Baie sentraal geleë. Stapafstand van Laerskool/Hoërskool JvR. Naby Tuine winkelsentrum.

Dadelik beskikbaar. Die huis word ten volle gemeubileerd en toegerus verhuur. Tydperk nie korter as 6 maande nie.

Twee slaapkamers en badkamers (waarvan een en-suite) en ook binnehof. Kombuis en oopplan sit/eetkamerarea. Tweede badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak.

Veilige parkering vir twee motors in erf met afstandbeheer vir motorhek.

Vrugtebome (Papaja, nartjie, lemoen en grenadilla) en plek vir tuinmaak.

Sekuriteit is gekoppel aan vier-en-twintig uur reaksiemaatskappy. Bewegingsensors in huis en ‘beam’ op voorstoep en in binnehof. Besoekershek het interkom en sekuriteitskamera.

Billike huurbedrag. Maandelikse waterverbruik word deur huurder betaal.

KONTAK: L. Van Dyk 084 500 2526