Die Vereniging bedien die area van Greyton, Genadendal, Bosmanskloof en omliggende gebiede met ‘n verskeidenheid dienste en uitreikwerk. Partykeer steriliseer ons 80 diere op ‘n enkele dag, en al hierdie kos geld (veearts, medisyne, kos, inentings ens). Ons het ‘n roterende kliniek wat elke week op ‘n ander area fokus en kinders help om hulle hondjies te was en ontwurm, en ons verskaf dan ook verniet hondekos (hierdie kos ook geld!)

Ons verwyder diere wat sleg behandel word uit hulle omstandighede en vind nuwe huise vir hulle. Ons word in noodgevalle geskakel – ‘n perd wat omgery is, of honde wat baklei en beseer is in georganiseerde gevegte (al die operasie kostes, en rehabilitasie word deur die vereniging gedra…) Help asb.!