Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.

Ons Waardes

Respek

Eerlikheid

Omgee

Verantwoordelikheid

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport

Ouerbesoeke – 28 & 29 Julie 2025

Ons ouerbesoeke vir die derde kwartaal vind plaas op Maandag, 28 Julie en Dinsdag, 29 Julie 2025. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning. 🔗 Volg hierdie skakel om ‘n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur ‘n e-pos aan...

Akademiese- en Kultuurweek 2025

Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat. Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom. Voorlopige program: Ouma- en oupadag (19 Sept.) The Brick Club: uitstallings, werkSwinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept.  Curro-musiekfees (23 Sept.) Jannies Talent (25...

  Nuusbrief Argief

Dagboek

Kortpad