Laerskool Jan van Riebeeck glo in ‘n goeie balans tussen akademie, kultuur, sport en sosiale aktiwiteite. Ons moedig leerders aan om hul volle potensiaal te bereik deur die geleenthede wat aan hulle gebied word aan te gryp. Binne hierdie breë raamwerk geniet elke klasonderwyser ‘n groot mate van vryheid met betrekking tot organisasie van sy/haar klasaanbieding.

Sistemiese Toetse 2023 Verslag

Ons gr. 3’s en 6’e van verlede jaar het ons weereens trots gemaak met die aflê van die sistemiese toetse wat deur alle Wes-Kaap leerders in gr. 3, -6 en -9 geskryf word. Dit is belangrik om altyd in ag te neem dat die leerders wat kwalifiseer vir konsessies, wat deur die WKOD goedgekeur word, saam met die res van die leerders hierdie toetse moet skryf. Hulle ontvang dus geen ondersteuning bv. voorlesers of transkribeerders soos wat hulle onder normale omstandighede tydens formele assesserings ontvang nie. Vir die graad 3-leerders is tyd ‘n groot uitdaging tydens die sistemiese toetse. In die grondslagfase word daar geen tydsbeperking tydens formele assesserings toegepas nie. Wanneer leerders die sistemiese toetse skryf, word daar egter verwag dat hulle die toets binne ‘n uur voltooi. Ons resultate is indrukwekkend, al word die leerders onder druk geplaas. Volg gerus hierdie skakel vir die uitslae. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2024/02/Sistemies-2023.pdf" title="Sistemies...

Hoërskool Jan van Riebeeck-nuus

Ons bars weer van trots nadat ons Woensdag, 21 Februarie, die Kaapse Metro-Sentraaldistrik se prysuitdeling bygewoon het om die laaste erkenning aan ons matriekklas van 2023 te gee! Hoërskool Jan van Riebeeck ontvang die volgende toekennings: Beste presterende skool in Afrikaans Huistaal Beste vordering in Afrikaans Huistaalgemiddeldes Konsekwente jaarlikse prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe Jenna Kohler - beste presteerder in Afrikaans Huistaal Annabel de Jager - beste presteerder in Engels Eerste Addisionele Taal Adrian Huysamen - beste presteerder in Ekonomie en Ingenieursgrafika en -Ontwerp Nicole Prinsloo - beste presteerder in Toerisme en Besigheidstudies Zia Meintjies - beste presteerder in Gasvryheidstudies ... en die kersie op die koek: Jenna Kohler is die 8STE beste presteerder van alle leerders in die distrik! Baie geluk aan al ons onderwysers en ons puik Jan van Riebeeckers - ons hou jul toekoms met groot belangstelling...

ATKV DigiSpel-kompetisie

Die Jannies (gr. 1-7) is welkom om in te skryf vir die ATKV se gewilde digitale spelkompetisie - DigiSpel. Hierdie spelkompetisie vind aanlyn plaas. Bestudeer die deelnemersgids deeglik indien jou kind belangstel. Daar is nog nie 'n spesifieke datum bekendgestel waarop die kompetisie gaan plaasvind nie. Kostes beloop R120 per inskrywing. Jy kan die inskrywingsfooi deur middel van die Karri-toep betaal. Ons sal na aanleiding van die betalings op Karri die leerders inskryf. Die sluitingsdatum vir betalings op die Karri-toep is 1 Maart 2024. Kontak Ilse-Marié Holtzhausen (Afrikaanse vakhoof) vir navrae:...

Oud-Jannies Adan Eksteen en Mia Janse van Rensburg presteer

Twee oud-leerders van JvR wat Hoërskool Pinelands toe is, Adan Eksteen en Mia Janse van Rensburg, het toekennings gekry vir ‘n bo 85% gemiddeld in 2023. Net 11 leerders in totaal het hierdie prestasie bereik. Baie geluk, ons is baie trots op julle!

Wenke vir Huiswerk

Liewe Ouer/Voog Die terug-skool-toe-seisoen het aangebreek, en ons wil julle hartlik verwelkom! Lapa-uitgewers gee hierdie oulike wenke vir huiswerk aangesien hulle ons leerders inspireer om tuis 'n liefde vir leer te kweek. Hulle is gereed om julle te ondersteun op hierdie reis ... Hallo, grootskool! Laat jou kind elke dag dieselfde tyd op dieselfde plek in dieselfde volgorde huiswerk doen – dit skep sekuriteit wat hulle laat ontspan en makliker leer. Moenie huiswerk tussen kosmaak en ander aktiwiteite doen nie. Eerder ’n halfuur van jou volle aandag as ’n uur se verdeelde frustrasie. Die onderwyser is jou en jou kind se vennoot. Hulle gaan baie makliker leer en vinniger vorder as hul weet julle drie werk as ’n span saam. Reageer stiptelik op boodskappe of versoeke van die skool af. Dit gee jou kind ekstra sekuriteit en wys dat jy werklik in hom/haar belangstel. Dit bring ook mee dat hulle hul samewerking wil gee en hul bes wil doen. Kontak gereeld die onderwyser en vind uit hoe jou kind vorder en of daar iets is wat jy tuis kan doen om sy/haar vordering in die klas te vergemaklik. As jy nie met die onderwyser saamstem nie, bespreek dit met hom/haar. Moenie jou kind se onderwyser voor hulle kritiseer nie. Dit veroorsaak dat hy/sy gespanne is in die klas. Wees geduldig. Jou kind ontwikkel nog. Wat jou kind vandag nie kan doen nie, draf hy/sy dalk oor ’n maand kaf. Elke kind ontwikkel fisiek, emosioneel en intellektueel teen hul eie tempo. Ons vergeet dit so maklik en breek in die proses ’n kind se selfvertroue, liefde vir hul medemens en...

Taak- en Toetsroosters

Onderwysers gaan in die vervolg alle taak- en toetsdatums op die taak- en toetsroosters (kalenders) laai. Die kalenders is beskikbaar in die webtuiste se menu onder Take en Toetse (op jou rekenaar sal dit in die boonste menu wees). Om dit te sync met jou kalender, kies die relevante graad se kalender en kliek op Teken in bo-aan vir verdere instruksies en die skakel. Jy kan ook hierdie skakel volg vir...

Boekverkope: 4 & 5 Desember 2023

Dit is weer tyd vir ons kwartaallikse boekverkope! Dit sal eerskomende Maandag en Dinsdag (op 4 en 5 Desember) in die biblioteek plaasvind. Stuur asseblief 'n geldjie saam indien leerders belangstel om 'n boek te koop. Beide kontant en kaartbetalings, sowel as SnapScan word aanvaar. Die tye is as volg: Maandag, 4 Desember, 09:30-14:00 Dinsdag, 5 Desember, 07:00-14:00. Ons sien baie...

Klas-/graadskuiwe vir 2024

Om akademiese uitmuntendheid te verseker, moet die skool sorg dat die onderwysers by die regte graad en klas ingedeel word. Ons beskou dit as ‘n groei geleentheid om onderwysers volgens hul sterkpunte en vaardighede aan te wend. Sien hier onder die aanpassings vir...

Ouers wat inteken op leerders se e-pos of Teams

Ouers wat op leerders se e-pos of Teams inteken, kan moontlik 'n kennisgewing van Microsoft af kry wat vra vir meer inligting voordat jy verder kan gaan met die intekenproses. Wanneer jy voortgaan, gaan jy die opsie gegee word om 'n selfoonnommer aan die rekening te koppel om te gebruik as 'n "multifactor authentication" metode. Dit gaan egter maak dat jou kind by die skool gaan sukkel om in te teken, omdat 'n kode dan na jou selfoon gestuur gaan word voordat hy/sy kan inteken. Maak asb. seker dat jy onderaan die blokkie eerder kies "choose another method" en dan die "security questions" opsie kies. Maak ook asb. seker jou kind weet wat die antwoorde is en dit maklik sal kan onthou. Indien jy reeds jou selfoonnommer aan jou kind se rekening gekoppel het, sal hulle wanneer hulle by die skool sukkel om in te teken gehelp word om die "multifactor authentication" te herstel. Indien jy sukkel om verby die blokkie wat jou vir 'n selfoonnommer vra te kom, stuur gerus 'n skermgreep met jou kind se naam en van na...

Kurrikulum Besonderhede

Grondslagfase vakke

Graad 1 – 3

  • Wiskunde
  • Geletterdheid
  • Liggaamlike Opvoeding
  • Lewensvaardigheid
  • Geletterdheid (Digitaal & Biblioteek)
  • isiXhosa
  • STEM (Kodering & Robotika)

Intermediêre fase vakke

Graad 4 – 6

  • Afrikaans
  • Engels (Eerste Addisionele Taal en Huistaal)
  • Wiskunde
  • Sosiale Wetenskappe – SW (Geskiedenis en Aardrykskunde)
  • Natuurwetenskap & Tegnologie
  • Persoonlike en Sosiale Wetenskappe – PSW (Lewensvaardigheid, Skeppende Kunste, LO)
  • Geletterdheid (Digitaal & Biblioteek)
  • isiXhosa
  • STEM (Kodering & Robotika)

Seniorfase vakke

Graad 7

  • Afrikaans
  • Engels (Eerste Addisionele Taal en Huistaal)
  • Wiskunde
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe – EBW
  • Sosiale Wetenskappe – SW (Aardrykskunde en Geskiedenis)
  • Natuurwetenskappe
  • Tegnologie
  • Lewensoriëntering
  • Skeppende Kunste
  • STEM (Kodering & Robotika)

Uitslae en Prestasies

Vorderingsverslae

Leerders ontvang kwartaalliks ‘n vorderingsverslag wat hul vordering met behulp van kodes/persentasies gedurende die betrokke kwartaal aandui. Slegs tydens die vierde kwartaal word ‘n deurlopende punt op die vorderingsverslag aangedui.

Eksamen

Slegs leerders in graad 4-7 skryf eksamen. Dit vind tydens Junie en November plaas. Deur die loop van die jaar is daar ook toetsreekse in alle grade.

Prysuitdeling

Die prysuitdeling vind aan die einde van die jaar plaas. Al vier kwartale se punte word dus in berekening gebring om die onderskeie pryse toe te ken. Elke leerder in ons skool ontvang ‘n sertifikaat wat ‘n holistiese indruk gee van die kind.

Addisionele vakke

Verrykende Akademiese Aktiwiteite

Rekenaarlokaal

Die rekenaarsentrum is smiddae beskikbaar vir leerders wat hul klastake wil voltooi of navorsing wil doen. Hulle mag ook teen ’n minimale fooi van die drukker gebruik maak.

Wiskunde Aktiwiteite

Ons heg groot waarde aan syferkundigheid en bied ‘n verskeidenheid ad hoc programme aan. Ons leerders neem jaarliks aan die Horizon wiskundekompetisie, SAMF-olimpiade (Amesa) en Melkbos Wiskundekompetisie deel. Verder is daar verrykingsklassse vir graad 6 en 7. Stuur ‘n e-pos aan leon@jvrprim.co.za vir meer inligting.

Uitstappies

Opvoedkundige uitstappies word kwartaalliks vir leerders aangebied. Deelname is verpligtend aangesien dit deel vorm van die skoolkurrikulum. Ouers sal versoek word om skriftelik toe te stem tot leerders se deelname. Geen leerder sal toegelaat word sonder ‘n toestemmingsbriefie nie.

Leerderontwikkeling

Leerontwikkeling

Marietjie de Kock

Spelterapie

Tina Fourie

Arbeidsterapie

Annet Wilke

Taal- en Spraakterapie

Lilan Starker

Opvoedkundige Sielkundige

Marike Badenhorst

Privaat Buitemuurse Akademiese Aktiwiteite

Aktiwiteit Tye Kontakpersoon Kontakbesonderhede
Robotika Maandae 15:00 - 16:00 & 16:00 - 17:00; Dinsdae 15:30 - 16:30 Suné Swanepoel sune.swanepoel@jvrprim.co.za
Young Engineers Kontak vir tye Bridget Molokomme infoctc@youngengineers.co.za
Eksperimaats Kontak vir tye Susy www.experi.co.za