Skrywer: Helecia Groenewald

Kitaarlesse

Ons is baie bly dat mnr. Shaun Berry, wat ook by die Hoërskool en by Reddam lesgee, juffrou Nicolene se kitaarleerders gaan oorneem. Hy sal Vrydag al die kitaarleerders roep en briefies huis toe stuur.

Lees Verder

Kerssangdiens

Ons twee kore vorm eerskomende Sondagaand 18 November ‘n lekker groot massakoor by Tamboerskloof N G Kerk se Kerssangdiens. Ons nooi graag almal uit om dit by te woon. Koorlede moet om 18:45 by die kerk wees. Die diens begin om 19:00 en duur slegs ‘n uur. Koorlede sit by hulle ouers. Koordrag is WIT. Seuns kan ‘n denim en ‘n wit hemp aantrek. Dogters enigiets WIT … met ‘n bietjie Kersfees “bling”. Daarmee sluit ons dan die jaar se kooraktiwiteite af. Dankie aan al die ouers vir julle...

Lees Verder

Vioollesse

Ons is bly om te kan sê dat ons van volgende jaar af vioollesse aanbied. Hannelize Gravell, wat eers by die Hoërskool was, werk nou op ‘n vryskutbasis en sal op ‘n Maandag by ons wees vir vioollesse. Ouers kan haar direk kontak by 0734275767 of e-pos by...

Lees Verder

Kerssangdiens

Albei kore tree op Sondagaand 18 November om 19:00 vir oulaas hierdie jaar by Tamboerskloof N G Kerk op. Alle koorlede dra WIT klere en sit by hulle ouers. Wees asb teen 18:45 daar.

Lees Verder

Unisa-uitslae

Unisa musiekeksamen-uitslae -regstelling Liezel Snijders het wel Graad 3 Blokfluit gespeel , maar dit was slegs ‘n evaluasie van 3 stukke . Hier word slegs kommentaar gegee en nie ‘n punt nie.

Lees Verder

Optrede hierdie Donderdagaand, 18 Okt.

Belangrike inligting i.v.m. Donderdag, 18 Oktober se optrede vir albei kore: 1. Bus vertrek 15:15 vanaf ons skool. 2. Ouers help asb. met vervoer. 3. Eie vervoer terug huis toe. 4. Winterskooldrag 5. Kaartjies by die deur te koop. 6. Koorlede moet 17:00 by Hoërskool Parow wees. 7. Program sal ongeveer 21:00 eindig. Kom geniet die aand saam met...

Lees Verder

Musieklesse 2019

Indien daar ouers is wat belangstel om hulle kinders volgende jaar in te skryf vir musieklesse, kan julle reeds vir juf. Helecia name instuur na: helecia@jvrprim.co.za Ons bied klavier, blokfluit, sang, teorie en moontlik ook van volgende jaar af, vioollesse, aan. Bestaande musiekleerders gaan net so aan, tensy anders...

Lees Verder

Koor: Belangrike kennisgewings

Belangrik: Albei kore sing volgende Donderdagaand, 18 Oktober, om 18:30 by Hoërskool Parow saam met Laurika Rauch en Loki Rothman. Koorlede het ‘n brief met reëlings gekry. Bie bus na Parow sal reeds om 15:15 van ons skool vertrek. Busvervoer is slegs vir leerders wie se ouers hulle nie kan neem nie. DAAR SAL GEEN VERVOER TERUG WEES NIE. TREF ASB. REËLINGS. Daar is nog kaartjies by juf. Groenewald te koop. Ouers, ry asb. vroeg aangesien die verkeer uit die stad baie erg is teen laatmiddag. Koorlede MOET om 17:00 reeds hulle plekke ingeneem het vir ‘n repetisie saam met Laurika. Dra asb. netjiese winterskooldrag. Seniorkoor 6 Desember: Maak asb. ‘n aantekening van die Seniorkoor se optrede by Sing in Harmonie in Somerset Wes (Curro Sitari) op Donderdagaand 6 Desember. ALLE koorlede moet daar wees. Dis die finale. Dis die week voor die skole sluit. MOET ASB. NIE VROEG MET VAKANSIE GAAN...

Lees Verder

Juniorkoor Kunstekaap

Baie geluk aan die Juniorkoor wat gekies is om by die Gala-aand van die Skole Musiekfees by die Kunstekaapteater deel te neem. Die fees het oor 3 weke gestrek met items van verskillende skole elke aand en daarna is net 18 gekies om in die Finale afdeling deel te neem. Die koor het ‘n pragtige trofee by n mooi oorhandigingseremonie ontvang. Verskeie hooggeplaasdes van die Kunstekaap, asook die Onderwysdepartement, was teenwoordig. Ons is baie trots op ons Juniorkoor asook juf. Helecia en mnr. Ben wat hulle so mooi afrig!!...

Lees Verder

Eisteddfod klavier

Die Eisteddfod se klavierafdeling is nou afgehandel. Die volgende leerders het uitstekend gevaar en ons wens hulle baie geluk: Linden Murray: 78, 88, 92 Ben Terblanche: 88, 89 Stella Malan: 87, 90 Mienkie van der Westhuizen: 86, 88 Leila Lonte: 86, 88 Neena Lonte: 74, 85 Jan Murray: 78, 85 Gabriel Smuts: 85, 87, 90 Nogmaals geluk. Ons is trots op...

Lees Verder