Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.

Ons Waardes

Respek

Eerlikheid

Omgee

Verantwoordelikheid

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport

Redenaarskompetisie Terugvoer: 10 &11 April 2024

Die graad 1 – 7-leerders het verlede week aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons omtrent van verskillende sake oortuig! Baie geluk aan die volgende leerders wat ons skool by ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig: Gr. 1 – 3 Jean-Jacques Rossouw Petronella Gouws Mia Bothma Jan-Jurie Fourie Lua Groenewald Amalie Janse van Rensburg Kitty Partner Christina du Toit Gr. 4 – 5 Pieter Rademeyer Stef Nel Ella van der Walt Mia-Lynn Podesta Gr. 6 – 7 Sabine Barnard Karu Rademeyer Isabella Marais Elisabet Marais Colleen Draghoender Emma Snjiders Abi Fourie Stella...

Geagte Ouers / Voogde – 19 April 2024

Die wintersportwedstryde is in volle swang en sommer binne die eerste 2 weke van die nuwe kwartaal is skoolaktiwiteite behoorlik aan die gang. Opvallend hoe die wintersportgeleenthede deur ouers/voogde asook oumas en oupas ondersteun word, amper asof dit die skoolgemeenskap nader aan mekaar bring en veral op ‘n Saterdag ervaar ‘n mens die positiewe sportgees en kameraderie onder ouers en voogde. Verlede Vrydagmiddag het ons o.13A hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n hokkietoernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Ons spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en graag maak ek melding van die dogters wat 2 van die 3 westryde gewen het en hul laaste wedstryde teen Laerskool Van Riebeeckstrand gelykop gespeel het. Ons seunspan het ook net 0 – 1 teen Laerskool van Riebeeckstrand verloor. Laerskool Van Riebeeckstrand is ‘n heelwat groter skool as ons en weereens kon ons kompeterend wees alhoewel ons ‘diepte’ met die aantal spelers beperk is. Op Saterdag, 13 April, het ons netbalspanne aan 33 wedstryde te Laerskole Sunningdale, Tableview en Kampsbaai deelgeneem. Ons wen 20 van die 33 wedstryde, speel 5 gelykop en verloor slegs 8 van die netbalwedstryde – ek dink dit is merkwaardig en wil graag al die netbalafrigters en -spelers hartlik gelukwens met die prestasie. Ons o.7 – o.13 Rugbyspanne het ook op Saterdag, 13 April, weg teen Laerskool Sunningdale gespeel. Baie geluk aan ons o.13A-rugbyspan wat hul...

Redenaarskompetisie Terugvoer: 10 &11 April 2024

Die graad 1 – 7-leerders het verlede week aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons omtrent van verskillende sake oortuig! Baie geluk aan die volgende leerders wat ons skool by ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig: Gr. 1 – 3 Jean-Jacques Rossouw Petronella Gouws Mia Bothma Jan-Jurie Fourie Lua Groenewald Amalie Janse van Rensburg Kitty Partner Christina du Toit Gr. 4 – 5 Pieter Rademeyer Stef Nel Ella van der Walt Mia-Lynn Podesta Gr. 6 – 7 Sabine Barnard Karu Rademeyer Isabella Marais Elisabet Marais Colleen Draghoender Emma Snjiders Abi Fourie Stella...

Eerste Hokkie-ligawedstryde teen Milnerton

Op ‘n baie winderige en koue Donderdagmiddag het al ons hokkiespanne teen Milnerton te staan gekom. Die seuns het weg gespeel en die dogters tuis. Die uitslae is as volg: Seuns o.9 Span 1 wen 1 – 0 o.9 Span 2 speel gelykop 0 – 0 0.10A-Seuns wen 4 – 1 0.11A-seuns verloor 1 – 3 0.13-seuns wen 8 – 0 Dogters o.9 Span 1 speel gelykop 1 – 1 o.9 Span 2 speel gelykop 1 – 1 o.10A wen 7 – 0 o.11A wen 8 – 0 o.13A wen 3 – 2 o.13B wen 4 – 0 Dit is ongelooflike uitslae en ons is trots op elke span wat net hul beste gegee...

  Nuusbrief Argief

Dagboek

JvR

Filter

Kortpad