Indien jou kind belangstel in films, basiese filmproduksie, teksontleding en op kamera optrede kontak gerus vir Dorette@filmsa.co.za vir meer inligting.

Die Dorette Potgieter FILMKLUB is Dinsdae middae in Juf Lize-Mari Schultz (Graad 3) se klaskamer. Sy is beskikbaar van 15:00-18:00 en sal ‘n 90min les bevestig sodra al die lede se beskikbare tye bevestig is. Hulle skop reeds Dinsdag, 15 Januarie af indien daar 10 of meer lede is wat aansluit. Gaan kyk gerus hierdie VIDEO oor herwinning wat deur die filmklub gemaak is.