Skrywer: Leon Hanekom

Eerste Hokkie-ligawedstryde teen Milnerton

Op ‘n baie winderige en koue Donderdagmiddag het al ons hokkiespanne teen Milnerton te staan gekom. Die seuns het weg gespeel en die dogters tuis. Die uitslae is as volg: Seuns o.9 Span 1 wen 1 – 0 o.9 Span 2 speel gelykop 0 – 0 0.10A-Seuns wen 4 – 1 0.11A-seuns verloor 1 – 3 0.13-seuns wen 8 – 0 Dogters o.9 Span 1 speel gelykop 1 – 1 o.9 Span 2 speel gelykop 1 – 1 o.10A wen 7 – 0 o.11A wen 8 – 0 o.13A wen 3 – 2 o.13B wen 4 – 0 Dit is ongelooflike uitslae en ons is trots op elke span wat net hul beste gegee...

Lees Verder

O.13-Hokkietoernooi te Van Riebeeckstrand

Verlede Vrydag, 14 April, het ons o.13-hokkiespanne aan die eerste toernooi van die jaar deelgeneem. Die opwinding was groot en die spanne het nie teleurgestel nie. Met ons hokkie wat verlede jaar vir die eerste keer aan ligawedstryde deelgeneem het, is dit wonderlik om te sien hoe ons spanne binne ‘n jaar gegroei het. Verlede jaar het ons spanne baie swaar getrek by die toernooi. Ons seuns en dogters het met 5 – 0 en 7 – 0 verloor, maar die entoesisame om te verbeter was daar. Hierdie jaar het ons teen dieselfde spanne gespeel en die uitslae is as volg: Seuns speel gelykop teen Van Riebeeckstrand 1 – 1 en Wen vir Curro Durbanville 4 – 1 Dogters verloor 0 – 1 teen Van Riebeeckstrand en wen Curro Durbanville 1 – 0 Dit was ‘n puik begin vir die seisoen en merkwaardig om te sien hoe ons spelers verbeter het. Ons hou vir al ons spanne duimvas vir die seisoen wat...

Lees Verder

WP-tennisspelers

Baie geluk aan die onderstaande leerders wat gekies is vir die Cape Town (WP) tennisspanne: 0.11 Jeanne van Heerden Stella Pansegrouw Rafa Lamprecht Nils le Roux 0.12 Adriaan Wessels Ané Swanepoel Gustav van der Linde 0.13 Stella Lamprecht Dawid-Wiese Viljoen Sodra hierdie leerders aan enige van die provinsiale byeenkomste deelneem, ontvang hulle WP-kleure. Welgedaan aan elke speler. Dit is ‘n uitmuntende...

Lees Verder

WP-atlete

Saterdag, 4 Maart, het 7 van ons atlete aan die WP-proewe te Paarl deelgeneem. Dit was baie beplanning om die atlete by die stadion te kry aangesien ons graad 5 en graad 7-leerders op kampe was. Dit was ‘n heerlike dag om wonderlike atlete te sien deelneem. Baie geluk aan al ons atlete wat pragtig op die dag presteer het. Delmar Benecke het met ‘n tyd van 3:48 in 1200m homself in die WP-span gehardloop. Dit was 8 sekondes vinniger as sy persoonlike beste tyd. Jana Olivier het 3de in die diskus geeïndig met ‘n afstand van 18,12m. Baie geluk aan die twee atlete wat hul WP-kleure verower het. Hulle neem Saterdag aan die Wes-Kaap byeenkoms te Paarl deel. Ons wens vir julle sterkte...

Lees Verder

Tennisuitslae

Drie van ons tennisspanne het die week ‘n wedstryd gespeel. In die Noord-liga het ons Dogters A teen Kenridge vasgeval en ons verloor 1-5. Ons gemengde A-span was te sterk vir Aristea en ons wen die wedstryd 6-0. In die Table View-liga het ons Seuns A teen Blouberg International te staan gekom.  Ongelukkig was die oposisie te sterk vir ons en ons verloor 0-6. Volgende week is die laaste wedstryde vir die kwartaal en ons wens vir al ons spanne alle sterkte...

Lees Verder

Krieketuitslae: 8 Maart

0.11 A vs Golden Grove JvR het eerste veldwerk gedoen en ons kry hulle uit vir 44 na 15 beurte.  Ons neem 3 paaltjies. Phumi Salimani – 7 lopies na 2 beurte en 1 paaltjie Nicholas Marais – 10 lopies na 2 beurte en 1 paaltjie Alexander Wiedemann – 2 lopies na 1 beurt en 1 paaltjie JvR kolf tweede en neem hulle telling verby na 6 beurte. Ben Esterhuyse (22* nie uit nie) en Nils le Roux 11 lopies – Nils was ongelukkig uit toe hy sy eie paaltjies raak slaan. JvR wen die wedstryd met 9 paaltjies. Die 0.11A-span was onoorwonne die seisoen. Baie geluk, manne.  Ons is baie trots. 0.11 B vs Pinehurst Pinehurst het eerste gekolf en deur puik boulwerk het ons tot slegs 58 lopies beperk. Ons het tweede gekolf en neem hulle telling verby met nog 4 boulbeurte oor. Dit was ‘n puik vertoning deur ons...

Lees Verder

Tennisuitslae: 27 Febr.

Die week het twee van ons spanne gespeel: In die Noord-Liga het ons Dogters A teen Welgemoed te staan gekom. Hulle het pragtig gespeel en Stella Lamprecht het Welgemoed se no. 1 met 6-1 gewen. Ongelukkig het ons 2-4 verloor, maar die dogters kan trots op hul spel wees. In die Table View-Liga het ons Seuns A teen Sunningdale te staan gekom. Ons manne was te sterk en wen die wedstryd gemaklik met 6-0. Baie geluk aan al ons...

Lees Verder

Tennis: Synergy Cup

Verlede naweek het van ons tennisspelers aan die Synergy Cup te Kimberley en George deelgeneem. Stella Pansegrouw en Jeanne van Heerden het in die A-toernooi te George deelgeneem terwyl Stella Lamprecht, Rafa Lamprecht, Gustav van der Linde en Ané Swanepoel aan die B-toernooi te Kimberley deelgeneem het. Alle spanne het uitstekend gevaar en hier is die uitslae: o.11 B-seuns, Rafa Lamprecht (goud) 0.11 A-meisies, Stella Pansegrouw, Jeanne van Heerden (goud) 0.12 B-seuns, Gustav van der Linde (goud) 0.12 B-meisies, Ané Swanepoel (goud) 0.13 B-meisies, Stella Lamprecht (goud) Alle spelers het goud verower in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Dit is puik prestasies....

Lees Verder

Krieketuitslae

Ons 0.9-Blouspan het Dinsdag teen Reddam te staan gekom. Ons spelers het eerste geboul en Reddam het 24 lopies gekry. Ons het gaan kolf en kon slegs 23 lopies kry. Ons verloor dus met 1 lopie, maar die spelers het hul gate uit geniet. Ons hou duimvas vir die volgende wedstryd! Ons 0.11A ‘s het Maandag teen Turfhall te staan gekom. Ons het eerste gekolf en 153 lopies aangeteken in die 15 boulbeurte. Ben Esterhuyse teken 56 aan, nie uit nie en Nils le Roux 34, nie uit nie. Jack Dawes en Nils le Roux het ook baie mooi geboul en vinnig die eerste paaltjies geneem met Rudi Badenhorst wat ‘n puik vangskoot geneem het.  Ben is aangewys as speler van die wedstryd en ons wen die wedstryd met 55 lopies. Baie geluk met ‘n puik vertoning! Ons 0.13A’s het Maandag teen Rondebosch East gespeel. Ons het eerste gekolf en het 74 lopies aangeteken. Ruben Eksteen het 19 lopies aangeteken.  Rondebosch het gaan kolf en neem ons telling verby in die 12de boulbeurt. Hulle wen die wedstryd met 8...

Lees Verder

WP-Atletiekbyeenkoms terugvoer

Saterdag, 25 Februarie, het 13 van ons atlete aan die Zone-Kampioenskappe by Vygieskraal deelgeneem. Dit is ‘n wonderlike prestasie om hier deel te neem, aangesien daar meer as 87 skole se top atlete deelgeneem het. Die volgende atlete is deur na die WP-Proewe wat vandag in die Paarl plaasvind: Delmar Benecke, 1ste 1200m en 150m hekkies Cato Terblanche, 3de 1200m Sofia Newton, 1ste 200m hekkies en 3de 75m hekkies. Klara Steyn, 2de 200m hekkies en 1ste hoogspring Dawid-Wiese Viljoen, 3de 200m hekkies Jana Olivier, 2de diskus Mieke Bremer, 1ste diskus Ons wens vir al die atlete sterkte toe met vandag se...

Lees Verder

Krieketuitslae

Die graad 1’s het 17 Februarie aan hul eerste kriekettoernooi by Hugo Rust deelgeneem. Dit was ‘n ongelooflike dag en die graad 1’s het dit vreeslik geniet. Hulle het beslis die gees gebring. Welgedaan graad 1! Dinsdag het ons 0.9-krieketspanne teen Weizmann en Kampsbaai te staan gekom. Die 0.9-Blouspan wen teen Weizmann gemaklik en die 0.9-Groenspan verloor ongelukkig in die laaste boulbeurt teen Kampsbaai. Beide ons 0.11-spanne het Woensdag teen Herzlia Highlands  en Golden Grove te staan gekom. Krieket o.11A wen met 72 lopies teen Herzlia Highlands. Ons het 148 aangeteken na 16 beurte. Ben Esterhuyse – 54 lopies Alexander Weidemann – 24 lopies Vincent Oosthuizen – 2 paaltjies vir 5 lopies na 2 beurte Luke Willows – 2 paaltjies vir 13 lopies na 3 beurte Alexander Weidemann – 2 paaltjies vir 11 lopies na 2 beurte Nicolas Marais – 2 paaltjies vir 11 lopies na 2 beurte Baie geluk, manne! 0.11B het weggespeel teen Golden Grove.  Hier het ons manne al hulle staal gewys en vir Golden Grove vir 46 lopies uitgeboul.  Ons kolwers het gemaklik die teiken behaal en wen die wedstryd met 10 paaltjies.  Ons 0.13-span het teen Curro-Durbanville te staan gekom. Curro het eerste gekolf en ‘n baie groot telling van 213 aangeteken in slegs 15 boulbeurte.  Ons manne het hard probeer, maar kon ongelukkig nie die telling bereik nie. ‘n Baie suksesvolle week op...

Lees Verder

Tennisuitslae

Verskeie van ons tennisspanne het die week weg en tuis gespeel. Noord-Liga: Ons Seuns A wen vir Eversdal, 3-3 (31 – 25) potte. Ons Gemengde A-span wen teen Brackenfell, 6-0 Table View-Liga: Ons Gemengde A-span wen vir Elkanah House 6-0 Ongelukkig het ons seuns A-span nie teen Elkanah house gespeel nie. Hulle het op die dag onttrek. Dit is puik uitslae en ons tennisspelers wys week na week hoe goed hul is. Welgedaan aan elke...

Lees Verder

Krieketuitslae van die week

Dinsdag het ons 0.9-krieketspanne teen Llandudno en Kampsbaai te staan gekom. Die 0.9-blouspan wen teen Kampsbaai met twee lopies en die 0.9-groenspan speel gelykop teen Llandudno. Beide ons 0.11-spanne het Woensdag teen Reddam en Golden Grove te staan gekom. O.11A wen gemaklik met 9 paaltjies teen Golden Grove en ons 0.11B-span het ongelukkig teen Reddam vasgeval. Ten spyte van die verloor het Logan van Heerden pragtig geboul en 3 paaltjies geneem. Ons 0.13-span het gister teen Pinelands te staan gekom. Hulle het pragtig gespeel en wen die wedstryd met 9 paaltjies. Baie dankie aan elke speler en afrigter met die puik...

Lees Verder

Tennisuitslae

Dinsdag en Woensdag het verskeie van ons spanne tuis en weg gespeel.  Die uitslae is as volg: Noord-Liga: Seuns A speel gelykop teen Brackenfell 3-3 Dogters A verloor teen Welgemoed 1-5 Gemengde A wen teen Saffier 6-0 Table View Liga: Seuns A verloor teen Parklands 0-6 Gemengde A speel gelykop teen Van Riebeeckstrand 3-3 Dit was ‘n winderige week en ons tennisspelers het baie goed gedoen. Ons kan nie wag vir volgende week se uitslae...

Lees Verder

Senior swemgala

Vrydag, 10 Februarie, het al ons graad 4 tot 7-leerders die geleentheid gekry om aan ons swemgala deel te neem.  Dit was die perfekte dag vir swem en ons swemmers het puik presteer. Twee rekords is op dié dag gebreek. Jeanne van Heerden verbeter die Dogters o.11 Wisselslag rekord van 1:46,37 na 1:45,93.  Delmar Benecke verbeter die Seuns o.12 Wisselslag rekord van 1:25,71 na 1:24,91. Na die graad 7’s die dag afgesluit het met hul pretaflos was dit tyd vir die bekeroorhandiging. Ons top 4 swemmers op die dag het gegaan aan: Beste Senior Seun (gr. 6 – 7) – Delmar Benecke Beste Senior Dogter – Karu Rademeyer Beste Junior Seun (gr. 4 – 5) – Nils le Roux Beste Junior Dogter – Jeanne van Heerden. Kliek HIER vir die volledige uitslae. Baie dankie aan elke onderwyser wat die dag moontlik gemaak het en aan elke swemmer wat in goeie gees aan die dag deelgeneem het. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat al die reëlings getref het. Ons sien nou uit na ons junior swemgala wat op 10 Maart sal...

Lees Verder

Netwerk24 – Finale rondte

Luja Marx het gister die finale rondte van die Netwerk24 Wiskundekompetisie geskryf. Slegs die top 20 leerders in die Wes-Kaap was uitgenooi om die rondte te voltooi. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en ons is uiters trots dat sy reeds so ver in die kompetisie gekom het. Nou hou ons duimvas vir die finale...

Lees Verder

Melkbos-Wiskundekompetisie: Ses in ‘n ry

Vir die laaste 2 maande is daar hard gewerk met graad 6 en 7-leerders ter voorbereiding vir die Melkbos-Wiskundekompetisie. Van oggendsessies tot ‘n Wiskundekamp het ons leerders met oorgawe die sessies bygewoon. In totaal was daar 62 leerders. Ongelukkig kon net 16 leerders aan die kompetisie deelneem, maar dit was ‘n uitstekende leerervaring vir al ons leerders. Gister het die 16 leerders saam met mnr. Hanekom en juf. de Villiers die kompetisie bygewoon. Dit is ‘n verrykingskompetisie waar leerders verskeie afdelings in spanverband moet beantwoord. Werk wat eers in graad 8 en 9 behandel word, word in die kompetisie gevra. Daar was 10 skole wat deelgeneem het: Gene Louw, Welgemoed, Van Riebeeckstrand, Table View, Elkanah House, Swellendam, Melkbos Privaat, Vredekloof en Jan van Riebeeck. Baie van die skole het meer as ‘n 1000 leerders. Elke skool kan 4 spanne inskryf en in totaal was daar 38 spanne wat op die dag deelgeneem het. Daar was groot opwinding onder die leerders, alhoewel die senuwees ook hoog geloop het. Ons 4 spanne was:  Owen Wiese, Luja Marx, Cara Swanepoel en Katia van Wyk Emke van Wyk, Kate Mouton, Liza Hertzog en Lea de Ridder Lea Basson, Noah Blomerus, Albert Griesel en Markus de Ridder. Adan Eksteen, Nicolaas Grutter, Sam Ward en Mïlla Joubert. Daar is twee afdelings waar leerders pryse kan wen – die wenspan op die dag en die skool...

Lees Verder

Netwerk24 – Wiskundekompetisie

Netwerk24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad bied elke jaar ‘n wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 aan.  Die kompetisie word aanlyn geskryf en leerders kry 60 min om 20 vrae te voltooi. Daar is groot pryse op die spel. Die wenner ontvang R15000 en R15000 gaan aan die skool. Die top 20 leerders in die Wes-Kaap word uitgenooi om deel te neem aan die finale rondte. Baie geluk aan Luja Marx (graad 7) wat in die top 20 van die Wes-Kaap geeïndig het. Dit is ‘n uitstekende prestasie en ons hou vir haar duimvas vir die finale rondte. Die volgende rondte vind op 29 September...

Lees Verder

SAMF-Wiskunde Olimpiade

Die Wiskunde Olimpiade word regoor Suid-Afrika vanaf graad 4 tot 7 geskryf. Die eerste twee rondtes word by die verskeie skole geskryf en daarna word die top 100 leerders per graad gekies om aan die derde en finale rondte deel te neem. Baie geluk aan Katryn Silvis en Ruben de Ridder (graad 4), Katia van Wyk (graad 6) en Luja Marx (graad 7) wat almal uitgenooi is om aan die finale rondte deel te neem. Dit is ‘n merkwaardige prestasie. Ons is uiters trots op die leerders en ons hou duimvas vir die volgende...

Lees Verder