Geagte Ouers / Voogde – 19 April 2024
Die wintersportwedstryde is in volle swang en sommer binne die eerste 2 weke van die nuwe kwartaal is skoolaktiwiteite behoorlik aan die gang. Opvallend hoe die wintersportgeleenthede deur ouers/voogde asook oumas en oupas ondersteun word, amper asof dit die skoolgemeenskap nader aan mekaar bring en veral op ‘n Saterdag ervaar ‘n mens die positiewe sportgees en kameraderie onder ouers en voogde. Verlede Vrydagmiddag het ons o.13A hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n hokkietoernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Ons spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en graag maak ek melding van die dogters wat 2 van die 3 westryde gewen het en hul laaste wedstryde teen Laerskool Van Riebeeckstrand gelykop gespeel het. Ons seunspan het ook net 0 – 1 teen Laerskool van Riebeeckstrand verloor. Laerskool Van Riebeeckstrand is ‘n heelwat groter skool as ons en weereens kon ons kompeterend wees alhoewel ons ‘diepte’ met die aantal spelers beperk is. Op Saterdag, 13 April, het ons netbalspanne aan 33 wedstryde te Laerskole Sunningdale, Tableview en Kampsbaai deelgeneem. Ons wen 20 van die 33 wedstryde, speel 5 gelykop en verloor slegs 8 van die netbalwedstryde – ek dink dit is merkwaardig en wil graag al die netbalafrigters en -spelers hartlik gelukwens met die prestasie. Ons o.7 – o.13 Rugbyspanne het ook op Saterdag, 13 April, weg teen Laerskool Sunningdale gespeel. Baie geluk aan ons o.13A-rugbyspan wat hul...