Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.

Ons Waardes

Respek

Eerlikheid

Omgee

Verantwoordelikheid

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport

Geagte Ouers / Voogde – 12 April 2024

Die Kaap van Storms het beslis die naweek van 6 tot 7 April sy naam behoorlik gestand gedoen met sterk winde en stormweer wat genadeloos oor ‘n wye gebied verwoesting gesaai het. Dakplate van skole, huise en besighede is afgewaai, verskeie bome is ontwortel, glasvensters is deur die sterk winde uitgewaai, elektriese kabels is deur die sterk winde uitgeruk wat tot brande gelei het terwyl paaie en brûe weggespoel is. Dit het veroorsaak dat verskeie skole in die Wynland, Helderberg en Overberg vanaf 08 – 09 April gesluit was. Genade was groot vir Laerskool Jan van Riebeeck aangesien ons geboue en dakke geen skade opgedoen het nie. Slegs enkele bome by Huppelland se parkeerarea is omgewaai en moes ons baie takke en blare by beide die laerskool en Huppelland verwyder. Ons gebede gaan uit aan die gemeenskappe wat as gevolg van die stormweer baie skade opgedoen het. Op Saterdag, 06 April, het ons aan die jaarlikse o.10-netbaltoernooi te Laerskool Durbanville deelgeneem wat puik georganiseer is. Ons o.10A-span het baie goed gevaar. Hulle wen hul eerste wedstryd 10 – 1 teen LS Bellville-Noord, verloor ongelukkig 5 – 8 teen LS Welgemoed, maar wen die 3de wedstryd 15 – 0 teen LS Totius. Ons opposisie vir die 4de wedstryd het ongelukkig nie opgedaag nie. Baie dankie en geluk aan juff. Anika en Marlize asook ons o.10A-netbaldogters wat die dag as ware...

Eerste Hokkie-ligawedstryde teen Milnerton

Op ‘n baie winderige en koue Donderdagmiddag het al ons hokkiespanne teen Milnerton te staan gekom. Die seuns het weg gespeel en die dogters tuis. Die uitslae is as volg: Seuns o.9 Span 1 wen 1 – 0 o.9 Span 2 speel gelykop 0 – 0 0.10A-Seuns wen 4 – 1 0.11A-seuns verloor 1 – 3 0.13-seuns wen 8 – 0 Dogters o.9 Span 1 speel gelykop 1 – 1 o.9 Span 2 speel gelykop 1 – 1 o.10A wen 7 – 0 o.11A wen 8 – 0 o.13A wen 3 – 2 o.13B wen 4 – 0 Dit is ongelooflike uitslae en ons is trots op elke span wat net hul beste gegee...

  Nuusbrief Argief

Dagboek

JvR

Filter

Kortpad