Skrywer: JvR Sport JvR Sport

2023 CT (ou WP) Tennisspanne

Verskeie van ons tennisspelers het reeds in September aan die onderskeie proewe rondes / toernooie begin deelneem om dan uiteindelik vir die Cape Town Schools Tennis spanne vir 2023 gekies te word. Baie geluk aan al ons spelers en hul ouers. Dit het baie ure se opoffering en rondry geverg. o.11-Seuns: Nils le Roux Rafa Lamprecht o.11-Dogters: Stella Pansegrouw Jeanne van Heerden o.12-Seuns Adriaan Wessels Gustav van der Linde o.13-Seuns Dawid-Wiese Viljoen o.13-Dogters Stella Lamprecht Vier van ons oud-leerders is ook vir hul onderskeie spanne gekies. Baie geluk aan Fredrich Erasmus (o.15), Sebastian Maree (o.15), Mia Symington (o.15) en Peet Karsten (o.17 + o.19...

Lees Verder

Buitemuurse program vir 2023

Daar is heelwat veranderinge wat beplan word vir die nuwe program as gevolg van gr. 1 – 3 se aangepaste uitkomtye en nuwe onderwysers wat by ons aansluit. Ons sal die program ‘n bietjie later op die webtuiste laai en ouers in kennis stel sodra dit beskikbaar is. Gaan loer gerus solank na die kalender met al die datums vir toernooie en sportdae wat reeds gelaai...

Lees Verder

Atletiekuitslae van 7 & 9 Desember 2022

Ons was weer bevoorreg om hierdie jaar twee ongelooflike lekker dae se atletiek te hê. Die weer het fantasties saamgespeel op beide dae. Die Blouspan het as algehele wenners vir die dag weggestap met 1789 punte. Die Oranjespan was nie ver agter nie en het 1783 punte vir die dag aangeteken. Die Oranjespan het wel die aflosbeker vir die dag gewen. Baie geluk ook aan die Blouspan wat die geesbeker gewen het. Die volgende leerders is aangewys as die Victor en Victrix Ludorums vir die byeenkoms: Junior seun: Rafa Lamprecht (o.10) Junior dogter: Cato Terblanche (o.10) Senior seun: Dawid-Wiese Viljoen (o.13) Senior dogter: Klara Steyn (o.13) Ons glo dat Sophia Liebeneberg se prestasies vir die dag en haar jare by die skool spesiale meelding verdien. Sy het vir oulaas 4 rekords by hierdie jaar se byeenkoms aangeteken en spog nou met 13 rekords op ons Kleurebyeenkomslys. Atlete wat in die top 2 posisies vir baanitems en eerste posisie vir velditems geëindig het, kwalifiseer nou om deel van die Interskolespan vir 2023 te vorm.  Die uitslae is ongelukkig te groot vir een PDF dokument. Let daarop dat daar twee dokumente is. Des 2022-Finale uitslae 1 Des 2022-Finale uitslae...

Lees Verder

Atletiek: Baanitems, 9 Desember 2022

VRYDAG, 9 Desember 2022: gr. 1-7 by Hoërskool Kampsbaai 07:15 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:45) Die optog begin om 07:15 Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool aflaai en optel. Parkering is beperk en ons versoek dat ouers wat die dag wil kom kyk asseblief van rygeleenthede gebruik maak. Daar sal nie die oggend ‘n bus wees wat leerders na die veld vervoer nie. Leerders kan na afloop van die dag weer by die veld opgetel word. Leerders wat nasorg toe moet gaan, sal met ‘n bus terug skool toe geneem word. ITEMS: 07:30 – 14:10: 1500m, 1 200m, 800m, Naellope en Hekkies (gr. 1 – 7) Onder 8 [80m + 400m + 800m] Onder 9 [80m + 400m + 800m] Onder 10 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m] Onder 11 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m] Onder 12 [75m HEKKIES + 150m HEKKIES + 100m + 150m + 1 200m] Onder 13 [75m / 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m] OPE [80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m] Leerders moet tot aan die einde van die dag bly. Daar sal aan die einde van die dag AFLOS-items wees. Ouers is welkom om ook ‘n span in te skryf. Kontak gerus vir Andries Viljoen (andries.viljoen@gmail.com) indien...

Lees Verder

Atletiek: Velditems, 7 Desember 2022

WOENSDAG, 7 Desember 2022: gr. 3 – 7 by Hoërskool JvR Sportvelde 07:45 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:30) Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool se sportveld aflaai en optel. Indien dit nie moontlik is nie, moet leerders soos op ‘n normale skooldag by die Laerskool afgelaai word en kan dan weer aan die einde van die dag by die Laerskool opgetel word. Die Steyntjie-bus sal leerders tussen die veld en skool vervoer. VELDITEMS: o.10 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring] o.11 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring] o.12 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring + Spiesgooi + Diskus] o.13 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring + Spiesgooi + Diskus] OPE [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring + Spiesgooi + Diskus] Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hul onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES” NIE! Gr. 3 – 7-leerders wat nie deelneem nie, dra skoolklere. Toeskouers is welkom om die dag te kom kyk. Gr. 1 & 2 HET ‘N NORMALE SKOOLDAG. 2022-VELDNOMMERS program - 7...

Lees Verder

Atletiek: 7 en 9 Desember 2022

Hiermee meer inligting rakende die Kleure-atletiekbyeenkoms wat op 7 & 9 Desember plaasvind. Op 7 Desember gaan leerders van gr. 3 – 7 by die atletiek wees as deelnemers of toeskouers. Toeskouers kan in skoolklere geklee wees. Op 9 Desember gaan alle leerders by die atletiek wees as deelnemers of toeskouers. Atlete gaan in hul ouderdomsgroepe soos vir 2023 deelneem. Hierdie byeenkomste is om vir leerders die geleentheid te gee om teen mekaar te kan kompeteer en ons Interskole span vir 2023 vroegtydig te identifiseer, maar op die einde van die dag bly die KIND / ATLEET die BELANGRIKSTE. Die atletiekbyeenkoms vind oor 2 dae plaas. Slegs sekere ouderdomsgroepe is op die onderskeie dae betrokke. Die ouer deelnemers (o.10 – Ope vir 2023) se byeenkoms vind oor 2 dae plaas. Die eerste dag (Woensdag, 7 Des.) vind velditems plaas en hulle mag aan ALLE ITEMS in hul ouderdomsgroep deelneem. Die 2de dag (Vr., 9 Des) is net baanitems en atlete mag weereens aan ALLE ITEMS in hul ouderdomsgroep deelneem. Die fokus is op MASSA DEELNAME, m.a.w. die kleurgroepe word beloon vir elke atleet wat aan elke item deelneem. Al eindig hul laaste is dit ‘n punt vir sy/haar span. 7 Desember 2022: Velditems Gr. 3 – 7 (o.10 – Ope vir 2023) by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportveld. 9 Desember 2022: Baanitems Gr. 1 – 7 (o.8 –...

Lees Verder

Atletiek- en swemoefening tydens die eksamen

Gedurende die eksamentyd gaan ons vir die gr. 3 – 6-leerders die geleentheid bied om steeds aan atletiek- en swemoefeninge deel te neem. Hierdie sessies is slegs vir leerders wat dit graag wil bywoon.  Leerders wat nie hul kant bring nie, sal terug na hul klasse gestuur word. Ons gaan dit nie vir gr. 1 en 2-leerders beskikbaar maak nie omdat hulle die meeste van die dag aan assesserings spandeer. Die gr. 7-leerders het ook baie ander finale take wat afgehandel moet word daarom dat hulle ook nie onttrek sal word nie. Voltooi asseblief die google form indien jy wil hê jou kind(ers) moet aan die sessies deelneem. Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word. Atletiek- en swemoefeninge: 12:00-13:15 direk na tweede pouse op agterste sportveld / swembad. Atletieksessies sal meestal op die sportveld by die skool plaasvind. Ons sal leerders vir enkele oefeninge na die Hoërskool se velde met busse aan ry. Dinsdag, 22 Nov: gr. 5 en 6 (Baanitems) Woensdag, 23 Nov: gr. 3 en 4 (Baanitems) Donderdag, 24 Nov: gr. 5 en 6 (Velditems) Vrydag, 25 Nov: gr. 3 en 4 (Velditems) Maandag, 28 Nov: gr. 5 en 6 (Baanitems) Dinsdag, 29 Nov: gr. 3 en 4 (Baanitems) Woensdag, 30 Nov: gr. 5 en 6 (Velditems) Donderdag, 1 Des: gr. 3 en 4 (Velditems) GOOGLE FORM  ...

Lees Verder

Uitstaande Sportklere

Alle atletiek-, krieket-, rugby- en netbalklere wat by die sportkantoor geleen is, moet asseblief skoon aan die sportkantoor terugbesorg word. Ons wil graag voorraadopname afhandel.

Lees Verder

Chrystal wen goud op die ys!

Op Saterdag, 12 November, het die eerste Interklub Ysskaats Kompetisie by Grand West sedert die begin van Covid plaasgevind. Een van ons leerders, Chrystal Conradie (graad 6), wat al vanaf 3 jarige ouderdom by die Junior Blades ysskaats, het deelgeneem. Sy het ‘n goue medalje in die graad 6-afdeling teen die Black Panters verower. Baie geluk, Chrystal. Ons is baie trots op...

Lees Verder

o.8 Krieketwedstyryde: 15 November 2022

Ons o.8 A en B spanne speel Dinsdag, 15 November, hul laaste wedstryde vir die jaar. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. Dinsdag, 15 November 2022, WEG: SPANNE: JvR o.8B vs CBPS o.8A JvR o.8A vs CBPS o.9A PLEK: Symmondsveld, Kampsbaai VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:45 TERUG BY SKOOL: ±16:00 GOOGLE...

Lees Verder

o.9 Krieketwedstryde: 15 November

Ons o.9 A en B spanne speel Dinsdag, 15 November, hul laaste wedstryde vir die jaar. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. Dinsdag, 15 November 2022, WEG: SPANNE: o.9 A o.9 B PLEK: Laerskool Kronendal, Houtbaai VERTREKTYD: 13:45 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:30 TERUG BY SKOOL: ±16:00 GOOGLE...

Lees Verder

o.11 Krieketwedstryde: 16 November 2022

Ons speel Woensdag, 16 November, ons laaste wedstryde vir die jaar. Sien die onderstaande inligting en volg die skakel om die google form te voltooi. o.11 A vs. Rondebosch Oos, TUIS (Juf Ischké Felix) PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 o.11 B vs. Kampsbaai, WEG (Juf. Sharon Mabena) PLEK: Symmondsfield, Camps Bay VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE...

Lees Verder

Tennisuitslae: 9 November 2022

Ons het Woensdag, 9 November, met vyf spanne teen verskillende skole wedstryde gespeel. Die uitslae was soos volg: Noord-liga, o.13-dogters A vs. Kenridge verloor 1-5 [Stella Lamprecht, Klara Maree, Katia van Wyk en Stella Zulch] Noord-liga, o.13-seuns A Kenridge verloor 1-5 [Adriaan Wessels, Johan Symington, Gustav Pansegrouw en Nils le Roux] Noord-liga, Gemengdespan vs. Aristea wen 5-1 [Jan-Willem Silvis, Amelie van der Walt, Anna Viljoen en Francois Boshoff] Table View-liga, Gemengde span 1 vs. CBC Seuns wen 4-2 [Rafa Lamprecht, Daniel Welgemoed, Anna Louw en Elisabet Marais] Table View-liga, Gemengde span 2 vs. Van Riebeeckstrand seuns verloor 2-4 [André Marais, Pierre-Jaque Smit, Liza Hertzog en Emke van...

Lees Verder

o.11 en o.12-Netbaloefengroep besoek Elandsrus

Ons o.12 en o.13-netbaloefengroep het die naweek van 4-6 November 2022 by Patrys van der Merwe se plaas, Elandsrus, buite Drie Susters gaan kuier. Gedurende die naweek het hulle hul netbalvaardighede en kennis opgeskerp. Hier volg van hulle terugvoer oor die naweek: Wat ‘n voorreg! Die opwinding het begin toe ons vroeg Vrydagoggend die skool verlaat het. Almal was so opgewonde oor die toer. Ons almal was reg, met ons nekkussings wat om ons nekke hang en al ons groot, swaar sakke. Toe ons by die plaas kom, het ons al ons sakke in die gastehuis neergesit. Die eerste baansessie het begin. Ons het heerlike kos daardie aand geëet! Daai aand kon ons nie regtig so laat wakker bly nie, want die volgende dag sou ‘n baie lang dag vir ons wees. Saterdag het ons die dag met ‘n baansessie afgeskop. Raai wie was ons afrigter… ‘n oud-Protea Netbalspeler, Tannie Patrys. Ons het drie baansessies gehad, maar tussendeur het ons die lekkerste aktiwiteite gedoen. Ons het in ‘n plaasdam geswem, in die spanne opvoerings gedoen en teiken gaan skiet. Almal het gesê ons gaan veldfokus gaan doen en dat daar mooi blomme gaan wees. Saterdagaand het ons ons konserte opgevoer en ander lekker speletjies gespeel. Daardie aand het ons lekker laat gaan slaap, want op Sondag het ons net een baansessie gehad. Sondag was dit die prysuitdeling. Daarna het...

Lees Verder

Atletiekkliniek: 26 November 2022

George (Sors) Joubert en sy span gaan op Saterdag, 26 November 2022, by Laerskool Kampsbaai ‘n atletiekkliniek vir enige belangstellende atlete teen R350 p.p. aanbied. Die sessies gaan in twee afdelings verdeel word: tegniek en basiese toepassings / beweging. Enige iemand wat belangstel kan die kliniek bywoon. Voltooi die Google Form om in te skryf. Saterdag, 26 November 2022 PLEK: Symmondsveld, Kampsbaai TYD: 09:00 – 13:00 Afrigterspan vir die dag: Sprints: Henricho Bruintjies Suid-Afrikaanse Sprinter (100 m 9.97 sek.) Hoogspring: Jess Perez Suid-Afrikaanse Tienkampatleet – African Medallist Biomeganika: Dr GF Joubert Ex Suid-Afrikaanse atleet, Hoof van Sprints / Hekkies afrigter by Stellenbosch Universiteit Hekkies: Abri van Heerden ASA Vlak 2 afrigter, Hekkiesafrigter by Paarl Gym/Impossible Athletics Academy Gewigstoot / Spiesgooi:  Muller Joubert ASA Vlak 2 afrigter, – Gooiafrigter by La Rochelle Verspring: Keanan Watson Ex Suid-Afrikaanse atleet, Wes-Kaapse Unitversiteit GOOGLE...

Lees Verder

James Marais wen brons medalje by bergfietskompetisie

James Marais (Gr. 4) het Sondag, 6 November 2022, aan die Western Cape Downhill Champs bergfietskompetisie te Hellsend Dirt Compound (Vuurberg) buite Stellenbosch deelgeneem. Hy het ‘n derde plek in die Nipper Boys kategorie behaal. Die resies het bestaan uit oefen rondtes Saterdag, ‘n kort oefensessie Sondagoggend, een afrit om die begin volgorde van die resies te bepaal en die afdraende resies later die Sondag. Baie geluk met jou medalje,...

Lees Verder

o.11 Krieketwedstryde: 9 November 2022

Ons o.11 spanne speel Woensdag, 9 November 2022, teen Golden Grove en Rosebank wedstryde. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. o.11 A-SPAN (Juf Ischké Felix) WEG SPAN: o.11 A vs. Golden Grove PLEK: Golden Grove Primary school, Stuart Road, Rondebosch VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 o.11 B-SPAN (Juf Sharon Mabena) TUIS SPAN: o.11 B vs. Rosebank PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE...

Lees Verder

o.13 Krieketwedstryde: 10 November 2022

Ons o.13-span speel Donderdag, 10 November, ‘n wedstryde teen Laerskool Groote Schuur. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.13 A vs. Groote Schuur PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:00 GOOGLE...

Lees Verder

o.8 en o.9 Krieketwedstryde: 11 November 2022

Ons o.8 A en o.9 A spanne neem Vrydagmiddag aan Durbanville Voorbereiding se Day/Night Cricket Festival deel. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.8 A o.9 A PLEK: Durbanville Krieketklub in Sport straat (oorkant Durbanville Golfbaan) VERTREKTYD: 15:30 WEDSTRYDE BEGIN: ±17:00 TERUG BY SKOOL: Ouers moet asseblief self leerders terug bring of met ‘n maat reël. Daar is nie vervoer terug beskikbaar nie. Indien dit ‘n groot probleem is kan ouers kontak maak met die sportkantoor. GOOGLE...

Lees Verder

o.8 en o.9 Krieketwedstryde: 8 November 2022

Die onderstaande spanne speel Dinsdag, 8 November, wedstryde. Die o.9 A & B spanne speel teen Llundudno en die o.8 A-span speel teen Seepunt se o.9’s. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.8 A vs. Sea Point o.9 A en o.9 B vs. Llundadno PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck veldjie by die skool WEDSTRYDE BEGIN: ±14:15 (Sea Point) 14:30 (Llundando) GOOGLE...

Lees Verder