CRITINK se 3D ontwerp en 3D printing werksessies skop weer amptelik af met die derde termyn en studente word uitgenooi om ‘n gratis demo-sessie by te woon op Woensdag, 17 Julie. Daar sal twee sessies wees in die rekenaarlokaal vir twee ouderdomsgroepe onderskeidelik.

Gr. 2-3 (13:50 – 14:50)
Gr. 4-7 (15:00 – 16:00)

**Om die demo-sessie gefokus en effektief te hou word die aantal sitplekke beperk tot 8 per sessie, dus word daar verlang dat studente wel geregistreer word om sodoende die sessie te kan bywoon.

Voltooi gerus die vorm onderaan om ‘n student te registreer vir een van die demo-sessies.

https://forms.gle/FeSfZvpieCUzYa8S9