Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.

Ons Waardes

Respek

Eerlikheid

Omgee

Verantwoordelikheid

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport

Geagte Ouers / Voogde – 20 Maart 2024

Die einde van kwartaal 1 het vinnig sy opwagting gemaak met tien bedrywige weke agter die rug. Ek kyk trots terug na al die opwindende aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Ek mag dalk arrogant met die volgende stelling oorkom, maar ek dink dat uitnemendheid in alles wat ons doen soos ‘n paal bo water begin uitstaan, en daarvoor is ek uiters dankbaar en trots. Hartlike dank aan ons wonderlike ouers en voogde wat ons week-in en week-uit die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Julle omgee, aktiewe betrokkenheid asook insiggewende insette by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses en vooruitgang. Môre (Donderdag, 21 Maart) word Menseregtedag in Suid-Afrika gevier. Dit is hartseer dat so min mense hulle werklik aan die betekenis van die belangrike dag steur. Hierdie geskiedkundige dag was juis ingestel ter nagedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag jaarliks gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat daar nooit weer so ‘n tragedie in ons land sal gebeur nie. Ek glo...

ATKV DigiSpel-kompetisie

Die Jannies (gr. 1-7) is welkom om in te skryf vir die ATKV se gewilde digitale spelkompetisie – DigiSpel. Hierdie spelkompetisie vind aanlyn plaas. Bestudeer die deelnemersgids deeglik indien jou kind belangstel. Daar is nog nie ‘n spesifieke datum bekendgestel waarop die kompetisie gaan plaasvind nie. Kostes beloop R120 per inskrywing. Jy kan die inskrywingsfooi deur middel van die Karri-toep betaal. Ons sal na aanleiding van die betalings op Karri die leerders inskryf. Die sluitingsdatum vir betalings op die Karri-toep is 1 Maart 2024. Kontak Ilse-Marié Holtzhausen (Afrikaanse vakhoof) vir navrae:...

ATKV-DigiKuns: Aanlyn Kunskompetisie

ATKV-DigiKuns bied ‘n aanlyn kunskompetisie aan. Die kompetisie is oop vir enigeen vanaf ouderdom vyf jaar. Hierdie jaar se tema is “Op Reis” en inskrywings sluit op 30 April 2024. Volg die skakel vir meer inligting.

Eerste Hokkie-ligawedstryde teen Milnerton

Op ‘n baie winderige en koue Donderdagmiddag het al ons hokkiespanne teen Milnerton te staan gekom. Die seuns het weg gespeel en die dogters tuis. Die uitslae is as volg: Seuns o.9 Span 1 wen 1 – 0 o.9 Span 2 speel gelykop 0 – 0 0.10A-Seuns wen 4 – 1 0.11A-seuns verloor 1 – 3 0.13-seuns wen 8 – 0 Dogters o.9 Span 1 speel gelykop 1 – 1 o.9 Span 2 speel gelykop 1 – 1 o.10A wen 7 – 0 o.11A wen 8 – 0 o.13A wen 3 – 2 o.13B wen 4 – 0 Dit is ongelooflike uitslae en ons is trots op elke span wat net hul beste gegee...

Sorry, no posts found.

  Nuusbrief Argief

Dagboek

JvR

Filter

Kortpad