Ouers wat einde 2017 die skool “verlaat” en nie meer kinders in die skool het nie kan hul webprofiel op die volgende wyse gaan kanselleer. Dit sal hul webprofiel PERMANENT van die webtuiste verwyder en hulle sal ook nie meer die nuus per e-pos ontvang nie: 
Indien jy nie reeds aangeteken is nie, klik op TEKEN AAN (heel regs in menu) en voer jou Gebruikersnaam en Wagwoord in. Wanneer jy suksesvol aangeteken het, besoek jou webprofiel deur na heel regs in die menu na jou naam te navigeer en klik dan op MY BESONDERHEDE. Die opsie om jou JvR Webprofiel permanent te kanselleer verskyn in die ‘tab’ heel regs (VERWYDER WEBPROFIEL). Klik op “Delete Account”, en dan weer op OK om dit te bevestig. Jou JvR Webprofiel is nou permanent verwyder en jy sal ook nie meer die nuus per e-pos ontvang nie.