Skrywer: Leon Hanekom

Horizon-Wiskundekompetisie

Drie van ons graad 7-leerders is in die top 100 van die Horizon-Wiskundekompetisie. Die leerders is: Cara Swanepoel, Owen Wiese en Luja Marx. Hulle is uitgenooi na die top 100 prysuitdeling wat Donderdag, 9 Mei, plaasvind. Hier sal elke leerder uitvind waar hulle geëindig het. Die prestasie is merkwaardig omdat daar meer as 21 000 leerders aan die kompetisie deelgeneem het. Ons is baie trots op die...

Lees Verder

Hokkiewedstryde, 19 Mei

Ons 0/9 en 0/10-seuns- en dogterspanne het Donderdag teen Reddam House Durbanville gespeel. Ons spanne het pragtig gespeel en baie goed presteer.   Dogters: 0/9A wen 8-0 0/10A wen 7-1   Seuns: 0/9A wen 2-0 0/10A wen 4-0   Volgende week speel al ons spanne teen Kenridge.  Ons hou vir almal...

Lees Verder

Hokkiewedstryde 12 Mei

Van ons seuns- en dogterspanne het op Donderdag, 12 Mei, onderskeidelik teen El Shaddai en St. Cyprians gespeel. Wedstryde teen El Shaddai: Seuns 0/9 verloor 0-1 Dogters 0/9 wen 9-3 Seuns 0/10 verloor 0-1 Seuns 0/12 wen 3-1 Dogters 0/12 gelykop 1-1   Wedstryde teen St. Cyprians: Dogters 0/10 wen 3-0 teen Cannons Creek en 3-1 teen St. Cyprians Dogters 0/11 wen 4-1 Dogters 0/13 verloor 0-1   Dit was nog ‘n suksesvolle week en ons sien uit na volgende week se wedstryde teen Reddam,...

Lees Verder

Horizon-Wiskundekompetisie

Verlede kwartaal het al ons graad 5-7 leerders aan die eerste rondte van die Horizon-Wiskundekompetisie deelgeneem. Na afloop van die rondte het 87 leerders na die tweede rondte deurgedring. Die leerders is: Graad 5: Stephan Holtzhauzen, Anna Louw, Michaan Naylor, Conrad Slabber, Hila Hertzog, Frank van der Walt, Mari Steyn, Sophia Derkson, Ano Marx, Adriaan Bredenkamp, Bernardo Oosthuizen, Willem Vorster, Delmar Benecke, Ané Swanepoel, Adriaan Wessels, Phillip van Rooyen en Jana Olivier.   Graad 6: Ben Fouché, Kai Allewell, Karlien van der Walt, Lida-Mari Bosman, Katia van Wyk, Stella Lamprecht, Willem Burger, Stephan Malan, Ruben Oosthuizen, Johan Symington, Anabelle Koen, Marais Groenewald, Mieke Huysamen, Samuel Wolff, Dawid-Wiese Viljoen, Gemma de Vries, Eddie Quixley, Jana Maree, Lisa van As, Liza Hertzog, Jacques Viljoen, André Marais, Mia Smith, Jan-Willem Silvis, Annabel Potgieter, Sofia Newton, Mieke Nel, Mieke Bezuidenhout, Calla van Vreden, Neil Heyns, Shaye Schwartz, Carmen Barnard en Kai-Daniel Roodt.   Graad 7:  Mia Janse van Rensburg, Liza Hitge, Nicolaas Grutter, Adan Eksteen, Dewald Buitendag, Noah Blomerus, Mia Cruywagen, Susan Burger, Markus de Ridder, Mïlla Joubert, Luja Marx, Owen Wiese, Kate Mouton, Samuel Ward, Adele Holtzhausen, Lea Basson, Mia Boshoff, Robyn Lister, Francois Joubert, Thomas Boshoff, Lara Basson, Paul-Philip Grobler, Elsabé Scholtz, Sinead Victor, Lea de Ridder, Cara Swanepoel, Lola Henderson, Helene Greeff, Werner Steyn, Daniel Welgemoed, Chloe Nikiforos, Anna Dawes, Benjamin Cronjé, Stella Bojé, Luan Kotze, Waldo Engelbrecht en Gustav...

Lees Verder

Atletiek: WP-byeenkoms

Veertien van ons atlete het verlede week hulle distrik-klere ontvang. Dit was ‘n heerlike dag en die leerders het uitstekend presteer.   Donderdag, 3 Maart, het die veertien leerders deelgeneem aan die WP-kampioenskappe. Die leerders en hul uitslae is asvolg: Cara Scoltz – 6de in die finaal van die 70m hekkies Nils le Roux – 5de in die 70m hekkies en 5de in 1200m Sofia Newton – 5de in die 75m hekkies en 5de in die 150m hekkies Dawid-Wiese – 6de in die finaal van die 75m hekkies Delmar Benecke – 6de in 1200m en 4de in verspring Ané Swanepoel – 7de in 1200m Sebastian Senekal – 5de in gewigstoot Carter Schoeman – 7de in gewigstoot Jeanne van Heerden – 4de in gewigstoot Liza Hitge – 5de hoogspring Anna Viljoen en Mari Steyn het baie goed gevaar in die hoogspring en Ashlyn-Beth in die diskus. Sophia Liebenberg was 2de verspring en 3de in spiesgooi. Sy het dus haar WP-klere verower. Dis ‘n besondere prestasie! Die kompetisie was uiters sterk en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Ons is baie trots op elke...

Lees Verder

Atlete lewer hul beste

Woensdag het 34 van ons atlete aan die Semi-kampioenskappe te Vygieskraal deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag en die byeenkoms het glad verloop. Ons atlete het uitstekend presteer.   Die uitslae is as volg: Ashlyn-Beth Alexander (1ste diskus) Sophia Liebenberg (1ste spiesgooi, 1ste verspring en 2de 200m) Helene Greeff (4de 1 500m en 4de 200m hekkies) Anna Viljoen (2de hoogspring) Delmar Benecke (1ste 1 200m en 1ste verspring) Nils le Roux (1ste 1 200m, 1ste verspring en 2de 70m hekkies) Ané Swanepoel (1ste 1 200m) Francois Boshoff (2de hoogspring) Dawid-Wiese Viljoen (2de 75m hekkies) Sofia Newton (3de 75m hekkies en 1ste 150m hekkies) Sebastian Senekal (1ste gewigstoot) Cara Stoltz (1ste 70m hekkies en 1ste verspring) Jean Petrie (4de 200m en 4de 200m hekkies) Albert Griesel (3de 800m) Liza Hitge (1ste hoogspring) Jeanne van Heerden (2de gewigstoot) Mari Steyn (4de 1 200m en 1ste hoogspring) Leo Conradie (3de 1 200m) Carter Schoeman (1ste gewigstoot)   Al hierdie leerders neem Saterdag aan die distrikbyeenkoms te Vygieskraal deel.  Ons wens vir hulle alle sterkte...

Lees Verder

JvR presteer by Wiskundekompetisie

Elke jaar word daar ‘n wiskundekompetisie by Laerskool Van Riebeeckstrand aangebied.  Die doel van die kompetisie is vir verryking. Leerders word aan uitdagende somme blootgestel en leer om sekere somme baie vinnig te kan beantwoord. Ons het aan die begin van die kwartaal oggendlesse vir graad 6 en 7-leerders aangebied. Enige leerder wat wou, kon die lesse bywoon. ‘n Pretdag is gereël op 4 September waar 45 leerders die dag bygewoon het. Verskeie aktiwiteite is op die dag aangebied. Van spoedtoetse, woordsomme en ‘n skattejag tot Kahoots. Na afloop van die pretdag is die 16 leerders wat aan die kompetisie gaan deelgeneem het, geïdentifiseer. Die leerders wat deelgeneem het, was Jan Karsten, Katrien Stimie, Carla Snijders, Sebastian Maree, Luca Zulch, Fredrich Erasmus, Famke Schwartz, Mieke Hertzog, Alexander Benecke, Taniel Webber, Cara Swanepoel, Luja Marx, Ameli Snyman, Katja de Villiers, Izak Bezuidenhout en Owen Wiese.   Die kompetisie het Woensdag, 22 September, plaasgevind en ons leerders was reg vir aksie. Ongelukkig moes ‘n paar skole onttrek voor die kompetisie, maar die skole wat deelgeneem het, was Van Riebeeckstrand, Gene Louw, Mikro, Swellendam, Table View, Elkanah House en Jan van Riebeeck. Ons leerders het uitstekend presteer en ons spanne het 1ste, 4de, 8ste en 12de geëindig. Baie geluk aan Jan, Katrien, Carla en Sebastian wat met die eerste prys weggestap het. Om die beste skool van die dag te bepaal, word...

Lees Verder

Fredrich Erasmus presteer by Netwerk24 Wiskundekompetisie

Netwerk 24 saam met die Beeld en Volksblad bied jaarliks ‘n aanlyn Wiskundekompetisie vir graad 6 en 7-leerders aan. Die wenner kan R15 000 vir sy skool en vir homself losslaan. Daar is ook kontantpryse vir leerders wat tweede en derde eindig. Na die eerste rondte word die top 20 leerders in die Wes-Kaap geïdentifiseer wat aan die tweede rondte sal deelneem. Fredrich het uitstekend presteer en is deur na die finale rondte. Die finale rondte vind op Saterdag, 11 September, plaas. Ons hou vir jou...

Lees Verder

Leerders presteer in SAMF-Wiskunde Olimpiade

Drie van ons leerders is deur na die finale rondte van die SAMF-Wiskunde Olimpiade. Die olimpiade word landwyd geskryf. Daar is twee rondtes wat voltooi moet word voordat die finale leerders gekies word. Daar word vanaf graad 4 – 7 slegs 480 leerders landwyd gekies om aan die finale rondte deel te neem. Die finale rondte word op Vrydag, 10 September, te Hoërskool President geskryf. Baie geluk aan Katia van Wyk, Sofia Newton en Jan Karsten wat  na die finale rondte. Dit is ‘n puik prestasie en ons hou vir julle...

Lees Verder

Horizon Wiskundekompetisie

Ons graad 5 tot 7-leerders het tydens die eerste kwartaal die eerste rondte van die Horizon-Wiskundekompetisie aanlyn geskryf. 41 van ons leerders is deur na die tweede rondte wat Saterdag, 22 Mei, by Star College sal plaasvind. Die leerders wat deur is na die tweede rondte: Graad 5: Katia van Wyk en Liza Hertzog Graad 6: Cara Swanepoel, Dewald Buitendag, Owen Wiese, Nicolaas Grutter, Luja Marx, Daniel Welgemoed, Albert Griesel, Lola Henderson en Lea en Markus de Ridder. Graad 7: Alexander Rau, Ewan Naudé, Abigail Els, Vida Engels, Lara Pieterse, Lily le Roux, Elle Nortjé, Carla Snijders, Juliette Visser, Mia Symington, Katrien Stimie, Megan de Vroede, Linden Murray, Oscar Wolff, Sebastian Maree, Kate Heyns, Mia Fouché, Izak Bezuidenhout, Danny Newton, Alexander Benecke, Daniel Wasserman, Hendrik Bredenkamp, Famke Swartz, Ameli Snyman, Héloïse Strauss, Luca Zulch, Jan Karsten, Johann Loubser en Fredrich Erasmus. Baie geluk en ons wens vir julle sterkte toe vir die volgende...

Lees Verder

Jan Karsten vorder in Internasionale Wiskundekompetisie

Die IMC – Internasionale Wiskundekompetisie word jaarliks aangebied in verskillende dele van die wêreld. Weens die Covid-pandemie gaan hierdie kompetisie vir die eerste keer aanlyn gehou word. Daar was twee rondtes waar leerders regoor Suid-Afrika vraestelle geskryf het. Die eerste rondte kon Jan Karsten saam met mnr. Hanekom beantwoord het en die tweede rondte moes hy op sy eie beantwoord. Die uitslae van die twee vraestelle is gebruik om ‘n groep leerders te identifiseer wat uitgenooi is om aan ‘n 8 weke oefenkamp deel te neem. Na afloop van die oefenkamp moet alle leerders ‘n derde vraestel voltooi voordat die nasionale span aangekondig word. Die wiskunde is op ‘n baie hoë standaard en dit is klaar ‘n uitstekende prestasie dat Jan uitgenooi is na die oefengroep. Ons wens vir Jan alle sterkte toe met die res van die...

Lees Verder

Sebastian Maree in die top 20 in die Wes-Kaap

Tydens die grendeltyd het Netwerk 24 hulle jaarlikse Wiskundekompetisie aangebied. Alle leerders het die kompetisie aanlyn voltooi en die top 20 leerders in die Wes-Kaap is geïdentifiseer. Baie geluk aan Sebastian Maree. Hy is een van die top 20 leerders wat op 24 Julie deelneem aan die tweede rondte van die Wiskundekompetisie. Daar is groot pryse op die spel en die wenner van die kompetisie kan R15 000 vir homself en R15 000 vir die skool wen. Ons wens vir Sebastian alle sterkte toe en weet hy sal baie goed...

Lees Verder

Tweekamp leerders presteer

Die WP-Kampioenskappe was die jaar gehou by Parow atletiekstadion en Fairmont Hoërskool waar almal geswem het. Met groot entoesiasme het al ons leerders gaan deelneem. Hierdie is die laaste byeenkoms van die seisoen en dit is wonderlik om te sien hoe ons leerders tydens die seisoen verbeter het. Ons skool is ook uitgenooi om vir die tweede jaar in ‘n ry deel te neem aan die SA-byeenkoms, maar a.g.v. baie ander aktiwiteite, kan ons ongelukkig nie deelneem nie. Die leerders wat in ons skolespan is: Ané Swanepoel, Delmar Benecke, Daxton Liversage, Ruald Naudé, Albert Griesel, Jean Petrie, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Kian Eksteen, Kianna Gro Liversage en Stephan Griesel. Ons atlete se tye het pragtig verbeter oor die loop van die seisoen. Al ons atlete se hardlooptye het met meer as 10 sekondes verbeter en van ons atlete se tye het met meer as 35 sekondes verbeter. Dit is merkwaardig aangesien die verste wat enige atleet hardloop, slegs 1200m is. Al ons atlete se swemtye het met 5 tot 10 sekondes verbeter. Dit is uitstekend aangesien die verste afstand wat hulle swem ,slegs 100m is. Ons atlete het hulle beste vir laaste gelos. Delmar Benecke het tweede by WP-Kampioenskappe geëindig en is ook opgeneem in die WP-span wat by SA’s gaan deelneem Saterdag, 21 Maart. Alexander Benecke was algeheel 5de en is ook...

Lees Verder

Tweekamp atlete presteer by Interprovinsiale byeenkoms

Saterdag, 1 Februarie, het 15 atlete deelgeneem aan die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn. Dit is ‘n spog byeenkoms waar WP, Boland, OP, Grens, SWD en die Noord-Kaap deelneem. Die byeenkoms bestaan uit twee afdelings. Atlete neem individueel deel en in die tweede afdeling in skoolverband. Ons atlete het alles gegee op die baan (wat 43 grade bereik het) en het nie teleurgestel in die swembad nie. Delmar Benecke het die beste posisie behaal en het algeheel 4de geeïndig uit 33 atlete. Al ons atlete het of op die baan of in die swembad hulle beste tye ooit gehardloop of geswem. Ané Swanepoel het haar beste tyd gehardloop. Dax Liversage het sy beste tyd geswem. Ruald Naude het sy beste tyd geswem. Lourens van der Walt het sy beste tyd geswem en gehardloop. Kian Eksteen het sy beste tyd gehardloop en geswem. Alexander Benecke het sy beste tyd geswem. Kianna-Gro Liversage het haar beste tyd gehardloop en geswem. Stephan Griesel het sy beste tyd gehardloop. Albert Griesel het sy beste tyd gehardloop en geswem. Sophia Liebenberg het haar beste tyd gehardloop. Zuletha Ferreira het haar beste tyd gehardloop. Cara Swanepoel het haar beste tyd gehardloop en geswem. Ons atlete het alles gegee en dit was merkwaardig om hulle deursettingsvermoë dop te hou. Na al die verrigtinge was dit tyd om te hoor wie die wen skole is van die kompetisie....

Lees Verder

15 Tweekamp atlete op pad na Oudtshoorn

15 van ons atlete neem die naweek deel aan die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn. WP, Boland, SWD, Grens en Noord-Kaap neem almal aan die byeenkoms deel. 5 Skole in die WP het gekwalifiseer om ook in skoolverband deel te neem by die byeenkoms. Die skole is Laerskool Jan van Riebeeck, Durbanville, Kenridge, De Hoop en Welgemoed. Ons atlete wat deelneem is: Zuletha Ferreira, Delmar en Alexander Benecke, Ané, Cara en Mari Swanepoel, Dax en Kianna Liversage, Lourens en Isabella van der Walt, Albert en Stephan Griesel, Kian Eksteen, Sophia Liebenberg en Ruald Naudé. Ons wens vir die atlete alle sterkte toe vir die naweek en weet sommer dit sal goed...

Lees Verder

Tweekamp

Die eerste vier byeenkomste van die seisoen is agter die rug en dit is heerlik om te sien hoe Tweekamp die laaste paar jaar gegroei het. Met soveel meer atlete wat begin deelneem, raak die kompetisie al hoe beter. Ons atlete doen besonders goed en met die ekstra hardloop- en swemoefening, dra dit ook oor na ons ander sportkodes. Al ons atlete neem individueel deel, maar verteenwoordig ook ons skool in die skolekompetisie-afdeling. Alle skole waarteen ons deelneem, het meer as ‘n 1000 leerders, party selfs 2000. Die top laerskole in die WP soos dit op die oomblik staan is: Kenridge, Durbanville, Jan van Riebeeck, De Hoop, Welgemoed en Stellenbosch. Hierdie is ook die posisies na die vierde byeenkoms. Die atlete wat tans ons skool verteenwoordig is: Ruben de Ridder, Ané Swanepoel, Jana Olivier, Zuletha Ferreira, Willem Vorster, Delmar Benecke, Daxton Liversage, Adriaan Wessels, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Nell von Lieres, Lea de Ridder, Albert Griesel, Ruald Naudé, Liam Schmidt, Kai-Daniel Roodt, Markus de Ridder, Jean Petrie, Klara von Lieres, Kianna-Gro Liversage, Mari Swanepoel, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Kian Eksteen, Stephan Griesel, Stephan le Roux, Mia Nortjé en Isabella van der Walt. Die volgende byeenkoms is 11 Januarie in Somerset-Wes. Sterkte aan al die atlete vir die res van die...

Lees Verder

Top presteerders – Living Maths Olimpiade

Tussendeur die voorbereiding vir die eksamen en baie leerwerk het ons intersenfase ook deelgeneem aan die Living Maths Olimpiade. Die olimpiade is uiters uitdagend en dit is lekker om te sien dat ons leerders so goed presteer. Die olimpiade bestaan uit 25 vrae. 20 van die vrae is hoë orde vrae en die laaste 5 vrae is baie uitdagend. Die vraestel tel uit 20, wat beteken dat leerders meer as 100% vir die vraestel kan kry. Leerders wat 80% of meer verower, ontvang ‘n goue sertifikaat en leerders wat meer as ‘n 100% verower, ontvang ‘n platinum sertifikaat. Die uitslae is as volg: Gr.4 – Goue sertifikaat: Albert Griesel, Luja Marx en Kate Mouton (17 uit 20) Gr.5 – Goue sertifikaat: Alexander Benecke, Sebastian Maree, Chiara Roodt, Isabella Pretorius, Elle Nortjé en Carla Snijders. (16 uit 20) Fredrich Erasmus en Danny Newton (18 uit 20). Jan Karsten, 19 uit 20. Gr.6 – Goue sertifikaat: Keegan Schoeman, Christian Viljoen, Armand Meyer en Pierre Becker (16 uit 20). Jana Brink, Stella Malan, Ben Terblanche en Chris Hoffman (17 uit 20) Gr.7 – Goue sertifikaat: Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Mari Swanepoel, Daniel Loots en Ruben Janse van Rensburg (16 uit 20). Alexander Newton (17 uit 20). Jacomien van der Westhuizen en Anna van Biljon (18 uit 20). Owen van der Linde en Layla Erasmus (19 uit 20). Platinum sertifikaat: Hierdie leerders het...

Lees Verder

Jan Karsten eerste in die land

Dit is met groot opwinding dat ons kan aankondig dat Jan Karsten eerste in die land in die SAMF-Wiskundekompetisie (Gr.4-5 afdeling) geëindig het. Wat die prestasie merkwaardig maak, is dat meer as 83 000 leerders en meer as ‘n 1000 skole aan die kompetisie deelgeneem het. Jan was opgevlieg na Johannesburg om die seremonie by te woon. Op daardie stadium het hulle slegs geweet hulle is in die top 10, maar het nie die finale posisies geweet nie. Jan en Erik Senekal van Laerskool Lynnwood het weggestap met die top prys. Baie geluk Jan, dit is ‘n ongelooflike prestasie en iets om op baie trots te wees. Ons almal is uiters trots op jou met die...

Lees Verder

Gr.7’s blink uit by Wiskundekompetisie

Dinsdag, 29 Oktober, het Netwerk24 hulle gala-aand vir alle skolekompetisies gehou. Die doel was om erkenning aan al die leerders vir hulle harde werk te gee. Laer- en hoërskole regoor die Wes-Kaap het bymekaar gekom om pryse te ontvang omdat hulle in verskeie kompetisies in die top 10 in die Wes-Kaap en nasionaal geëindig het. Laerskool Jan van Riebeeck was daar vir die Wiskundekompetisie wat vroeër die jaar geskryf is. Meer as 3500 leerders het aan die kompetisie deelgeneem en ons het 4 leerders wat in die top 10 in die Wes-Kaap geëindig het. Ons is ook die enigste skool wat meer as een leerder in die top 10 het. Die uitslae was as volg: Dawid Adler, 2de Wes-Kaap en 4de nasionaal Jana van Rooyen, 5de Wes-Kaap Thornley Webber, 6de Wes-Kaap Alet Hitge, 7de Wes-Kaap Hierdie leerders het werklik baie hard gewerk en kan uiters trots wees op hierdie pragtige prestasie....

Lees Verder

Jan Karsten presteer by SAMF-Wiskundekompetisie

Na die tweede rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie, die ou Amesa, het hulle die top 450 leerders in die land genooi om aan die derde rondte van die kompetisie deel te neem. Ons het 5 leerders gehad wat aan die derde rondte deelgeneem het. Hulle was: Petrus Bosman, Jan Karsten, Fredrich Erasmus, Thornley Webber en Peet Karsten. Na die afloop van die kompetisie word die top 20 leerders, top 10 in graad 4 en 5 (junior-afdeling) en top 10 in graad 6 en 7 (senior-afdeling), uitgenooi na die Nasionale prysuitdeling in Johannesburg. Hierdie leerders het geen idee in watter posisie hulle is nie en vind dit eers uit by die prysuitdeling. Ons kan met trots sê dat Jan Karsten in die top 10 is nasionaal. Hy vlieg volgende Vrydag Johannesburg toe vir die prysuitdeling. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en ons is uiters trots op jou Jan, wel...

Lees Verder