Die hoofbron van kommunikasie is die skool se webtuiste (www.jvrprim.co.za). Nuus en kennisgewings word byna daagliks daar gepubliseer.
Aan die begin van die jaar het ons alle ouers met ‘n e-pos adres op rekord, op die webportaal geregistreer. U kan kies om die skool se kennisgewings daagliks per e-pos te ontvang, en / of om die weeklikse nuusbrief Vrydae per e-pos te ontvang. Alle ouers wat dit nog nie gedoen het nie, moet dus asseblief hul kommunikasie voorkeure op die webportaal gaan aandui.
Gaan na die skool se webtuiste en kliek op “Teken aan” regs bo op die keuselys. Gebruik u e-pos adres of gerbuikersnaam wat vroeër per e-pos aan u gestuur is om aan te teken. Indien u u wagwoord vergeet het, kliek op “Jou wagwoord vergeet?” onderaan die venster en volg die instruksies. Wanneer u aangeteken is, kliek op u naam regs bo op die keuselys (langsaan “kontak”), en kies dan “My Besonderhede”.
Verander dan u kommunikasie voorkeure om of daaglikse nuus per e-pos te ontvang en/of die weeklikse nuusbrief op ‘n Vrydag te ontvang. Voorkeure t.o.v. die ontvangs van dringende SMS kennisgewings kan ook hier aangedui word. Wanneer u klaar is, kliek “wysig” onderaan die venster. U sal slegs die nuusbrief per e-pos ontvang indien u kommunikasie voorkeure op die webportaal gestoor is. Indien u kontak besonderhede verander, kan u dit ook onder “persoonlike besonderhede” gaan verander.