Die Poort-skryfkompetisie wat deur die SA Akademie aangebied word, het al verskeie bekroonde plaaslike skrywers en digters soos Etienne le Roux (Hertzogpryswenner), Marlene van Niekerk (Hertzogpryswenner), Daniel Hugo (bekroon as digter en vertaler) en Antjie Krog (Hertzogpryswenner), opgelewer.
Twee van HS Jan van Riebeeck se leerders, Sabah Cabano, graad 11 (links) en Louise Goethals, graad 12 (regs) se prosastukke is gekies om in die 2018 Poort te verskyn.
Louise is deel van die Top 10, wat ook genooi is om die slypskool in Bloemfontein by te woon.
Dis voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie!
Laerskool Jan van Riebeeck is veral trots op Sabah Cabano, wat ‘n oud-leerder van ons is.

 

Nerine van der Walt (graad 9 in Hoërskool Jan van Riebeeck), het die pas afgelope langnaweek aan die Suid-Afrikaanse Tenniskampioenskappe in Pretoria deelgeneem.
Na afloop van die toernooi is sy gekies tot die Nasionale span wat Suid-Afrika volgende maand in Engeland gaan verteenwoordig.