Wêreldboekedag: 23 April 2024
Trek aan soos jou gunsteling-boekkarakter! Die beste kostuum per graad sal ‘n prys ontvang.
Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck
Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.
Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.
Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.
Respek
Eerlikheid
Omgee
Verantwoordelikheid
Trek aan soos jou gunsteling-boekkarakter! Die beste kostuum per graad sal ‘n prys ontvang.
Volg die skakel of kliek op die foto hier onder om die eksamenrooster in PDF oop te maak.
Volg gerus die skakel vir ‘n inligtingsbrief rakende verwikkelinge in die senior koor en nuwe oefentye.
Op ‘n baie winderige en koue Donderdagmiddag het al ons hokkiespanne teen Milnerton te staan gekom. Die seuns het weg gespeel en die dogters tuis. Die uitslae is as volg: Seuns o.9 Span 1 wen 1 – 0 o.9 Span 2 speel gelykop 0 – 0 0.10A-Seuns wen 4 – 1 0.11A-seuns verloor 1 – 3 0.13-seuns wen 8 – 0 Dogters o.9 Span 1 speel gelykop 1 – 1 o.9 Span 2 speel gelykop 1 – 1 o.10A wen 7 – 0 o.11A wen 8 – 0 o.13A wen 3 – 2 o.13B wen 4 – 0 Dit is ongelooflike uitslae en ons is trots op elke span wat net hul beste gegee...
april, 2024
JvR
Filter