryde – ek dink dit is merkwaardig en wil graag al die netbalafrigters en -spelers hartlik gelukwens met die prestasie. Ons o.7 – o.13 Rugbyspanne het ook op Saterdag, 13 April, weg teen Laerskool Sunningdale gespeel. Baie geluk aan ons o.13A-rugbyspan wat hul...

Lees Verder

Junior Suidoosterfees-uitstappies

Ons skool is spesiaal uitgenooi om die Junior Suidoosterfees (22 – 24 April) by die Kunstekaap (Operahuis) by te woon. Om die enigste Afrikaanse laerskool in die stadskom te wees, is voorwaar ‘n voorreg, maar terselfdetyd ‘n reuse verantwoordelikheid. Ons streef daarna om ons leerders te bemoedig om Afrikaans te bly praat en lees. Ons is hierdie kwartaal deel van die ATKV se storieleesfeesprojek waartydens elke graad uitgesoekte Afrikaanse leesboeke gekry het om deur te lees. Leerders moet teen middel Julie die boeke klaar gelees het om tydens klastyd te stem vir die boeke waarvan hulle die meeste hou. Ons is dan ook deur die Suidoosterfees genooi om Maandag, 22 April, – Woensdag, 24 April, die onderskeie Junior programme by te woon om Afrikaans lewendig te hou. Daar is daagliks 1400 leerders wat die onderskeie programme bywoon. Jou kind het ‘n toestemmingsbrief ontvang wat jy moes onderteken om toestemming te gee dat jou kind die program mag bywoon en ook om van die skool se busvervoer gebruik te maak. Maandag, 22 April – Gr. 1-3 Dinsdag, 23 April – Gr. 4-5 Woendag, 24 April – Gr. 6-7  Volg die skakel vir die program. Ons wil graag as ‘n skool vir gr. 4, 5 en 7 hierdie kwartaal die geleentheid gee om self broodjies te kom smeer wat ons Maandagoggend aan leerders sal uitdeel wat die Suidoosterfees se program gaan...

Lees Verder

Jan Kas: Swart Woolworthssakke

Baie dankie aan almal wat gereeld sakke vir Jan Kas skenk, dit werk baie goed! Indien julle ekstra Woolworthssakke by die huis het en bereid is om dit te skenk, hou asb. aan om dit na Jan Kas of Suzaan Coetzee se kantoor te stuur. Ons het altyd nog nodig. Baie...

Lees Verder

Jan Kas: Skool sweetpakbroeke

Beste Ouer/Voog Sekere groottes van die sweetpakbroeke is tans min of uit voorraad. Daar is ‘n probleem met die invoer van die lap en gaan dalk nog ‘n rukkie vat voor ons weer voorraad het. Indien dit die geval is dat jou kind(ers) nog nie ‘n sweetpakbroek het nie en die groottes wat hulle benodig uit voorraad is, dra gerus die ou sweetpakbroek indien julle dit nog het, of koop ‘n donkerblou sweetpakbroek by ‘n ander handelaar (dit kan dan gedra word tot dit te klein is, selfs al lyk dit nie presies soos ons s’n nie). Jammer vir die...

Lees Verder

Netbaluitslae: 17 April 2024

Woensdag, 17 April, het die Jannies teen Laerskool Totius gespeel. Die tellings is soos volg: 0.13A – verloor 17-18 0.13B – wen 13-3 0.12A – wen 18-6 0.12B – wen 3-1 0.12C – gelykop 2-2 0.11A – verloor 3-8 0.11B – wen 15-0 0.10A – wen 13-1 0.10B – wen 2-1 0.9A – wen 8-1 0.9B – wen 9-0 0.8A – verloor 1-5 0.8B – verloor 2-3 0.7A – wen 3-0 0.7B – gelykop 0-0 0.7C – gelykop...

Lees Verder

Rugby-uitslae: 13 April 2024

Ons rugbyspanne het Saterdag, 13 April, teen Sunningdale te staan gekom en baie goed gevaar. Sien die uitslae hier onder: o. 7A 3-1 (w) o. 7B 7-2 (w) o. 8A 2-0 (w) o. 8B 5-2 (w) o. 9A 0-2 (v) o. 9B 0-6 (v) o. 11A 0-43 (v) o. 11B 44-0 (w) o. 13A 24-19...

Lees Verder

Hokkie-uitslae: 11 & 12 April 2024

Ons jaarlikse ligawedstryde het afgeskop en ons het teen Laerskool Van Riebeeckstrand gespeel. Die seuns het tuis gespeel en die dogters weg. Ons het baie goed gevaar en ons is opgewonde dat ons o.7’s en o.8’s hierdie jaar deel van die liga vorm! Seuns: O.7B 5-0 (w) O.7A 1-0 (w) O.8B 1-1 0.8A 5-1 (w) O.9B 0-4 (v) O.9A 0-0 O.10B 1-1 O.10A 0-2 (v) O.11A 0-2 (v) O.13A 0-1 (v) Dogters: O.7B 0-5 (v) O.7A 0-5 (v) 0.8B 3-0 (w) O.8A 1-4 (v) O.9B sy 0-10 (v) O.9A 1-3 (v) O.11A 3-2 (w) O.13B 1-0 (w) O.13A: 2-0...

Lees Verder

Landloopuitslae: 12 April 2024

Die leerders het aan hul eerste landloopwedloop vir die seisoen te Zwaanswyk Akademie deelgeneem. Die Jannies het baie mooi gehardloop! Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Die volgende leerders het in die top 20 van hul ouderdomsgroep geëindig het: Lukas Loubser o.9 – 6de James Steyn o.9 – 18de Ynes Samba Kabassidi o.12 –...

Lees Verder

Netbaluitslae: 13 April 2024

Saterdag, 13 April, was die Jannies omtrent bedrywig. Daar is netbalwedstryde te Kampsbaai, Sunningdale en Table View gespeel. Ons is trots op elke Jannie wat die naweek hul beste gegee het. Die uitslae is soos volg: JvR vs Sunningdale 0.7A verloor 0-1 (oranje) 0.7B wen 1-0 (blou) 0.7C wen 2-0 (wit) 0.8A gelykop 1-1 0.8B gelykop 1-1 0.9A wen 7-1 0.9B wen 5-0 JvR vs Kampsbaai 0.10B verloor 1-19 0.10C verloor 3-12 0.11B wen 7-3 0.11C wen 7-2 0.12B verloor 2-8 0.12C wen 8-2 0.13B verloor 14-17 0.13C wen 10-5 JVR by Table View-toernooi: 0.10A JvR vs Sunningdale –...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 12 April 2024

Die Kaap van Storms het beslis die naweek van 6 tot 7 April sy naam behoorlik gestand gedoen met sterk winde en stormweer wat genadeloos oor ‘n wye gebied verwoesting gesaai het. Dakplate van skole, huise en besighede is afgewaai, verskeie bome is ontwortel, glasvensters is deur die sterk winde uitgewaai, elektriese kabels is deur die sterk winde uitgeruk wat tot brande gelei het terwyl paaie en brûe weggespoel is. Dit het veroorsaak dat verskeie skole in die Wynland, Helderberg en Overberg vanaf 08 – 09 April gesluit was. Genade was groot vir Laerskool Jan van Riebeeck aangesien ons geboue en dakke geen skade opgedoen het nie. Slegs enkele bome by Huppelland se parkeerarea is omgewaai en moes ons baie takke en blare by beide die laerskool en Huppelland verwyder. Ons gebede gaan uit aan die gemeenskappe wat as gevolg van die stormweer baie skade opgedoen het. Op Saterdag, 06 April, het ons aan die jaarlikse o.10-netbaltoernooi te Laerskool Durbanville deelgeneem wat puik georganiseer is. Ons o.10A-span het baie goed gevaar. Hulle wen hul eerste wedstryd 10 – 1 teen LS Bellville-Noord, verloor ongelukkig 5 – 8 teen LS Welgemoed, maar wen die 3de wedstryd 15 – 0 teen LS Totius. Ons opposisie vir die 4de wedstryd het ongelukkig nie opgedaag nie. Baie dankie en geluk aan juff. Anika en Marlize asook ons o.10A-netbaldogters wat die dag as ware...

Lees Verder

JvR Sosiale Media

Die skool se amptelike Instagram- en Facebookblad is onlangs geloods met die doel om ons unieke skool te bemark en aan ‘n wyer gehoor bekend te stel. Volg ons gerus op Instagram en Facebook en deel dit met julle vriende. *In ooreenstemming met die skool se Privaatheid- en Fotobeleid, sal leerders se reg op privaatheid steeds beskerm word. Foto’s van ons Jannies se dag-tot-dag bedrywighede by die skool sal steeds slegs vir ouers via JvR-Kiek beskikbaar...

Lees Verder

Kyle Meissenheimer presteer in Karate

Kyle Meissenheimer is gekies om as deel van die WP-karatespan aan die JKA SA Kampioenskappe in Mei te gaan deelneem. Om dit moontlik te maak, het sy ouers ‘n fondsinsameling begin en hulle sal dit baie waardeer as iemand iets wou bydra. Kim Meissenheimer 0786582207...

Lees Verder