Seniorkoor:
Die Seniorkoor oefen hierdie Saterdag van 9:00 – 13:00 by die skool.
Gebruik voorste ingang.
Leerders bring eie verversings.
Geen leerder sal by die hek uitgelaat word om eetgoed te gaan koop nie.
Kom haal kinders asb stiptelik om 13:00 af.
Jannies Talent:
Dis SULKE tyd! Uiteindelik !
Jannies Talent vind die laaste week van die kwartaal plaas. Hier kan leerders met hulle buitengewone talente kom spog. Inskrywingsvorms is by juf. Groenewald.
Koste is R100 per leerder en R150 per groep.
Daar sal SLEGS 20 deelemers gekeur word.
Ons sien uit na n lekker gesinsaand met baie opkomende jong talent.