Skrywer: Helecia Groenewald

Kooroptrede by Kunstekaapteater

Alle koorlede ( Junior- en Seniorkoor) gaan Maandagmiddag 27 Augustus van 13:00 – 15:00 na die Kunstekaapteater vir ‘n oefening vir die aand se optrede by die Skole Musiekfees (Schools Arts Festival) Alle leerders sal weer om 15:00 na die skool teruggebring word. Koorlede moet dan weer om 18:00 by die teater aanmeld , netjies geklee in winterskooldrag , soos in vorige kommunikasie beskryf. Die program behoort teen 21:30 klaar te wees. Eet asb voor die tyd. Geen kos word saamgebring nie, slegs ‘n boek om te lees. Kaartjies is by Computicket te...

Lees Verder

Kunstekaap: Kooroptrede 27 Augustus

Alle koorouers neem asb kennis van die volgende reëlings: Op 27 Augustus , wanneer albei ons kore die aand aan die Skole Musiekfees deelneem, sal alle koorlede om 13:00 per bus na die Kunstekaap vervoer word. Ons oefentyd daar sal teen 15:00 klaar wees. Alle leerders sal dan weer terug skool toe geneem word. Indien ouers hulle by die Kunstekaap wil kom haal, sal hulle net op die presensielys moet afteken. Alle koorlede moet klaar eet voor hulle die aand daar aankom. Bring slegs ‘n boek om te lees terwyl ons wag, geen speletjies of waardevolle artikels nie. Alle koorlede moet om 18:00 terug by die Kunstekaapteater wees, geklee in netjiese winterskooldrag: Seuns: Lang grys broek, grys sokkies, swart skoene, wit langmouhemp en skooldas. Dogters: Donkerblou skoolromp, wit langmouhemp, skooldas, dik swart lang kouse, swart skoene , hare in 2 bokstertjies langs die gesig met oranje en blou gestreepte lint ( by juf Groenewald te kry of by die klerebank). Die verrigtinge begin om 19:00 en sal teen ongeveer 21:30 klaar wees. Alle koorlede wat na afloop van hulle optrede afgehaal word, MOET eers by juf Groenewald of mnr Ben uitteken. Enige ouers wat bereid is om met toesig te help, kontak asb vir juffrou Groenewald. Dit sal baie waardeer word aangesien dit ‘n groep van 150 leerders is. Kaartjies is by Computicket te koop onder Skole Musiekfees. Enige...

Lees Verder

Musiek: Unisa uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend presteer het in die Unisa klaviereksamens: Linden Murray: Klavier Graad 1 – 87% Jan Murray: Klavier Graad 2 – 84% Nicholas de Jong: Klavier Graad 2 – 90% Gabriel Smuts: Klavier Graad 2 – 91% Ons is baie trots op...

Lees Verder

Jannies Talent wenners

Baie geluk aan almal wat deelgeneem het aan die wonderlike talentaand.Al die deelnemers ontvang more ‘n mooi sertifikaat. Daar was ook medaljes en trofeë en die 5 bestes is as volg deur die drie beoordelaars aangewys : Sebastian Boshoff – Sang Arwen Weich – Dans Isabella Pretorius – Suzelle DIY Stella Boje – Sang Henri Malan – Kitaar en sang Ons is trots op al die Jannies se...

Lees Verder

Jannies Talent – 20 Junie

Almal is welkom by Jannies Talent op Woensdagaand 20 Junie om 18:30. Kaartjies sal by die deur te koop wees : R60 vir volwassenes en R30 vir kinders. Ons hoop so veel as moontlik van ons leerders en ouers kom die aand bywoon. Dis ‘n heerlike gesellige aand waar ons leerders se talente ten toongestel word. Daar sal vooraf versnaperinge verkoop word. Sien julle...

Lees Verder

Musiekkonserte

Onthou asb van die twee musiekkonserte volgende week: Maandag 8:15 (oggend): Gr 4 en 5 musiekleerders Dinsdag 8:15 ( oggend) : Gr 6 en 7 musiekleerders By albei geleenthede sal die Seniorkoor, sommer aan die begin, optree. Alle ouers en belangstellendes is welkom om die konserte by te...

Lees Verder

Sing in Harmonie Koorkompetisie

Die Seniorkoor is vreeslik opgewonde oor die pragtige skild wat hulle Saterdag huis toe gebring het. Hulle is as Episode Kampioen aangewys by Sing in Harmonie se koorkompetisie en moet weer in die finale rondte op 6 Desember deelneem. Baie dankie aan al die ouers wat kinders aangery het en die koor kom ondersteun het. Die program word elke Sondagmiddag om 16:00 op Kyknet Nou uitgesaai. Ons sal laat weet as ons skool aan die beurt kom. Welgedaan aan elke...

Lees Verder

Seniorkoor

Alle koorlede moet Saterdagoggend om 10:00 in netjiese winterskooldrag by Curro Sitari in Somerset Wes wees. Een van die dae sien julle ons op televisie!

Lees Verder

Eisteddfod – Sangmedaljes

Baie geluk aan die volgende vier leerders wat medaljes vir Sang by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod in hulle ouderdomsgroepe gewen het. Ons is baie trots op julle! Kerala Alewell Gr. 2 Alexander Uhlig Gr. 3 Mia Symington Gr. 4 Sebastian Boshoff Gr....

Lees Verder

Kaartjies vir Kyknet Sing in Harmonie opname

Onthou om julle kaartjies vir die kooropname van die Seniorkoor by Curro Sitari te Somerset Wes op Saterdag 9 Junie te koop. Kaartjies kos R90 elk en kan per EFT voor Woensdag by Marili gekoop word. Daar is ‘n beperkte aantal kaartjies vir elke skool en geen kaartjies sal by die venue verkoop word nie. Alle koorlede het reeds ‘n brief met volledige inligting aangaande die geleentheid ontvang. Maak seker dat u vertroud is met die inligting. Vervoer: Daar is reeds ‘n paar ouers wat aangebied het om met vervoer te help. Kontak asb. vir juf. Groenewald as julle van die diens gebruik wil...

Lees Verder

KYKNET opname (SATERDAG 9 Junie, nie Sondag)

Die Seniorkoor neem Saterdag 9 Junie aan die Kyknet-program “Sing in Harmonie” deel. Die opname word die oggend om 11:00 by Curro Sitari in Somerset Wes gedoen. Koorlede sal reeds om 10:00 daar moet wees. Die program, waaraan ongeveer ses kore deelneem, sal so teen 13:00 klaar wees. Tref asb vroegtydig vervoerreëlings. As iemand ‘n probleem met vervoer het, kontak asb. vir juf. Groenewald sodat ons saamrygeleenthede kan organiseer. Verdere reëlings aangaande kaartjies sal binnekort deurgegee...

Lees Verder

Seniorkoor: Kyknet-optrede se tyd verander

Die televisieopname vir Kyknet op Saterdag 9 Junie, is verskuif na 11:00 die oggend by Curro Sitari in Somerset Wes. Dit sou om 17:30 wees, maar ons wou nie dat kinders en ouers in die aand op die N2 terugry nie. Alle koorlede moet asb daar wees. Ons maak staat op ELKE stem. Tref asb. vroegtydig vervoer-reëlings. Hopelik sal ouers kan help om kinders aan te ry. Dis n baie spesiale geleentheid. Kyk gerus Sondagmiddae na Kyknet se Sing in Harmonie om te sien hoe die program verloop. Binnekort sal JvR se Seniorkoor op die kassie...

Lees Verder