Steyntjie is ons eie Jannies-skoolbus (vernoem na mnr. Steyn, die busbestuurder).

Steyntjie bied die geleentheid vir Weskus-kinders om by die beste Afrikaanse skool in die omgewing skool te gaan.

Ons vervoer elke dag kinders vanaf Bloubergstrand, Table View/Parklands en Milnerton skool toe en in die middae weer huis toe.

Almal, van Huppellanders tot Gr.7’s, ry saam.

Die bus:

  • Spaar tyd
  • Is 4 keer veiliger as ‘n motor
  • 8 keer goedkoper as ‘n privaatrit
  • Is goed vir die omgewing
  • Maak voorsiening vir sport
  • Wag veilig by nasorg as hulle nie deelneem aan sport nie

Daar is nog plek in die bus vir 2021.

Kontak vir Sebastine 082 577 9108, Christine 084 227 8538 of janniesbus@gmail.com vir meer besonderhede of besoek ons webtuiste.