Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende 2017. Ons sien baie uit na 2018 en wat dit vir ons gaan inhou. Ons bid vir reën oor die vakansie om ons swembad vol te hou, maar ons hou almal op hoogte van die swemoefening.
Die buitemuurse oefening vir al ons somersport begin op Maandag, 22 Januarie 2018. Ons herinner almal aan die nuwe reëling dat buitemuurse aktiwiteite, volgende jaar, nie meer op die eerste dag van die kwartaal sal begin nie. Die buitemuurse program vir kwartaal 1 in 2018 sal volgende jaar gedurende die eerste week op die webwerf beskikbaar wees en aan leerders uitgedeel word. Die veranderinge vanaf kwartaal 4, 2017 is minimaal.
​Lekker rus en ‘n Geseënde Kerstyd vir almal.​