Skrywer: JvR Sport JvR Sport

Tennisuitslae: 19 Oktober 2022

Ons het Woensdag, 19 Oktober, met vyf spanne teen verskillende skole wedstryde gespeel. Vir sommige van ons spelers was dit hul eerste wedstryd vir die skool. Noord-liga, o.13 Dogters A vs. Eversdal verloor 1-5 [Stella Lamprecht, Klara Maree, Katia van Wyk en Emke van Wyk] Noord-liga, o.13 Seuns A vs. Eversdal verloor 0-6 [Adriaan Wessels, Gustav Pansegrouw, Gustav van der Linde en Johan Symington] Noord-liga, Gemengdespan vs. Koos Sadie wen 0-6 [Rafa Lamprecht, Pierre-Jaque Smit, Anna Louw en Amelie van der Walt] Table View-liga, Gemengdespan 1 vs. Elkanah House Senior verloor 1-5 [Daniel Welgemoed, André Marais, Chanelle van Wyk en Mia Boshoff] Table View-liga, Gemengdespan 2 vs. CBC St John’s wen 2-4 [Jan-Willem Silvis, Annelene Viljoen, Ben Esterhuyse en Elisabet...

Lees Verder

James Marais presteer in fietswedlope.

James Marais (Gr. 4) het 25 September 2022 deelgeneem aan die Western Cape Enduro bergfiets wedren. Hy het die eerste plek behaal in die Nipper Boys kategorie. Die wedren het bestaan uit 3 tydtrajekte wat getel het tot ‘n totale tyd. Die dag uit op die fietse vir hulle was so 18,5km se totale ry, met 720m se totale vertikale klim. In Enduro word deelnemers se tyd geneem vir afdraende trajekte. Ry tussen die trajekte (liaison stages) tel nie tot die totale tyd nie. Deelnemers met die vinnigste totale tyd wen. Op 2 Oktober het James ook deelgeneem aan die “Western Cape Downhill” 4de ronde wat by Zevenwacht aangebied is. Hy het ‘n 4de plek behaal in die Nipper Boys...

Lees Verder

Tenniswedstryde (WEG): 19 Oktober 2022

Al 5 ons spanne speel hierdie die week op verskeie bane. Kyk asb. sorgvuldig na die onderstaande inligting en voltooi die google form. Die spanlyste is in die google form beskikbaar. Noord-liga: Dogters A (Juf Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Dogters A span vs. Eversdal A PLEK: Eversdal Tennisklub VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Noord-liga: Seuns A (Juf Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Seuns A span vs. Eversdal A PLEK: Eversdal Tennisklub VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Noord-liga: Gemengde span (Juf Mariaan Conradie) WEG SPANNE: Noord-liga: Gemengde span vs. Koos Sadie PLEK: Laerskool Koos Sadie VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 1 (Juf Anja Nauta) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 1 vs. Elkanah House Senior PLEK: 24 Valderrama rd. Sunningdale VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 2 (Juf Andri de Villiers) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 2 vs. CBC St John’s PLEK: Sunningdale VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 GOOGLE...

Lees Verder

Swemgala Kenridge: 19 Oktober 2022

Ons neem Woensdag, 19 Oktober 2022, aan Laerskool Kenrdige se aflos- swemgala deel. Van die swemmers gaan verskeie slae swem en ‘n span bestaan uit 2 dogters en 2 seuns. Die span is saamgestel vanuit die uitslae van ons seniorgala wat op Vrydag, 11 Februarie 2022, plaasgevind het. Indien ‘n swemmer nie beskikbaar is nie sal ons die volgende persoon kontak. OUDERDOMME: o.10 ; o.11 ; o.12 ; o.14 PLEK: Laerskool Kenridge VERTREKTYD 13:45 TERUG BY SKOOL: ±17:00 SPORTDRAG: skoolswembroek oranje skool swempet swembrille handdoek skoolsweetpak / LO klere (gemerk) ITEMS: Hierdie is ‘n aflos-gala atlete is gekies volgens die tye van die Kleurgala in 2022. GOOGLE FORM...

Lees Verder

Skaaktoernooi – Dogters: 22 Oktober 2022

WP-skaak bied op Saterdag, 22 Oktober, ‘n skaaktoernooi vir o.7 tot Ope dogters aan. Ouer(s) wat belangstel om hul dogter(s) in te skryf, kan na die PDF-dokument hier onder gaan en die skakel daarin volg om in te skryf. Lees asseblief die inligting in die dokument sorgvuldig deur. Die skool het nie toegang tot die inskrywings nie en versoek dat ouer(s) wat hul dogter(s) inskryf vir juf. Raché Turner (rache@jvrprim.co.za) in kennis sal stel van die inskrywing sodat ons met die skaakafrigters kan reël. Metro Girls 2022...

Lees Verder

o.13 Netbal vs. Personeel

‘n Besige program en konsert gaan beslis nie enige van ons personeel keer om Donderdag hul ninja turtle pakkies of tutus aan te trek nie. Op Donderdag, 29 September, het die personeel drie spanne  saamgestel om teen ons o.13-netbaldogters te speel. Die musiek het gepomp en almal wat vir skool opgedaag het, het om die baan saamgedrom. Almal was gereed vir die kragmeting en die aksie het begin. Ons terreinpersoneel het nie terug gestaan nie en het die o.13 C-span 4 – 2 gewen. ‘n Paar van die graad 7-seuns het ingespring om die spanne vol te maak of in te ruil na halftyd. Die Ninja turtles het daarna die o.13 B-span oortuigend met 10 – 4 gewen. Al brom van die A-span onderwysers dat die skeidsregters te streng was, het hul steeds 7-6 gewen. Baie dankie aan almal wat ondersteun of saamgespeel...

Lees Verder

Tennis leerders word gekies vir Kaapstad Metro Suid-spanne

Baie geluk aan die volgende  Jannies wat vir die Kaapse Metro Suid tennispanne gekies is:  Seuns o.10 Nils le Roux Rafa Lamprecht Seuns o.11 Adriaan Wessels Gustav van der Linde Seuns o.12 Dawid-Wiese Viljoen Johan Symington Dogters o.10 Jeanne van Heerden Stella Pansegrouw Dogters o.11  Ané Swanepoel Stella Zulch (reserwe) Dogters o.12 Stella Lamprecht Klara Maree Die leerders verteenwoordig nou die Suid-span in die Intersone byeenkomste van 15, 16 en 23 Oktober. Baie sterkte aan...

Lees Verder

Atletiekoefeninge gedurende die vakansie

Die leerders wat gedurende die eerste week van ons somerprogram oefeninge bygewoon het, sou sien dat ons nou saam met die Hoërskool se atlete oefen. Dis heerlik om die baan so vol te sien. Die Hoërskool se nuwe afrigter dr. Sors Joubert en sy afrigtingspan gaan gedurende die vakansie voort met oefeninge en nooi ons o.9 – o.13-atlete uit om die sessies by te woon. Dit sal op Maandag, Woensdag en Donderdag om 14:30 by die Hoërskool se sportveld plaasvind.  Atlete kan net aanmeld by die...

Lees Verder

o.13 Weskus Netbaltoer: 23-25 September 2022

Tien netbaldogters het die naweek van 23-25 September hulle sakke gepak en die pad Weskus toe gevat. Die meisies was moeg na die week se konsert en almal het eers ‘n uiltjie geknip om hulle kragte op te bou vir die eerste wedstryde in St Helenabaai. Die slapie was ongelukkig nie genoeg nie en hulle het die eerste wedstryd teen St Helenabaai primêr 9-14 verloor. Na die verloor was almal skielik wakker en wen die volgende wedstryd teen HP Williams 13 – 5. Meneer Lourens het die aand vir almal lekker hamburgers langs Jacobsbaai se waters gebraai. Vrydagaand se spanbousessies het nie te laat aangehou na die week se aktiwiteite nie en almal is vroeg bed toe. Niemand het omgegee om vroeg op te staan toe hulle Saterdagoggend die ontbyt sien wat mnr. Lourens en Gladdys vir hulle voorberei het nie. Met die magies vol en die sakke gepak, was hulle reg vir die vol dag wat voorgelê het by Hoërskool Hopefield. DCAS in samewerking met Weskusnetbal het ‘n dag by die skool aangebied ter viering van die Wêreldbeker Netbal wat in Julie/ Augustus 2023 in Kaapstad aangebied word. Dit was ‘n dag vol opwinding waar ons saam met Hopefield se o.13-span Engeland verteenwoordig het. Ons is met ope arms en baie kos ontvang. Daar was drie stasies die oggend waar Weskus se federasiespelers vaardighede en speletjies met die...

Lees Verder

Somer Buitemuurse Sportprogram: Kwartaal 4

Baie dankie aan alle leerders wat by die onderskeie afrigters aangemeld het om hulle in kennis te stel dat hulle by die spesifieke sportkode betrokke wil raak.  Ons gebruik die bywoningslyste van 12 – 15 September om die kommunikasiegroepe met ouers op te stel. Indien hulle nie aangemeld het nie, moet ouers asb. die betrokke onderwyser by daardie sportkode (sien sportprogram) in kennis stel deur ‘n e-pos met jou kind/ers se naam, van en graad en watter sessie hy / sy gaan bywoon te stuur. Let asseblief daarop dat ons vanaf die 4de kwartaal die klein veldjie by die skool vir die o.7 – o.9 krieketoefeninge gaan gebruik. SWEM: Leerders hoef nie vooraf te registreer vir swemsessies nie, maar ons vra dat ouers/leerders by die oefensessie hou waarby hulle aangemeld het. Sien die buitemuurse program vir kwartaal 4 onderaan: 2022-Buitemuurse-program - Somer...

Lees Verder

Netbaltoernooi o.12 Paarl Gimnasium

Ons o.12 A-span neem vir oulaas aan die o.12 Paarl Gimnasium toernooi deel. Ons sou oorspronklik die B-span ook geneem het, maar met die samestelling van hulle program sou ons kinders saam met baie sterk spanne geplaas gewees het. Ons het ander voorstelle gemaak om die program aan te pas, maar dis nie goedgekeur nie. Ons het hulle dus onttrek. Ons voel dat dit nie vir hulle positiewe blootstelling sou wees nie en hulle eerder die seisoen op ‘n laagte punt sou afsluit. SPANNE: o.12 A PLEK: Hoërskool Paarl Gimnasium, Paarl BUS VERTREK: 11:00 OPENING VAN TOERNOOI: 13:00 WEDSTRYDE BEGIN: 13:30 TERUG BY DIE SKOOL: ± 18:00 GOOGLE FORM...

Lees Verder

Somer Buitemuurse program 12-15 September

Ons versoek dat leerders by die onderskeie afrigters aanmeld om hulle in kennis te stel dat hulle by die spesifieke sportkode betrokke wil raak. Al woon hulle nie die oefeninge gedurende die week van 12-15 September by nie. Ons gebruik die bywoningslyste van die week om die kommunikasie groepe met ouers op te stel. SWEM: Leerders hoef nie vooraf te registreer vir swemsessies  nie, maar ons vra dat ouers/leerders by die oefensessie hou waarby hulle aanmeld. Ons moet steeds die hoeveelheid swemmers per sessie vir almal se veiligheid beperk. Met die vooraf registrasie het dit ongelukkig te veel gebeur dat leerders net nie vir hul sessie opdaag nie. Ons wil graag vir soveel moontlik leerders die geleentheid bied om te swem en hoop dat bywoning in kwartaal 4 beter sal lyk, anders sal ons weer ‘n ander stelsel probeer.  Ons gaan gedurende 12-15 September moontlik ‘n landgebaseerde program volg alles onderhewig aan die weer. NETBAL o.12 en o.13 vir 2023: Daar sal nie Donderdag, 15 September, ‘n oefening wees nie. Die afrigters is by ‘n toernooi betrokke. Leerders wat wil netbal speel moet hul name op die lys buite Juf. Ischké Felix se klas skryf. Sien die buitemuurseprogram onderaan: 2022-Buitemuurse-program - 12-16...

Lees Verder

CTPS Netbal finale: 10 September

Ons o.12 A en o.13 A spanne het hierdie jaar kwalifiseer om aan die CTPS (ou WP) finale deel te neem. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.12 A o.13 A PLEK: Hoërskool De Kuilen, Kuilsrivier BUS VERTREK: 07:00 (Vanaf die skool) TERUG BY SKOOL: Onbekend, uit ervaring weet ons die dag kan baie lank raak en maklik tot 16:00 aanhou. TOEGANG: R 10 per persoon R 20 vir parkering Elke speler moet ‘n afskrif van hul geboortesertifikaat (deur die POLISIE gesertifiseer) en ‘n ID foto teen Donderdag, 8 September, skool toe stuur. Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. GOOGLE...

Lees Verder

BNP Paribas Tennis toernooi: 8-10 September

TSA bied vir die derde jaar die BNP Paribastoernooi aan. Ons het hierdie jaar weer ‘n dogters- en seunspan ingeskryf. Sien die onderstaande inligting en maak seker watter dae jou kind/ers betrokke is. Die seuns begin alreeds Donderdag speel en die dogters eers Saterdag. Voltooi asb. die Google Form.   DAAR WAS VERANDERINGS IN DIE PROGRAM A.G.V. ONTTREKKINGS.   SEUNS afdeling: Donderdag, 8 September.  Geen wedstryde vind meer op Donderdag plaas nie. Vrydag, 9 September  Spanne rapporteer:  14:45 en speel tot dit donker word. Plek: 4 bane by Laerskool Eversdal, Stepping Stones, Eversdal Spanne:  Eversdal  Curro Somerset West A Jan van Riebeeck Hendrik Louw OF Spanne rapporteer:  14:45 en speel tot dit donker word. Plek: Parow Tennis klub, De Grendel Road, Parow North Spanne:  Brackenfell (organiseerder) Curro Durbanville Lochnerhof Three Anchor Bay Die top span van elke perseel speel weer Saterdag, 10 September. Saterdag, 10 September Spanne rapporteer: 7:45 Plek: Hoërskool Bellville, Paratus Ave, Chrismar, Bellville Spanne: Rondebosch Beaumont (onttrek) De Hoop A en B Welgemoed Kenridge SACS (onttrek) Gene Louw 2 spanne van Vrydag Die top 2 spanne van Saterdag, 10 September, kwalifseer om aan die Wes-Kaap toernooi op 18 September deel te neem.   DOGTERS afdeling: Donderdag, 8 SeptemberGeen wedstryde vind meer op Donderdag plaas nie. Vrydag, 9 September (Ons neem nie deel nie) Plek: Parow Tennis Klub, De Grendel Road, Parow North Spanne: Brackenfell (onttrek) Beaumont...

Lees Verder

Rugby 7’s toernooi: 10 September

Op Saterdag, 10 September, bied ons weer die jaarlikse BSC 7’s toernooi vir o.11 en o.13 by die Conradieveld aan. Ons is daarvan bewus dat dit ook die Wêreldbeker 7’s by Groenpunt is en beoog om teen 12:30 klaar te wees met ons dag. Die oefeninge wat gedurende week 8 (5-9 September) plaasvind is slegs vir die spelers wat in die 7’s spanne is. Die oefening van Woensdag, 7 September, sal op die St Micheals veld wees as gevolg van die junior spanne se wedstryde op die Conradieveld. Sien die onderstaande inligting oor Saterdag se 7’s toernooi en voltooi die google form. SPANNE: o.11 o.13 PLEK: Conradieveld TYD:  08:00 – 12:30 GOOGLE FORM...

Lees Verder

Hokkie-, netbal- en rugbywedstryde teen Durbanville Voorbereiding: 7 September 2022

Ons gaan volgende week vir die eerste keer die groot 3 sportkodes op een dag aanpak. Die seuns gaan TUIS speel op die Conradieveld en die dogters gaan WEG speel by Durbanville Voorbereiding. Sien die onderstaande inligting en maak asseblief seker by die o.9 groepe of jou kind hokkie en rugby/netbal speel. SPANNE vir TUIS wedstryde: Rugby o.7 A & B o.8 A & B o.9 A & B Hokkie o.9 A Seuns o.9 B Seuns o.9 C Seuns PLEK: Conradieveld, Varsity straat WEDSTRYDE BEGIN: 14:15 [rugby] en 14:45 [hokkie] Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. GOOGLE FORM PROGRAM   SPANNE vir WEG wedstryde: Netbal  o.7 A, B en C o.8 A, B en C o.9 A, B en C Hokkie o.9 A Dogters o.9 B Dogters o.9 C Dogters PLEK: Durbanville Voorbereiding, Durbanville BUS VERTREK: 13:00 [o.7 – o.8] 13:30 [o.9] BUS TERUG:   ± 16:30 [o.7 – o.8] 17:00 [o.9] GOOGLE FORM...

Lees Verder

Hokkie-uitslae teen Sunningdale: 1 September 2022

Nadat ons die wedstryde weens die weer moes uitstel, het ons seuns- en dogterspanne Donderdag teen Laerskool Sunningdale gespeel. Ons dogters het tuis op die Conradieveld gespeel en die seuns weg by Sunningdale. Die uitslae is as volg: o.9 A Dogters wen 3-0 o.9 B Dogters wen 8-0 o.9 A Seuns wen 4-2 o.9 B Seuns verloor 1-3 o.10 A Dogters wen 7-0 o.10 B Dogters gelykop 1-1 o.10 A Seuns wen 3-0 o.10 B Seuns verloor 1-3 o.11 A Dogters wen 6-0 o.11 A Seuns verloor 0-3 o.12 A Dogters wen 1-0 o.13 A Dogters wen 3-0 o.13 A Seuns wen...

Lees Verder

Skaakwedstryde vriendskaplik: 2 September

Ons laaste vriendskaplike wedstryde vir die kwartaal vind Vrydag, 2 September, teen Herzlia Highlands plaas. Agt van ons senior spelers neem deel. Sien die onderstaande inligting en voltooi die google form. SPAN: 8 spelers PLEK: Herzlia Highlands VERTREKTYD: 14:00 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:30 TERUG BY SKOOL: ±15:15 GOOGLE...

Lees Verder

Hokkiewedstryde Sunningdale: 1 September

Die onderstaande spanne speel Donderdag, 1 September, teen Laerskool Sunningdale. Sien asb. die onderstaande inligting en volg die skakel vir die Google Form om te sien of jou kind /ers deel van die span is. Daar is TUIS en WEG wedstryde. SPANNE vir TUIS wedstryde: Dogters: o.9 A en B o.10 A en B o.11 A o.12 A o.13 A PLEK: Conradieveld, Varsity straat WEDSTRYDE: Begin ± 15:30 PROGRAM GOOGLE FORM   SPANNE vir WEG wedstryde: Seuns: o.9 A en B o.10 A en B o.11 A o.13 A PLEK: Laerskool Sunningdale VERTREKTYD 14:00 (o.9 en o.10) 14:15 (o.11 – o.13) TERUG BY SKOOL: ±17:15 PROGRAM:  15:00 – 15:30 o.9 A Seuns 1/2 baan (links) 15:30 – 16:00 o.9 B Seuns 1/2 baan (middel) 15:00 – 15:30 o.10 A Seuns 1/2 veld 15:30 – 16:00 o.10 B Seuns 1/2 veld 16:00 – 16:30 o.11 A Seuns Volbaan 16:00 – 16:30 o.13 A Seuns Volveld GOOGLE...

Lees Verder