Meer as ‘n jaar gelede het die Covid-19 pandemie musiekkonserte en toere heeltemal tot stilstand gebring – die finansiële ruggraat van meeste werkende musikante, toerende kunstenaars, kontrakteurs en bemanning. Twee van die grootste musiekname wat uit Afrika die afgelope jaar wêreldwyd naamgemaak het, is Master KG (befaamdheid bereik met die Jerusalema lied en dans) en die Ndlovu Youth Choir (finaliste van “America’s Got Talent” en die liefling koor van Afrika). Hulle het saamgespan in ‘n poging om fondse in te samel vir die kunstenaars en bemanning wat tans in ‘n krisis is.

Saam doen hulle ‘n GRATIS ‘live-stream’ vanaf Robben Eiland wat reg oor die wêreld uitgesaai gaan word (in wese ‘busking’ vir die wêreld) en alle donasies gaan na die NGO #feedourcrew inisiatief wat hoofsaaklik fokus op die ‘crews’ van toere wat meestal agter die skerms werk en die vertonings op die been bring – meeste van wie al meer as ‘n jaar lank sonder inkomste sit.

Die Ndlovu Youth Choir doen twee vertonings met gaskunstenaars by Grand Africa Café & Beach op dieselfde dag (Sondag, 25 April – een middag- en een aandvertoning) en kaartjies vir die twee intieme vertonings is beskikbaar deur Webtickets (vanaf R295). Dis ‘n familie vriendelike dag/aand en kinders onder 12 jaar kan dit gratis bywoon. Die vertonings voldoen 100% aan Covid-protokol.

Hoe kan jy help?
Koop kaartjies of bespreek ‘n tafel vir een van die vertonings van die Ndlovu Youth Choir en gaskunstenaars by die Grand Africa Café and Beach HIER (kaartjies vanaf R295)

Skenk R30 of meer (minder as die prys van ‘n koffie!) HIER  en ondersteun die #feedourcrew inisiatief. Die live-stream is gratis maar enige skenkings word opreg waardeer.

Deel/ Volg en versprei die boodskap so wyd as moontlik – www.weareafricarising.live (ons sosiale media skakels is regs op die webwerf). Kliek HIER vir meer inligting en sien ook die pamflet hieronder.

Musiek het soveel vreugde, inspirasie en troos gebring deur die pandemie – dis nou die geleentheid om die industrie te ondersteun op enige manier moontlik.