Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.

Ons Waardes

Respek

Eerlikheid

Omgee

Verantwoordelikheid

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport

Jan Kas: Skool sweetpakbroeke

Beste Ouer/Voog Sekere groottes van die sweetpakbroeke is tans min of uit voorraad. Daar is ‘n probleem met die invoer van die lap en gaan dalk nog ‘n rukkie vat voor ons weer voorraad het. Indien dit die geval is dat jou kind(ers) nog nie ‘n sweetpakbroek het nie en die groottes wat hulle benodig uit voorraad is, dra gerus die ou sweetpakbroek indien julle dit nog het, of koop ‘n donkerblou sweetpakbroek by ‘n ander handelaar (dit kan dan gedra word tot dit te klein is, selfs al lyk dit nie presies soos ons s’n nie). Jammer vir die...

Eerste Hokkie-ligawedstryde teen Milnerton

Op ‘n baie winderige en koue Donderdagmiddag het al ons hokkiespanne teen Milnerton te staan gekom. Die seuns het weg gespeel en die dogters tuis. Die uitslae is as volg: Seuns o.9 Span 1 wen 1 – 0 o.9 Span 2 speel gelykop 0 – 0 0.10A-Seuns wen 4 – 1 0.11A-seuns verloor 1 – 3 0.13-seuns wen 8 – 0 Dogters o.9 Span 1 speel gelykop 1 – 1 o.9 Span 2 speel gelykop 1 – 1 o.10A wen 7 – 0 o.11A wen 8 – 0 o.13A wen 3 – 2 o.13B wen 4 – 0 Dit is ongelooflike uitslae en ons is trots op elke span wat net hul beste gegee...

  Nuusbrief Argief

Dagboek

JvR

Filter

Kortpad