Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Donderdag, 26 April 2018 Nicolene (musiek) verjaar

Donderdag, 26 April 2018 Sivvies

Donderdag, 26 April 2018 Skool kom vroeër uit Gr.1-3: 13:00 en Gr.4-7: 13:15)

Vrydag, 27 April 2018 VAKANSIEDAG

Maandag, 30 April 2018 VAKANSIEDAG

Dinsdag, 1 Mei 2018 VAKANSIEDAG

Vrydag, 4 Mei 2018 Gr.5: Studiemetodes

Vrydag, 4 Mei 2018 Skaak @ Camps Bay Prim

Saterdag, 5 Mei 2018 Helecia (musiek) verjaar

Woensdag, 9 Mei 2018 Vicky (juffrou) verjaar

Woensdag, 9 Mei 2018 Netballiga Milnerton

Woensdag, 9 Mei 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6L

Vrydag, 11 Mei 2018 Gr.4: Studiemetodes

Vrydag, 11 Mei 2018 Skaak 2 Highlands

Saterdag, 12 Mei 2018 Sporttoernooi (Fanie Theron)

Dinsdag, 15 Mei 2018 Eisteddfod solosang

Woensdag, 16 Mei 2018 Netballiga Tableview

Woensdag, 16 Mei 2018 Eisteddfod solosang

Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod solosang

Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod voordrag

Saterdag, 19 Mei 2018 Dapper Stappers

Saterdag, 19 Mei 2018 Eisteddfod voordrag

Sondag, 20 Mei 2018 Anike (assistant) verjaar

Woensdag, 23 Mei 2018 Netballiga Goodwood Park

Woensdag, 23 Mei 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5S

Woensdag, 23 Mei 2018 Gr.6 na Wemmershoekkamp (keer Vrydag terug)

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Winterdrag

Ons hoop almal geniet die langnaweek en leerders moet onthou om Woensdag 2 Mei, as die skool weer begin, ons skool se korrekte winterdrag te dra.

Donderdag, 26 April

Die skool sal op Donderdag, 26 April om 13:00 sluit vir alle graad 1 – 3 leerders en om 13:15 vir alle graad 4 – 7 leerders.

ALGEMEEN

Vreeslik baie dankie aan al die Jannies wat eco-bricks gemaak het – ons het altesaam 380 gemaak!

Dit word na Greenpop Nursery geneem vanwaar die”bricks” versprei word na verskillende projekte.

Baie dankie aan Juffrou Baird wat vir die Gr 6 en 7 leerders eco-bricks as NWT projek gegee het – dit het verseker dat die seniors almal deelneem (gewoonlik is die juniors die uitblinkers).

Die Gr 6 en 7 eco-bricks was definitief swaarder en duidelik stampvol geprop – goed gedoen julle!!

Die wenklas is Gr 5 S. Hulle het slegs 17 leerders in hul klas, maar het 33 eco-bricks gebring! Baie geluk aan Juffrou Stofberg se klas – hulle kan almal Woensdag 2 Mei, gratis sivvies dra en sal ook elk ‘n prys ontvang.

Ons wil ook net die wenklasse in elke graad noem:

Graad 1 O met 27, Graad 2 J met 16, Graad 3 S met 16, Graad 4 S met 23, Graad 5 S met 33, Graad 6 B met 30, Graad 7 vR met 24.

Baie geluk aan Milan Eygenberger in Graad 1 wat Jannie van die Week is! Dankie dat jy so fluks herwin. Geniet die Col’Cacchios uitstappie met jou R100 geskenkbewys.

Ons vereer graag Jan van Riebeeck-leerders wat ons Omgee-waarde uitleef deur aan die spesifieke leerder ‘n Wefit SA-horlosie te gee. Hieronder is die leerders (in datum volgorde) wat vanaf verlede kwartaal ‘n horlosie ontvang het:

1) Christiaan Stimie

2) Leyla Crouse

3) Sofia Goosen

4) Petrus Bosman

5) Chloe Schmidt

Wefit Reward vir Karakter Tel

Die “Wefit Reward” vir “Karakter Tel” is ‘n borgskapprogram wat Wefit SA begin het met die doel om jong leerders te motiveer om meer entoesiasties op te tree teenoor die reëls en waardes van hul skool en dit na te streef. Ons glo vas dat eerbare karakter net soveel erkenning verdien as bv. sportprestasies.

Vir hierdie doeleinde wy ons onsself by Wefit SA toe deur twee Wefit horlosies per maand aan Laerskool Jan van Riebeeck vir ‘n termyn van 1 jaar as deel van die “Wefit Rewards” te skenk vir die “Karakter Tel” program.

Wefit SA laat die kriteria van die oorhandiging van die pryse en diskresie vir die keuse van die leerder wat beloon word, totaal aan die Laerskool Jan van Riebeeck Personeel oor en vertrou dat beide leerders en ouers dit sal respekteer.

Dit is voorwaar ‘n voorreg vir Wefit SA om hande met Laerskool Jan van Riebeeck te vat met die implementering van die “Wefit Reward vir Karakter Tel” program en vertrou dat dit vir groot opwinding onder leerders gaan sorg.

Stephan Scholtz

WefitSA

082 596 9961

AKADEMIE

Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Dinsdag, 5 Junie 2018, om 13:00 vir gr. 1 – 3 en om 13:15 vir gr. 4 – 7 sluit. Die skoolbus sal om 13:15 vertrek. Indien ‘n leerder afwesig is op ‘n gegewe dag, moet ‘n doktersertifikaat getoon word. Leerders mag nie skryfbehoeftes bymekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou. Eksamenvraestelle word tussen 07:50 – 10:10 geskryf.

Normale klasruilings sal daarna plaasvind, daarom moet die nodige boeke vir daardie vakke ingepak word.

EKSAMENROOSTER

Die skrywer en fotograaf, Philip de Vos, het die Graad Ses-leerders Vrydag vir ons Wêreld Boekedag-viering besoek. Hierdie jong 79-jarige Kapenaar het jonk en oud op sy lewensreis van Bloemfontein tot in die Kaap saamgeneem. Met die huppel in sy stap, sang en rymelary het hierdie veelsydige oud-onnie die Graad Sesse vir 45 minute lank aan sy lippe laat hang.

Hallo walvis hoesie water?

Ons het leesboeke ter waarde van R4600 na afloop van die Afrikaanse boeverkoping van laaskwartaal ontvang. Baie dankie aan LAPA-uitgewers wat dit moontlik gemaak het.

Boekkarakters

Ons leerlinge het die Boekkarakter-sivvies Vrydag baie geniet. Meer foto’s en nuus hieroor in die volgende Suidooster. Baie dankie aan ouers & belangstellendes vir hulp met kostuums sodat ons ons gunsteling karakters kan lewe gee!

Links staan Philip met een van sy boeke en regs is Lumarie Fourie, gr.4VDV, as Rooikappie.

Daar is ‘n nuwe onderafdeling op die webtuiste onder Akademie vir meer inligting oor die rekenaarklasse by die skool. Dit is in verband met wat tans in die rekenaarklas gebeur en wat ons beoog om in die toekoms te implementeer. Volg gerus die skakel vir meer inligting:

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/rekenaars/

Hopelik is al die Jannies al fluks besig om hul WOW-spelwoorde te leer. Dit is baie voordelig vir hul spel- en woordeskatontwikkeling.

Verlede jaar het ons die beste speller landswyd (graad 3) opgelewer. Die interne skoolkompetisie vind die eerste Vrydag van volgende kwartaal plaas. Al die Jannies sal ‘n toets skryf oor die eerste helfte van die spelwoorde. Die Top 5 leerders in elke graad sal ons skool verteenwoordig by die kringkompetisie.

Die spellyste is op die skool se webtuiste:

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/akademie-blad/ of

www.woordfees.co.za.

Kontak Lucia de Jager (lucia@jvrprim.co.za) met enige navrae.

---

KULTUUR

Op Vrydag, 20 April 2018, het 10 van ons leerders aan die ATKV-redenaarskompetisie se eerste ronde deelgeneem te Laerskool De Kuilen. Ons is baie trots op elkeen van die volgende deelnemers:

Gr. 3: Susan Burger, Markus de Ridder en Francois Joubert

Gr. 4-5: Stella Malan, Cayle Stoltz, Heloïse Strauss en Luca Zulch

Gr. 6-7: Annabel de Jager, Henri Malan en Liezel Snijders.

Ongelukkig was Cara (gr. 3) en Mari (gr. 6) Swanepoel afwesig en moes hulle op die nippertjie onttrek.

Baie geluk aan Francois Joubert wat ons by die semi-finale ronde sal verteenwoordig! Dit sal op 25 Mei 2018 te Hoërskool Bellville plaasvind.

Die Suidooster-redaksie het gisteraand Die Burger se nagkantoor en die rolpers besoek. Die spanning was hoog in die kantore terwyl hulle gewag het vir die laaste nuus oor De Lille wat voor druktyd nog in die koerant moes kom.

Gaan loer gerus op bladsy dertien in vandag se Burger, hulle het spesiaal ‘n gaatjie vir ‘n pragtige foto van ons redaksie oopgehou.

SPORT

Ons sal op ‘n gereelde basis almal in kennis stel van enige nuwe ontwikkelinge en ekstra wedstryde wat gereël of geskuif word. Ons eerste wedstryd is geskeduleer vir Woensdag 2 Mei teen Wolraad Woltemade. Ek deel graag die boodskap wat ek vandag van hulle ontvang het:

As a result of the ongoing water crisis and the negative impact it has had on our sport fields, the school has made the decision to cancel the 2018 rugby season, effective immediately. The main driver of the decision wat the deterioration of the condition of the rugby fields, making practicing and playing matches near impossible. Please accept our apologies for the late notice, this was a consequence of only have received the fixtures yesterday. Thank you in advance for your understanding and support.



Indien ons ‘n ander westryd in plek van die bogenoemde wedstryd kan reël ,sal ons almal op hoogte hou.

WEDSTRYDBEPALINGS 2018

Peet is een van slegs 6 spelers in die provinsie wat gekies is om aan die SA InterPro-tennisbyeenkoms deel te neem in Bloemfontein. Hy is deel van die Western Cape Disasspan. Die byeenkoms is vanaf die 27ste – 30ste April.



Peet staan ‘n kans om ná die toernooi gekies te word vir die SA-skolespan wat later die jaar oorsee deelneem. Hy verower ook sy Wes-Kaapkleure in Tennis.

Dit is ‘n ongelooflike prestasie.

Ons wens vir hom alle sterkte toe en weet dit sal goed gaan.

As gevolg van die langnaweek, die skool wat vroeër uitkom en die bus wat vroeër vertrek, sal daar môre geen skaakoefening wees nie.

Die volgende les sal weer op Donderdag 3 Mei plaasvind.

Aangesien daar geen oefening Maandag en Dinsdag is nie weens die langnaweek, sal daar rugbyoefening vir 0/9-0/13 Woensdag wees. Die eerste wedstryd sal Woensdag 9 Mei plaasvind. Verdere inligting rakende die wedstryd sal volgende week gestuur word.

Die volledige wedstrydbepalings is te sien op die webtuiste.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Every kid is one caring adult away from being a success story.

– Josh Shipp

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209