1. Vir kos- en vervoerreëlings, vul hierdie GOOGLE FORM in.
  2. Verdere reëlings:
    • Ons begin Saterdag, 28 Mei, om 09:00 stap. Wees asb. betyds in Greyton. HIER is waar ons begin. Die roete is ongeveer 12.5km.
    • Ons sal Sondag, 29 Mei, terugstap en weer in Greyton eindig.
    • Pak asb. genoeg snacks en water (eerder te veel as te min!) en ‘n middagete (bv. wrap of broodjie) vir langs die pad. Hou die volgende dag se middagete ook in gedagte.
    • Daar is ‘n lekker swemgat en waterval na die helfte van die roete. Ek weet nie of die weer gaan saam speel nie, maar pak dalk maar vir kinders ‘n swembroek en handdoek in (en vir jouself as jy braaf genoeg is!).
    • Onthou jou hoed en sonskerm. Dra verkieslik tekkies met ‘n lekker sool of stapskoene.
    • Daar is beddegoed en kombuisgeriewe by die huisies. Jy hoef slegs jou klere vir die aand en volgende dag, kos en handdoek in te pak.
    • Daar is hout. Dit wat ons gebruik, betaal ons voor. Bring asb. kontant wat ons daar kan los vir die hout (R30 ‘n sakkie).
  3. Betaal asb. die permit- en verblyfkostes so gou moontlik op Karri indien julle nog nie het nie.
  4. Indien julle nie meer kan saam stap nie, dismiss die Karri kennisgewings en stel Suzaan in kennis (suzaan@jvrprim.co.za).