Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Woensdag, 6 Desember 2017    Skole sluit vir leerders  (Om 10:45)

Woensdag, 6 Desember 2017    Gratis sivvies 

Vrydag, 8 Desember 2017    Skole sluit vir onderwysers 

Sondag, 10 Desember 2017    Juf. Veronica Sheperd verjaar 

Donderdag, 14 Desember 2017    Mnr. Marius Steyn verjaar

Maandag, 18 Desember 2017    Juf. Wanda van Zyl verjaar

Woensdag, 20 Desember 2017  Juff. Rentia v d Merwe en Louise van Dyk verjaar

Saterdag, 23 Desember 2017   Mnr. Timothy Lilly verjaar

Sondag 31 Desember 2017   Mnr. J Oosthuizen verjaar 

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

‘n Groot dankie!



Ja, die jaar is op sy rug en 2018 is net ‘n klipgooi ver! Baie dankie aan almal wat deel was van die Laerskool Jan van Riebeeck-familie!

Ons hoop almal het ‘n wonderlike feestyd en ‘n voorspoedige 2018! Almal wat vir die vakansie beplan om weg te gaan, geniet dit en kom veilig terug… ons sien mekaar op Woensdag, 17 Januarie 2018!

 

ALGEMEEN

Skoolverlaters

Hoe om jou JvR webprofiel permanent te verwyder:

Ouers wat einde 2017 die skool “verlaat” en nie meer kinders in die skool het nie kan hul webprofiel op die volgende wyse gaan kanselleer. Dit sal hul webprofiel PERMANENT van die webtuiste verwyder en hulle sal ook nie meer die nuus per e-pos ontvang nie:

Indien jy nie reeds aangeteken is nie, klik op TEKEN AAN (heel regs in menu) en voer jou Gebruikersnaam en Wagwoord in.

Wanneer jy suksesvol aangeteken het, besoek jou webprofiel deur na heel regs in die menu na jou naam te navigeer en klik dan op MY BESONDERHEDE.

Die opsie om jou JvR Webprofiel permanent te kanselleer verskyn in die ‘tab’ heel regs (VERWYDER WEBPROFIEL).

Klik op “Delete Account”, en dan weer op OK om dit te bevestig.

Jou JvR Webprofiel is nou permanent verwyder en jy sal ook nie meer die nuus per e-pos ontvang nie.

Kalenders

Die GOOGLE KALENDER en DAGBOEK vir 2018, is reeds op die webtuiste.  Daar mag klein veranderinge kom maar dis ‘n goeie aanduiding van volgende jaar se program.

Kyk ook gerus na die verskeie grade se toetsrooster vir 2018 wat onder AKADEMIE op die webtuiste is.

Gaan lees gerus oor THE GREAT ESCAPE op ons webtuiste: Kid’s Holiday Workshop.

thumbnail of Great Escape 1





 

 

 

Klerebanknuus

Help ander deur ou skoolklere en skoene te skenk aan Klerebank. Ons dink veral hier aan die graad sewes wat die skool verlaat.

Klerebanktye: 15,16 Jan 2018 van 08:00-09:30. Tref reëling vir Des.2017 (jvrklerebank@gmail.com)

Pilatesklasse

 “If your spine is inflexibly stiff at 30, you are old. If it is completely flexible at 60, you are young.”

– Joseph Pilates

Pilates klasse sal weer volgende jaar twee keer per week aangebied word: Maandae en Woensdae om 16:10 tot 17:10. Plek in klasse sal beperk word om kwaliteit en persoonlike aandag te verseker. Vir meer inligting en om jou plek te bespreek kontak Conrad gerus by 084 44 50125 of per epos cvbreda@gmail.com 

AKADEMIE

Kliek HIER om die toespraak te lees wat ons BR-Voorsitter, Nicole Strauss gelewer het tydens die Prysuitdelingfunksies.

SPORT

Kliek HIER vir Huissportuitslae

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende 2017. Ons sien baie uit na 2018 en wat dit vir ons gaan inhou. Ons bid vir reën oor die vakansie om ons swembad vol te hou, maar ons hou almal op hoogte van die swemoefening. Die buitemuurse oefening vir al ons somersport begin op Maandag, 22 Januarie 2018. Ons herinner almal aan die nuwe reëling dat buitemuurse aktiwiteite, volgende jaar, nie meer op die eerste dag van die kwartaal sal begin nie. Die buitemuurse program vir kwartaal 1 in 2018 sal volgende jaar gedurende die eerste week op die webwerf beskikbaar wees en aan leerders uitgedeel word. Die veranderinge vanaf kwartaal 4, 2017 is minimaal. ​Lekker rus en ‘n Geseënde Kerstyd vir almal.​

ADVERTENSIES van die week

 

…mag daar altyd ‘n lig brand in jou huis.

Mag jou vriende wyn saambring vir die kuier.

Mag jou huis deurtrek bly van die geur van malvablare.

Mag die sterre en die berge en die stilte oor jou bly waak.

Nou én môre en elke môre en aand

en elkeen van daardie dae se nag.

– Breyten Breytenbach

---

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209