Vrydag: 1 Desember Velditems (O/10 – Ope)
Leerders word by die Hoërskool Jan van Riebeeck se velde afgelaai en moet om 7:45 op die laatste daar wees ons begin om 8:00 met die onderskeie velditems. Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees.
Die leerders trek volgens hul spankleur gemaklike oefenklere aan. Dit is nie ‘n SIVVIE dag nie.
 Die Bloubus vertrek eers 14:15.

Saterdag: 2 Desember Baanitems (Gr R – Ope)
Leerders meld voor 07:00 by die Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde aan. Die spanne begin om 7:15 met hul optog. Parkering vir ouers is buite die sportvelde beskikbaar. Die eerste item begin om 07:45 en ons behoort ongeveer 14:00 klaar te wees. Atlete trek weer volgens hul kleurspan aan. Elke leerder moet ‘n plakker by hul registeronderwyser kry met hul naam en ouderdomsgroep op. Daar sal weer ‘n snoepie en verskeie ander kosstalletjies beskikbaar wees. 
Dit gaan warm dae wees,so sorg asb dat u kind genoeg water drink, sonskerm dra en ‘n sonhoed het wat duidelik gemerk is.
Ons sien uit daarna om almal te sien. Ouers is welkom om op beide dae te kom ondersteun.