Die afgelope week het die skool begin om al die ouers se kontakbesonderhede en kommunikasievoorkeure te verifiëer. ALLE ouers moet asseblief seker maak hulle volg die instruksies in die e-pos wat vroeër die week in verband hiermee uitgestuur is. Almal se inligting moet asseblief teen Vrydag 26 Januarie geverifiëer wees. Baie dankie aan almal wat reeds flink gereageer het.

Kortliks weer die proses: Alle ouers met ‘n geldige e-pos adres is reeds op die webportaal geregistreer en u moet daar aanteken om u besonderhede na te gaan en veranderings aan te bring. Die e-pos wat u ontvang het bevat die nodige inligting om mee aan te teken. Maak asseblief ook op die webportaal seker dat u kommunikasievoorkeure t.o.v. die nuusbrief, SMSe, OOV kommunikasie korrek aangedui is.

Klik hier om aan te teken na die Webportaal