Skrywer: JvR Sport JvR Sport

Tenniswedstryde: 9 November 2022

Vyf van ons spanne neem Woensdag, 9 November, aan tenniswedstryde TUIS en WEG deel. Kyk asseblief sorgvuldig na die onderstaande inligting en voltooi die google form. Die spanlyste is in die google form beskikbaar. Noord-liga: Dogters A (Juf Izel Storm) TUIS SPANNE: Noord-liga: Dogters A span vs. Kenridge A PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 (Sodra skool arriveer) Noord-liga: Seuns A (Juf. Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Seuns A span vs. Kenridge A PLEK: Laerskool Kenridge, Baan 1,2 en 3 VERTREKTYD: 14:30 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:45 Noord-liga: Gemengde span (Juf Marianne Conradie) WEG SPANNE: Noord-liga: Gemengde span vs. Aristea PLEK: Laerskool Aristea, Kraaifontein VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 1 (Juf Andri de Villiers) TUIS SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 1 vs. CBC St John’s Seunsspan PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 (Sodra skool arriveer) Table View-liga: Gemengde JVR 2 (Juf Mardry Wright) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 2 vs. VRS Seuns PLEK: Laerskool Van Riebeeckstrand, Drommedarisstraat, Melkbosstrand VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 GOOGLE...

Lees Verder

Atletiek: Bredasdorp Top 10

Nege van ons atlete het Vrydag, 28 Oktober, deelgeneem aan die Bredasdorp Top 10 byeenkoms nl. Albert Griesel, Sophia Liebenberg, Helene Greeff, Jean Petrie, Liza Hitge, Sebastian Senekal, Delmar Benecke en Sofia Newton. Daar was ongeveer 60 spanne van 34 verskillende skole wat deelgeneem het. Dit beteken dat daar meer as 500 atlete by die byeenkoms was. Ons atlete het baie goed presteer. Die volgende atlete het onder die top 8 posisies geeïndig vir hul onderskeie items: Albert Griesel: 800m en 1500m Sophia Liebenberg: Verspring en spiesgooi Helene Greeff: 400m Jean Petrie: 400m Liza Hitge: Hoogspring Delmar Benecke: 1200m Die byeenkoms word in twee afdelings verdeel, skole groter as 600, en skole kleiner as 600. Tydens die byeenkoms neem skole van albei groepe teen mekaar deel. Skole se posisies aan die einde van die byeenkoms word bepaal deur die punte wat aan atlete volgens die ASA-puntestelsel toegeken word. Punte word slegs toegeken aan die top 8 posisies per item. Ons span het algeheel 22ste uit 53 spanne geëindig en 8ste van 21 skole kleiner as...

Lees Verder

Tennis: Dawid-Wiese en span wen goud!

Op 8 en 9 Oktober het Dawid-Wiese Viljoen die o.12 A WP-span by die Synergy Cup in Robertson verteenwoordig. Hulle span het met 98 punte goud gewen, die Cavaliers het met 72 punte die 2de plek beklee en die Eagles met 37 punte die 3de plek. Dawid-Wiese is ook as die Players Player of the Tournament aangewys. Baie geluk...

Lees Verder

o.11 en o.13 Westman-tennistoernooi

Op Vrydag, 21 Oktober, het die Jannies-bus vroegoggend na Ceres vertrek met die o.11-seuns en -dogters tennisspan vir die jaarlikse Westman-tennistoernooi. Ons het almal by ‘n gastehuis oorgebly. Beide seuns- en dogtersspanne is in die A-liga ingeskryf. Ons het elkeen 10 wedstryde gespeel oor die twee dae. Dit was maar ‘n moeilike paar wedstryde vir die dogters, maar ons het deur die hitte ons beste gegee en ‘n hele paar wedstryde gewen. Die seuns het egter skoonskip gemaak en 2de plek behaal. Hulle het met net ‘n punt of twee eerste plek gemis, so ons is vreeslik trots op hulle! Die naweek was vet pret! Ons tennis Jannies het vreeslik baie gees gehad en ons naam hoog gehou! Baie, baie dankie aan die onderwysers en ouers wat hierdie naweek moontlik gemaak het. ‘n Spesiale dankie aan juffrou Anja wat so mooi na ons gekyk het en ons ondersteun het. Geskryf deur Stella Pansegrouw Ons het ‘n baie lekker naweek in Ceres gehad. Vrydagaand het ons Spur toe gegaan en daarna het ons in die koshuis geslaap. Die meisies het deur die loop van die naweek 9 wedstryde gespeel en die seuns 10. Tussendeur al die kuier het ons ook die geleentheid gehad om baie van mekaar te leer. Ons is ook baie trots op beide van ons spanne wat tweede in die onderskeie B-ligas geëindig het. Geskryf deur Katia...

Lees Verder

o.13 Krieketwedstryd: 3 November 2022

Ons wedstrydbepalings wat ons ontvang het, het bepaal dat ons teen Reddam House Atlantic Seaboard moes speel. Hulle het ongelukkig nie ‘n span vir ons nie. Kampsbaai het ook ‘n span gehad wat gekanselleer het so ons gaan dus Donderdag, 3 November, teen hulle ‘n wedstryd speel. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.13 A vs. Kampsbaai PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:00 GOOGLE...

Lees Verder

Krieketuitslae: 26 Oktober 2022

Ons o.11 A-krieketspan het Woensdag, 26 Oktober, teen Herzlia Highlands met 22 lopies gewen. Die o.11 B-span het teen Groote Schuur tuis gespeel en met 3 lopies gewen. Stephan Holtzhausen het 45 lopies vir die B-span aangeteken. Baie geluk aan hierdie...

Lees Verder

Swemgala: 4 November 2022

Ons het in verlede week se nuusbrief ons voorlopige span vir hierdie aflosgala geplaas. Baie dankie aan almal wat reeds vir ons in kennis gestel het dat hul kind/ers nie beskikbaar sal wees nie. Ongelukkig het ons nie genoeg swemmers by al die slae om ‘n span vol te maak nie. Die volgende oplossing is om jonger spelers te gebruik om spanne vol te maak. Sommige swemmers sal dus meer as een keer dieselfde slag swem. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form teen Maandag, 31 Oktober, om 09:00. Ons sal daarna besluit of ons steeds gaan voortgaan met ons deelname aan die gala.  OUDERDOMME: o.10 o.11 o.12 o.14 PLEK: Laerskool Kenridge VERTREKTYD 13:15 TERUG BY SKOOL: ±17:30 ITEMS:  Vryslag / Freestyle relays (4 x 50m) Borsslag / Breaststroke relays (4 x 50m) Vlinderslag / Butterfly relays (4 x 25m) Wisselslag / Medley relays (back, breast, fly, free) (4 x 50m) Leertjieaflos / Ladder relay (U/10-U/14) (4 x 50m) GOOGLE FORM  ...

Lees Verder

Tennis o.12-dogters neem goud!

Twee van ons o.12 dogters het die afgelope naweek deel van die Intersone Suidelike span gevorm wat teen spanne van die ander sones moes kompeteer. Stella Lamprecht en Klara Maree het saam die res van hul spanmaats die toernooi gewen en verseker dat Suid-sone met die goud wegstap. Hulle het in die 3 rondes 101 punte aangeteken. Sentrale sone het die naaste aan hulle gekom met slegs 93 punte. Stella het ook vir elke lid van die span ‘n armband gemaak. Welgedaan, meisies! Ons is ongelooflik trots op julle spel en...

Lees Verder

Tenniswedstryde: 2 November 2022

Al vyf ons spanne speel Woensdag, 2 November, op verskillende plekke wedstryde.  Kyk asseblief sorgvuldig na die onderstaande inligting en voltooi die google form. Die spanlyste is in die google form beskikbaar. Noord-liga: Dogters A (Juf Anja Nauta) TUIS SPANNE: Noord-liga: Dogters A span vs. Curro Durbanville A PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Noord-liga: Seuns A (Juf. Andri de Villiers) WEG SPANNE: Noord-liga: Seuns A span vs. Curro Durbanville A PLEK: Curro Durbanville Primary VERTREKTYD: 14:30 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 16:00 Noord-liga: Gemengde span (Juf Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Gemengde span vs. Laerskool Brackenfell PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck VERTREKTYD: 13:45 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 14:45 Table View-liga: Gemengde JVR 1 (Juf Izél Storm) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 1 vs. Van Riebeeckstrand dogters PLEK: Laerskool Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 2 (Juf Mardry Wright) TUIS SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 2 vs. Blouberg Internasionaal Seuns UITGESTEL NA Dinsdag, 15 November  GOOGLE...

Lees Verder

o.9 Krieketwedstryde: 1 November 2022

Ons o. 8 A span begin volgende week met hul eerste mini-krieketwedstryde. Slegs die o.9 A span speel saam met die o.8 A span teen Kampsbaai. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. Dinsdag, 1 November 2022 (WEG) SPANNE: o.8 A o.9 A PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck klein skoolveldjie. WEDSTRYDE BEGIN: ±14:15 TERUG BY SKOOL: ±16:00 GOOGLE...

Lees Verder

o.11 Krieketwedstryde: 2 November 2022

Die o.11 A en B spanne speel beide op Woensdag, 2 November, wedstryde teen verskillende skole.  Sien asseblief die onderstaande inligting en voltooi die google form.  Woensdag, 2 November 2022  SPAN: o.11 A vs. Welgemoed (TUIS) PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE FORMS SPAN: o.11 B vs. Kampsbaai (WEG) PLEK: Symmonds veld, Kampsbaai VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY...

Lees Verder

Tennisuitslae: 26 Oktober 2022

Ons het Woensdag, 26 Oktober, met vier spanne teen verskillende skole wedstryde gespeel. Die uitslae was soos volg: Noord-liga, o.13-dogters A vs. Durbanville A verloor 2-4 [Stella Lamprecht, Klara Maree, Jeanne van Heerden en Katia van Wyk] Noord-liga, o.13-seuns A het ‘n BYE gehad Noord-liga, Gemengdespan vs. Curro Brackenfell wen 6 – 0 [Gustav Pansegrouw, Johan Symington, Ané Swanepoel en Stella Pansegrouw] Table View-liga, Gemengde span 1 vs. Blouberg Ridge wen 6 – 0 [Rafa Lamprecht, Anna Louw, Daniel Welgemoed en Cara Swanepoel] Table View-liga, Gemengde span 2 vs. Table View wen 1-5 [Liza Hertzog, Pierre-Jaque Smit, Emke van Wyk en André...

Lees Verder

Tenniswedstryde: 26 Oktober 2022

Vier van ons spanne speel hierdie week wedstryde. Kyk asseblief sorgvuldig na die onderstaande inligting en voltooi die google form. Die spanlyste is in die google form beskikbaar. Noord-liga: Dogters A (Juf Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Dogters A span vs. Durbanville A PLEK: Laerskool Durbanville VERTREKTYD: 14:30 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 16:00 Noord-liga: Seuns A- BYE Noord-liga: Gemengde span (Juf Mariaan Conradie) TUIS SPANNE: Noord-liga: Gemengde span vs. Curro Brackenfell PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 1 (Juf Mariaan Conradie) TUIS SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 1 vs. Blouberg Ridge PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 2 (Juf Mardry Wright) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 2 vs. Table View PLEK: Laerskool Table View VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 GOOGLE...

Lees Verder

o.9 Krieketwedstryde: 25 Oktober 2022

Ons begin volgende week met ons mini-krieketwedstryde en beide spanne gaan teen Herzlia Highlands speel. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. Dinsdag, 25 Oktober 2022 SPANNE: o.9 A o.9 B PLEK: Sarah Bloch: 189 Buitenkant St, Vredehoek, Cape Town, 8001 VERTREKTYD: 13:45 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:15 TERUG BY SKOOL: ±16:00 GOOGLE...

Lees Verder

o.11 Krieketwedstryde: 26 Oktober 2022

Die o.11 A en B spanne begin volgende week met hul eerste wedstryde vir die seisoen. Sien asseblief die onderstaande inligting en voltooi die google form.  Woensdag, 26 Oktober 2022 SPAN: o.11 A vs. Herzlia Highlands (WEG) PLEK: Van Riebeeck sports field: 11 Chapel Rd, Vredehoek VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:45 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE FORMS SPAN: o.11 B vs. Groote Schuur (TUIS) PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE...

Lees Verder

Jannies woon Varsity Cup netbalfinale by: 17 Oktober 2022

Maties wen 68 – 55 teen NWU.  Dit is darem naby. Maandag, 17 Oktober, het ons wonderlike onderwysers ons na die Maties vs. NWU Varsity Cup netbalfinale in Stellenbosch geneem.   Hierdie vroues speel verskriklik goed en ons het duidelik nog baie om te leer. Ons en die 0.13’s was gelukkig genoeg om hierdie intense wedstryd in lewende lywe te sien.   Halftyd het ek en Emma aan ‘n doelskiet-kompetisie teen 2 ouer meisies deelgeneem. Dit het maar moeilik gegaan, maar Emma het gewen! Ons is almal baie trots op haar. Na die wedstryd kon ons afgaan en die spelers se handtekeninge op ons sakke kry! Dit is ‘n oomblik wat ons almal sal onthou.   Op pad terug huis toe het ons by McDonald’s gestop en McFlurries gekry! Ons is so dankbaar vir ons juffrouens vir hierdie onvergeetlike ervaring.   Geskryf deur Carmen Barnard (o.12-Speler)   Baie dankie aan al ons ouers wat gehelp het om kaartjies te koop voordat alles uitverkoop is asook die onderwysers (juf. Ischké en Shahneé Felix, Heidré Ehlers, Sharon Mabena, Razelle en Leon Hanekom) wat ons spelers vergesel het. Dit sal verseker ‘n aand wees wat hulle vir baie jare sal...

Lees Verder

Nina Lubbe verwerf haar swartbelt

Nina Lubbe is uitgenooi om by die Wêreld Goju Kai Hoofkwartiere in Japan haar swartbeltgradering vanaf  1 – 10 Oktober te doen. Hierdie gradering word deur die hoogste gegradeerde Japanese Karate Meester van die Legendariese Yamaguchi familie, wat terugdateer tot die 19de eeu, gedoen. Sy het tydens hierdie gradering haar eerste volle swartbelt ontvang. Sy het Maandag, 17 Oktober, by haar dojo haar swartbelt ontvang en word nou internasionaal erken en geregistreer in Japan as ‘n 1st Dan (‘n Shodan). Baie geluk, Nina, ons is onsettend trots op...

Lees Verder

Swemgala: 4 November 2022

Op Vrydag, 4 November, neem ons weer by Laerskool Kenridge aan ‘n swemgala deel. Die formaat van hierdie gala gaan effens anders wees as die een waaraan ons op Woensdag, 19 Oktober, deelgeneem het. Die gala in November se program het langer afstande en die dogters en seuns sal apart deelneem. Die program bevat die volgende items vir dogters en seuns: Vryslagaflos / Freestyle relays (4 x 50m) Borsslagaflos / Breaststroke relays (4 x 50m) Vlinderslag / Butterfly relays (4 x 25m) Wisselslag (rug, bors, vlinder en vryslag) / Medley relays (back, breast, fly, free) (4 x 50m) Leeraflosse / Ladder relay (U/10-U/14) (4 x 50m) Ons het voorlopig ‘n span saamgestel om te kyk of ons as span kan saam oefen.  Die span is weer volgens die uitslae van die Senior swemgala van Februarie saamgestel. Indien enige iemand aan die gala wil deelneem, maar nie in die span is nie, moet hulle ‘n vinniger tyd as die nommer 4 swemmer van die betrokke slag kan swem. Leerders wat belangstel en ‘n vinnger tyd kan opstel moet met Juffrou Bibi Janse van Rensburg (bibi@jvrprim.co.za) of Juffrou Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) kontak maak teen Dinsdag, 25 Oktober. Ons sal dan reël dat hy/sy teen die ander swemmers uitswem indien dit nodig...

Lees Verder

Atletiek, Bredasdorp Top 10: 28 Oktober 2022

Tien van ons atlete gaan op Vrydag, 28 Oktober aan Bredasdorp se Top 10 atletiekbyeenkoms deelneem. Voltooi asb die google form. PLEK: Hoërskool Bredasdorp grasveld, Bredasdorp TOEGANG: R 10 (Ons wag nog vir finale bevestiging) BUS VERTREKTYD: 09:00 BYEENKOMS BEGIN: 13:00 TERUG BY SKOOL: ± 20:30 Pak asb. vir atlete iets vir die pad in ons sal stop sodat hulle vir hulle iets kan koop. Die skool sal aandete voorsien. GOOGLE FORM PRORAM...

Lees Verder