Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Vrydag, 1 Desember 2017    Atletiek: Velditems  

Vrydag, 1 Desember 2017    Huppelland afsluitingsbraai  (Conradieveld)

Saterdag, 2 Desember 2017    Tannie Thembela Swartbooi verjaar  

Saterdag, 2 Desember 2017    Atletiek: Baanitems  

Dinsdag, 5 Desember 2017    Gr. 7 Afskeid  

Woensdag, 6 Desember 2017    Skole sluit vir leerders  (Om 10:45)

Woensdag, 6 Desember 2017    Gratis sivvies  

Vrydag, 8 Desember 2017    Skole sluit vir onderwysers  

 

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Waterkrisis

Ons oorweeg al vir die afgelope tien jaar om ‘n boorgat op ons skoolterrein en die Conradieveld te sink. Die koste is egter baie hoog en tot op hede was daar, volgens ons, belangriker projekte. Dinge het verander en die waterkrisis het ons nou genoodsaak om ten minste een boorgat te sink. Ons het ‘n aanbod van een van ons ouers gekry om vir die boorgat te betaal, wat die grootste koste is, maar die skool moet steeds vir die pype, tenks, pompe, ens, betaal wat in die omgewing van R100 000,00 gaan wees. Indien daar dalk nog ouers is wat ‘n bydrae vir hierdie projek kan maak, sal dit wonderlik wees. Kontak gerus vir Marili om die skool se bankbesonderhede te kry en u sal ook ‘n Artikel 18(A) kwitansie kan kry vir belastingaftrekking.

ALGEMEEN

Tot en met 5 Desember

Gr.1-3 om 13:00

Gr.4-7 om 13:15

Die bus vertrek om 13:20

Die laaste dag:

6 Des – 10:45 vir alle leerders en die bus vertrek om 10:50

Volgende jaar se kalender is nog glad nie volledig nie, maar daar is al belangrike datums aangebring.

Kyk asb. ook vir Take-en Toetsroosters van onderskeie grade op ons webtuiste onder AKADEMIE.

Baie Geluk aan Kate Lynch – hierdie week se Jannie van die week. Ons hoop jy eet lekker aan jou Col Caccio’s pizza! Die einde van die jaar is hier. ‘n Groot Dankie aan almal wat hierdie jaar so goed herwin het! Ons depot loop amper elke week oor!  Ons wil graag nuwe ouers uitnooi om deel te word van die Liewe Aarde span – dink oor die vakansie na en laat ons volgende jaar weet. 

Hier is ‘n paar wenke om julle Feesseisoen ‘n bietjie groener te kry:



Koop aanlyn eerder as om na verskillende winkels toe te ry

Maak seker dat jy jou eie herbruikbare sakke saamneem om jou aankope in huistoe te neem

Ondersteun ons plaaslike handelaars, kunsteraars en markte

Maak jou eie geskenke – brei, naai, bak of bou ietsie mooi of lekker

Gee geskenke wat plaaslik gebruik kan word : konsertkaartjies, ‘n maserings- geskenkbewys ens

Wees kreatief wanneer jy geskenke toedraai… daar is baie beter opsies as geskenkpapier wat een keer gebruik en dan weggegooi word :

Serpe, kikois, materiaal stukkies, kussingslope, kombuis lappies, ou kaarte, ou koerante wat jy kan oorverf, ou bladsye bladmusiek ens

Maak jou eie herbruikbare kersversierings uit herwinde materiaal

AKADEMIE

snoep

Wenners: Taniel Webber(Gr.3S)  & Lauren Mwanza (Gr.4vdV)

Definisie 1: Om baie lief te wees vir eet

Sin 1: ‘n Beer is so snoep agter heuning aan soos ‘n kind agter lekkers.

Definisie 2: Om suinig of onmededeelsaam te wees 

Sin 2: Sy is ‘n regte ou snoep wat haar lekkers skelm agter die muurtjie sit en eet.

SPORT

Vrydag: 1 Desember Velditems (O/10 – Ope)

Leerders word by die Hoërskool Jan van Riebeeck se velde afgelaai en moet om 7:45 op die laatste daar wees ons begin om 8:00 met die onderskeie velditems. Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees.

Die leerders trek volgens hul spankleur gemaklike oefenklere aan. Dit is nie ‘n SIVVIE dag nie.

 Die Bloubus vertrek eers 14:15.

Saterdag: 2 Desember Baanitems (Gr R – Ope)

Leerders meld voor 07:00 by die Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde aan. Die spanne begin om 7:15 met hul optog. Parkering vir ouers is buite die sportvelde beskikbaar. Die eerste item begin om 07:45 en ons behoort ongeveer 14:00 klaar te wees. Atlete trek weer volgens hul kleurspan aan. Elke leerder moet ‘n plakker by hul registeronderwyser kry met hul naam en ouderdomsgroep op. Daar sal weer ‘n snoepie en verskeie ander kosstalletjies beskikbaar wees.  Dit gaan warm dae wees,so sorg asb dat u kind genoeg water drink, sonskerm dra en ‘n sonhoed het wat duidelik gemerk is. Ons sien uit daarna om almal te sien. Ouers is welkom om op beide dae te kom ondersteun. 

Ethan Brits in Gr.6DJ, is aangewys as student van die jaar by die Taekwondo Martial Arts jaareind-funksie. Baie geluk Ethan…ons voel veilig naby jou!

 

---

Advertensies van die week

‘… onthou altyd

aan jou dade grens ’n ewigheid;

gee sin aan voorgeslagte deur die eeue heen,

besef jy is ’n vegter weer van die begin, alleen;

en mag die Suiderkruis en Negesterre witter

as die stedeligte in jou siel bly skitter. ‘

– Negester en stedelig, DJ Opperman

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209