Skrywer: Leon Hanekom

Gr.7’s kraai koning by Wiskundekompetisie

Dit was ‘n uiters besige kwartaal – sport, assesserings en die konsert. Ten spyte daarvan, was daar 12 Gr.7 leerders wat ook vroegoggende voorberei het vir ‘n wiskundekompetise. Hulle het die vrugte gepluk van hul harde werk. Vir die 4de jaar in ‘n ry het Laerskool Jan van Riebeeck se wiskundespan beide trofeë by die Melkbos-Wiskundekompetisie gewen. Ons leerders het hulle puik van hulle taak gekwyt. Ons het slegs drie spanne ingeskryf. Ons skryf gewoonlik vier in, maar a.g.v. die konsert het ons die spanne verminder. Die spanne het as volg geëindig: 1ste plek: Anna van Biljon, Mari Swanepoel, Dawid Adler en Peet Karsten. 3de plek: Layla Erasmus, Jacomien van der Westhuizen, Thornley Webber en Alexander Newton. 7de plek: Zazzie Henderson, Liezel Snijders, Owen van der Linde en Bernard Lombaard. Dit is ook die 4de jaar in ‘n ry dat ons 3 of meer spanne het wat in die top 10 geëindig het. Met hierdie uitslae is ons aangewys as die wenskool! Baie geluk aan elke leerder wat so pragtig presteer het. Julle het weereens gewys dat harde werk beloon word en dat wiskunde pret is. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom en juf. Baird wat die leerders voorberei het vir die...

Lees Verder

Melkbos-Wiskundekompetisie

Donderdag, 12 September, neem 12 van ons Gr.7-leerders deel aan die Melkbos-Wiskundekompetisie. Tussen al die assesserings en konsertoefening het hierdie leerders ook oggendklasse geloop ter voorbereiding. Hierdie leerders gaan ongelukkig Donderdag die konsert mis. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat alreeds vroeg in Julie met die leerders begin werk en voorberei het. Die leerders wat ons skool gaan verteenwoordig is: Zazzie Henderson, Owen van der Linde, Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Alexander Newton, Thornley Webber, Layla Erasmus, Jacomien van der Westhuizen, Dawid Adler, Mari Swanepoel, Anna van Biljon en Peet Karsten. Ons wens vir hierdie leerders alle sterkte...

Lees Verder

Finale rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie

Vir die eerste keer vandat die SAMF/AMESA-Wiskundekompetisie aangebied word, is daar ‘n finale rondte. Met meer as ‘n 1 000 skole en meer as 100 000 leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het, is 431 Gr.4-7 leerders landwyd uitgenooi na die finale rondte. Ons het 5 leerders wat uitgenooi is. ‘n Merkwaardige prestasie. Gr.4: Petrus Bosman Gr.5: Fredrich Erasmus en Jan Karsten Gr.7: Thornley Webber en Peet Karsten Hierdie 5 leerders skryf die finale rondte, 12 September by Hoërskool Durbanville. Ons wens vir elkeen van hulle alle sterkte toe en wel gedaan met hierdie pragtige...

Lees Verder

Jannies presteer by Hamiltons Rugbyklub

Dit was ‘n lang rugbyseisoen vir ons klein manne, maar ten spyte daarvan het hulle ook naweke by die Hamiltons Rugbyklub gaan speel en baie goed presteer. Hulle het nie een wedstryd verloor nie. Baie geluk Dawid-Wiese Viljoen, John Gillmer, Ruald Naudé, Jean Wegner, Liam Smith en Aidan Duncan. Ons is uiters trots op...

Lees Verder

Tweekampseisoen amper op ons

Met die winterseisoen wat amper op sy einde is, is dit weer tyd dat die tweekampseisoen begin. Met die eerste byeenkoms, die winterbyeenkoms op 24 Augustus, is dit ‘n goeie aanduiding dat die seisoen amper begin. Die eerste ligabyeenkoms is Satedag 14 September. Enige leerder wat graag hierdie seisoen aan tweekamp wil deelneem (dit sluit die leerders wat reeds deelneem in), moet ‘n e-pos stuur aan leon@jvrprim.co.za wat aandui dat hulle graag wil deelneem. Indien jy enige vrae het kan jy dit deel maak van die e-pos. Tweekamp bestaan uit hardloop en swem. Elke ouderdomsgroep het veskillende afstande wat gehardloop en -swem word. Alle liga-byeenkomste vind op Saterdae plaas. Vir ‘n volledige lys van byeenkomste kan julle HIER kliek. Ons sien uit na ‘n heerlike...

Lees Verder

BSC 7’s Toernooi

Saterdag, 31 Augustus vind ons jaarlikse Bree Street Capital 7’s toernooi plaas op die Conradieveld. Die doel is om die rugbyseisoen op ‘n prettige manier af te sluit. Hierdie toernooi is slegs vir 0/11 en 0/13’s en slegs 10 spelers per span neem deel. Die spelers wat op die dag speel, sal volgende week bekend gemaak word. Die deelnemende skole is: Milnerton, Hamiltons, Kronendal, Kampsbaai, Parklands en Jan van Riebeeck. Ons sien reeds uit na hierdie geleentheid en almal is welkom om die spanne te kom...

Lees Verder

Dawid Adler presteer landwyd!

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad het vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 leerders aangebied. Dit was heerlik om te sien dat soveel van ons leerders aan die kompetisie wou deelneem. Na die eerste rondte voltooi is, het Laerskool Jan van Riebeeck 4 leerders in die top 20 in die Wes-Kaap gehad. Dis die meeste leerders van enige skool in die Wes-Kaap. Hierdie leerders, Dawid Adler, Thornley Webber, Alet Hitge en Jana van Rooyen het verlede Saterdag deelgeneem aan die tweede rondte van die kompetisie by Hoërskool Brackenfell. Ons leerders het uitstekend presteer. Dawid het ‘n finale punt van 93% verower, Thornley en Jana, 86% en Alet 81%. Met hierdie uitslae het Dawid algeheel 2de in die Wes-Kaap geëindig en prysgeld van R2000 vir homself en vir die skool losgeslaan. Dawid het ook algeheel 4de in die land geëindig. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en iets om oor trots te wees. Wel gedaan Dawid en al die ander leerders wat aan die kompetisie deelgeneem...

Lees Verder

Sterkte aan ons vier graad 7 leerders

Saterdag neem vier van ons graad 7 leerders saam met 16 ander leerders deel aan die Cum Laude Wiskundekompetisie by Hoërskool Brackenfell. Dit is slegs die top 20 leerders in die Wes-Kaap wat die geleentheid kry om aan dié rondte deel te neem. Ons wil vir Jana van Rooyen, Dawid Adler, Thornley Webber en Alet Hitge alle sterkte toewens. Dit is alreeds ‘n besondere prestasie om in die top 20 van die provinsie te wees. Ons hoop julle geniet elke oomblik...

Lees Verder

Peet Karsten in die Top 10 by Nasionale Horizon Wiskundekompetisie

Met 9 van ons leerders wat uistekend presteer het by die Wes-Kaapse Horizon Wiskundekompetisie, was die reis vir Peet Karsten nog nie verby nie. Hy was uitgenooi verlede Vrydag om die Nasionale Prysuitdeling van die kompetisie by te woon. Meer as 50 000 leerders het landwyd aan die kompetisie deelgeneem. Peet het algeheel 3de in die Wes-Kaap geëindig en geen idee gehad wat sy plek sou wees by die nasionale kompetisie nie. Ons kan met trots aankondig dat Peet algeheel 6de in die land geëindig het. Dit is ‘n ongelooflike prestasie! Ons is almal uiters trots op jou Peet, wel...

Lees Verder

Leerders is deur na die tweede rondte – SAMF

Baie geluk aan die volgende leerders wat na die tweede rondte van die SAMF – Wiskundeolimpiade deur is. Die leerders sal die tweede rondte op 18 Julie skryf. Graad 4: Nicolaas Grütter, Lea de Ridder, Luja Marx, Petrus Bosman, Albert Griesel, Kate Mouton, Robyn Lister, Cara Swanepoel, Katerina Oosthuizen, Markus de Ridder, Mïla Joubert, Nell von Lieres, Pieter Luttig, Aden Eksteen, Elsabé Scholtz, Lea Basson, Owen Wiese en Sinead Victor. Graad 5: Katrien Stimie, Jan Karsten, Fredrich Erasmus, Luca Zulch, Alexander Benecke, Carla Snijders, Danny Newton, Sebastian Maree, Elle Nortjé en Linden Murray. Graad 6: Armand Meyer, Stella Malan, Jana Brink, Keegan Schoeman, Hein Muller, Nina Houlihan Graad 7: Peet Karsten, Dawid Adler, Jana van Rooyen, Anna van Biljon, Zazzie Henderson, Bernard Lombaard, Daniel Loots, Kaylin Grobler, Mari Swanepoel, Thornley Webber, Alexander Newton, Sophia Goosen, Alet Hitge, Aron Roets, Jacomien van der Westhuizen, Layla Erasmus en Marianne Nel. Alle leerders sal die tweede rondte by die skool skryf. Indien enige leerder vir die kompetisie wil voorberei, sien AMESA se...

Lees Verder

Horizon Wiskundekompetisie Prysuitdeling

Saterdagaand het 9 van ons leerders die Horizon prysuitdeling by die Artscape bygewoon. Dit was ‘n gala funksie waar die top 170 leerders uitgenooi is. Die aantal leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het was 15 493 van 90 verskillende skole in die Wes-Kaap. Ons leerders het almal in die top 1% van die kompetisie geeïndig. Dit is ‘n merkwaardige prestasie en iets waarop ons uiters trots kan wees. Hier volg die volledige uitslae: 119 – Alex Newton, graad 7 116 – Alet Hitge, graad 7 83 – Layla Erasmus, graad 7 80 – Anna van Biljon, graad 7 71 – Bernard Lombaard, graad 7 56 – Thornley Webber, graad 7 48 – Dawid Adler, graad 7 (Bronsmedalje) 21 – Jan Karsten, graad 5 (Bronsmedalje) 3 – Peet Karsten, graad 7 (Silwer medalje en wen ‘n Samsung A20 selfoon) Die name was vanaf 170 afgelees tot die eerste plek. Dit het veroorsaak dat die spanning baie hoog geloop het. Ons het weereens bewys dat ons leerders met enige ander skool kan kompeteer. Baie geluk aan elke leerder wat so pragtig presteer het. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat die leerders gehelp het met die voorbereiding asook die aand bygewoon...

Lees Verder

Cum Laude Wiskundekompetisie – Top 20 leerders in die Wes-Kaap

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad het vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-Wiskundekompetisie aangebied vir graad 6 en 7 leerders. Die kompetisie is slegs in Afrikaans aangebied. Dit is met trots dat ons kan sê ons het 4 graad 7 leerders wat in die top 20 in die Wes-Kaap is. Dit is die meeste leerders van een skool wat deurgedring het. Die 4 leerders neem Saterdag, 27 Julie, deel aan die finale rondte by Brackenfell Hoërskool. Elke leerder ontvang reeds ‘n R1000 omdat hulle deur is na die finale rondte. Groot prysgeld is op die spel vir die leerders indien hulle in die top 3 eindig. Baie geluk aan Alet Hitge, Jana van Rooyen, Dawid Adler en Thornley Webber wat so pragtig presteer het. Dit is ‘n uitmuntende prestasie. Ons wens vir julle alle sterkte toe vir die volgende...

Lees Verder

Horizon-Wiskundekompetisie Prysuitdeling

Op 11 Mei het baie van ons Gr.5-7 leerders deelgeneem aan die tweede rondte van die Horizon-Wiskundekompetisie. Dit was die eerste keer wat die kompetisie in Afrikaans aangebied is. Ongelukkig was die vertaling van die vraestelle nie baie goed nie en al ons leerders kon ook nie die vraestel in Afrikaans aflê nie weens die feit dat daar te min vraestelle was. Ten spyte daarvan, het ons 9 leerders wat na die prysuitdeling uitgenooi is. Daar is slegs twee ander skole wat meer leerders as ons by die prysuitdeling het ! Daar was meer as ‘n 100 000 leerders wat aan die eerste rondte van die kompetisie deelgeneem het. Leerders wat meer as 50% behaal in die eerste rondte ,kwalifiseer vir die tweede rondte. Daar is drie provinsies waar daar prysuitdelings aangebied word: Wes-Kaap, Kwazulu-Natal en Gauteng. Die top 170 leerders in elke provinsie word uitgenooi na die prysuitdeling. Nie een van die leerders weet waar hulle geeïndig het nie en vind eers die aand uit. Baie geluk aan die volgende leerders wat reeds fantasties presteer het en uitgenooi is: Alexander Newton, Layla Erasmus, Anna van Biljon, Alet Hitge, Dawid Adler, Peet Karsten, Jan Karsten, Thornley Webber en Bernard Lombaard. Die prysuitdeling vind eerskomende Saterdagaand by die Artscape plaas. Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het en deur is na die prysuitdeling. Julle maak ons...

Lees Verder

Horizon Wiskundekompetisie 2de Rondte

Na die eerste rondte van die kompetisie by die skool afgehandel is, is daar 41 leerders wat eerskomende Saterdag aan die tweede rondte van die kompetisie deelneem. Dit is die eerste jaar wat die kompetisie in Afrikaans ook aangebied word. Verlede jaar se statistieke dui aan dat meer as 330 skole en meer as 51 000 leerders aan die eerste rondte deelgeneem het (slegs gr.6 en 7 leerders). Hierdie jaar behoort die getalle te styg weens die feit dat dit ook in Afrikaans aangebied word en graad 5 leerders ook aan die kompetisie kan deelneem. Al die leerders moet Saterdag om 08:00 by Star College, Bridgetown aanmeld. Die kompetisie begin om 08:15 en die leerders sal om 10:00 klaar wees. Ons wens vir almal alle sterkte toe en onthou om dit te...

Lees Verder

Cum Laude Wiskundekompetisie

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad ,bied vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 leerders aan. Die kompetisie word slegs in Afrikaans aangebied. Die leerders wat wil deelneem, is reeds geregistreer en sal die uitdunrondte aflê op 3 Mei. Intussen het leerders die geleentheid om ‘n paar proeflopies af te lê om aan die formaat gewoond te raak. Die skryf van die kompetisie vind direk na skool plaas en die leerders het 60 minute om 20 vrae te beantwoord. Die finale rondte vind plaas op Satedag 27 Julie by Hoërskool Brackenfell. Slegs die top 60 leerders per provinsie sal uitgenooi word na die finale rondte. Daar is baie groot pryse op die spel. Die leerder wat eerste in die land eindig ,wen R15 000 asook R15 000 vir die skool, tweede plek ontvang R10 000 en derde plek, R5 000. Ons het 60 leerders wat aan die kompetisie gaan deelneem en ons wens vir hulle alle sterkte...

Lees Verder

Cum Laude Wiskundekompetisie

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad, bied vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-wiskundekompetisie aan vir graad 6 en 7 leerders. Die kompetisie word slegs in Afrikaans aangebied. Die leerders wat wil deelneem ,is reeds geregistreer en sal die uitdunrondte op 3 Mei aflê. Intussen het leerders die geleentheid om ‘n paar proeflopies af te lê om aan die formaat gewoond te raak. Die skryf van die kompetisie vind direk na skool plaas en die leerders het 60 minute om 20 vrae te beantwoord. Die finale rondte vind plaas op Saterdag, 27 Julie. Die plek sal nog bekend gemaak word. Daar is baie groot pryse op die spel. Die leerder wat eerste eindig, wen R15 000 asook R15 000 vir die skool, tweede plek wen R10 000 en derde plek, R5 000. Ons het 60 leerders wat aan die kompetisie gaan deelneem en ons wens vir hulle alle sterkte...

Lees Verder

Tweekampatlete presteer by SA’s

Dit was die eerste keer in Laerskool Jan van Riebeeck se geskiedenis dat ‘n skolespan gekwalifiseer het om aan die SA-byeenkoms te kan deelneem. Dit was ‘n groot prestasie, aangesien slegs twee skole per provinsie, kan kwalifiseer. Tydens die seisoen het ons atlete alles gegee en ons het elke keer net agter Durbanville geeïndig. Dit het beteken dat ons en Laerskool Durbanville vir WP verteenwoordig het by SA’s. Verlede Vrydag was die openingseremonie. Alle provinsies het om die baan gestap, spanfoto’s is geneem en die byeenkoms is geopen. Saterdagoggend om 07:00 het alle verrigtinge by die Nelson Madela Universiteit in Port Elizabeth begin. Dit was ook die eerste keer dat enige van ons atlete aan so ‘n groot byeenkoms deelgeneem het. Stef Mostert, John Willcox, Mia Nortjé, Isabella van der Walt, Mari Swanepoel, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Ruald Naudé en Delmar Benecke was reg vir die dag en ons atlete het alles gegee. Na die hardloop het alle atlete na Newtonpark vertrek vir die swem. Hier het ons atlete uitstekend gevaar. Na afloop van die swem het niemand geweet wat die finale uitslae is nie en ons moes wag vir die prysuitdeling later die aand. Al ons atlete het uitstekend gedoen. Alexander Benecke was 5de uit 85 deelnemers en Stef Mostert was algeheel 3de en het sodoende ook die bronsmedalje gewen. Nadat alle...

Lees Verder

Sterkte aan ons Tweekamp atlete

Elf van ons atlete neem die vakansie deel aan die SA-Tweekamp byeenkoms in Port Elizabeth. Die atlete is: Delmar Benecke, Ruald Naudé, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Isabella van der Walt, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Mari Swanepoel, Mia Nortjé, Stef Mostert (Hoërskool JvR) en John Willcox (Hoërskool JvR). Die atlete vorm die laerskoolspan wat aan die skolekompetisie gaan deelneem. Alexander Benecke, Mia Nortjé en Stef Mostert het ook hulle WP-klere verower en sal op die dag ook die WP-span verteenwoordig. Na ‘n baie goeie seisoen wens ons vir die atlete alle sterkte toe. Dit is reeds ‘n uitstekende prestasie en ons kan nie wag om te hoor hoe die atlete gevaar het nie. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat die leerders afrig en ook die span sal verteenwoordig tydens die...

Lees Verder

Tweekamp WP-kampioenskappe en die pad vorentoe

Woensdagaand, 27 Februarie, het 14 van ons atlete deelgeneem aan die Tweekamp-Kampioenskappe by Parow atletiekklub. Dit was die groot prys vir atlete na baie oefening en opoffering tydens die seisoen. Ons atlete het ons naam baie hoog gehou en het fantasties presteer. Hier volg die uitslae: Adriaan Wessels (4de), Delmar Benecke (5de), Ruald Naudé (5de), Jana Olivier (3de), Ane Swanepoel (5de), Alexander Benecke (4de), Lourens van der Walt (7de), Albert Griesel (17de), Sophia Liebenberg (8ste), Cara Swanepoel (10de), Mari Swanepoel (7de), Isabella van der Walt (9de), Stephan Griesel (10de), John Willcox (6de) en Stef Mostert (1ste). Jana Olivier het 3de geeïndig en het ‘n brons medalje ontvang. Mia Nortjé het 3de geeïndig en het ‘n brons medalje ontvang. Stef Mostert was eerste en was gekroon as die WP-kampioen. Baie geluk aan Stef, Mia en Alexander wat almal hulle WP-kleure verower het. Dit was ‘n uitstekende aand en almal het hulle beste tye gehardloop of geswem wat ongelooflik was om te sien. Die volgende byeenkoms is 29-30 Maart in Port Elizabeth waar ons leerders aan die SA’s gaan deelneem. Ons wens vir hulle almal baie sterkte...

Lees Verder