Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.

Ons Waardes

Respek

Eerlikheid

Omgee

Verantwoordelikheid

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport

 Geagte Ouers / Voogde – 17 April 2025

Ons Kaperjolle het darem nét sy eie sjarme en nie eens gure weer kon op die dag die kosbare samesyn van ons skoolgemeenskap demper nie. Die heerlike kuier en samesyn is nog steeds op almal se lippe. Hierdie jaarlikse en gewilde pretdag het op Saterdag, 12 April, plaasgevind en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se sosiale kalender, veral vir ons leerders. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Die leerders het hulle gate uit geniet en hulle glad nie aan die reënbuie gesteur nie. Volgens die leerders was die besoek aan die spookhuis die gewildste aktiwiteit om te doen. Nie eers ’n skrikwekkende foto van die skoolhoof of gerugte dat spoke in die gange rondloop, het die leerders afgeskrik nie. Volgens die leerders was my ‘gedramatiseerder’ foto blykbaar nie vreesaanjaend genoeg nie en daarom was hulle dus nie bang nie. Leerders het in lang rye tougestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ’n kans is dat ’n sogenaamde spook aan jou been kan vat. Ek glo dat die spookhuis se gewildheid sal nooit oor die jare taan nie en sal vir geslagte nog, ons leerders en selfs volwassenes, fasineer. Baie geluk en ook groot dankie aan ons ouers wat die smaaklikste disse by hul onderskeie stalletjies opgedis het vir ieder en elk om te proe. Die fraai versierde kosstalletjies het die geleentheid...

Eksamenrooster: Junie 2025

Sien asseblief die eksamenrooster vir die Junie-eksamen hier onder: Eksamenrooster Junie...

Jannies Talent Inskrywings

Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent! Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree. Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig. Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie! Skryf gerus in deur die volgende skakel te volg: https://forms.office.com/r/JYp5GEvefs?origin=lprLink Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie. Kontak gerus vir Juf. Rolene vir meer inligting: 📧...

  Nuusbrief Argief

Dagboek

Kortpad