Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Vrydag, 24 November 2017    Liewe Aarde Tydskrif Jamboree  

Vrydag, 24 November 2017    Gratis sivvies  

Saterdag, 25 November 2017    Moderne Dans  Prysuitdeling: (Skoolsaal)

Sondag, 26 November 2017    Tamboerskloof Kerssangdiens  

Dinsdag, 28 November 2017    Gr.4-5 Prysuitdeling  (Skoolsaal)

Woensdag, 29 November 2017    Liewe Aarde sivvies  

Donderdag, 30 November 2017    Juf. Nadia Stahmer verjaar  

Donderdag, 30 November 2017    Gr.6-7 Prysuitdeling  (Skoolsaal)

Vrydag, 1 Desember 2017    Atletiek: Velditems  (Hoërskoolbane)

Vrydag, 1 Desember 2017    Huppelland afsluitingsbraai  (Conradieveld)

Saterdag, 2 Desember 2017  Atletiek: Baanitems  (Hoërskoolbane) 

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Prysuitdelings

Baie dankie aan almal wat ons Gr. 1, 2 & 3 prysuitdelings bygewoon het. Ons volgende twee prysuitdelings is Dinsdagaand, 28 November om 19:00 (Gr. 4 & 5) asook Donderdagaand, 30 November om 19:00 (Gr. 6 & 7).

ALGEMEEN

Baie geluk aan Anja en Emma Liebenberg.  Julle is hierdie week se Jannies van die Week.  Baie dankie vir julle getroue herwinning, ons hoop julle geniet julle maaltyd by Col Caccio’s sommer baie.

Ons het navrae gekry oor eco-vriendelike skoonmaak produkte. Aangesien ons deesdae gryswater – afkomstig van ons stort- wasgoed- en skottelgoedwater wat seperig is,  gebruik word op ons plante, kan ons dit sterk oorweeg om eco-vriendelike produkte te gebruik. Hierdie seep is nie skadelik vir ons plante nie.  Daar is ‘n wonderlike aanlyn winkel – Faithful to Nature.  Hulle het ‘n groot reeks produkte, wat almal getoets is en beslis eco-vriendelik is.  Besoek gerus hulle WEBWERF– hulle het hierdie hele week groot uitverkopings.

Liewe Aarde wil baie dankie sê aan al die Jannies wat aan vanoggend se Jamboree deelgeneem het. Die Graad 1s het die meeste tydskrifte gebring – hulle muur was die langste (en dikste). Die hele graad 1 graad kan dus eerskomende Maandag verniet sivvies dra.

Ons trek hierdie jaar op 28 en 29 November boeke by die skool oor vir 2018.  Ontmoet vir Stephanie le Roux om 08:00 in die Tegnologieklas.  Kontak haar gerus vir enige verdere navrae: 083 261 8961.

AKADEMIE

Al die seniorfase leerders, gr.4-7, het aan die jaarlikse Living Maths- kompetisie deelgeneem. Daar was ongeveer ‘n 185 000 leerders van graad R-9 wat aan die kompetisie deelgeneem het. Drie van ons leerders het uitstekend presteer en gesamentlik derde in hulle onderskeie grade in Suid-Afrika geeïndig. Dit is ‘n ongelooflike prestasie.

Die leerders is:

* Dawid Adler, graad 5

* Peet Karsten, graad 5

* Hanna van der Westhuizen, graad 7

Baie geluk met hierdie puik uitslae. Ons is almal baie trots op julle!!!

KULTUUR

Einde van die Jaar-DANS VERTONING en Prysuitdeling

Saterdag 25 November 2017 ( Veilige parkering agter die skool) Plek:Laerskool Jan van Riebeeck

Tyd: 12.30 nm

Toegang: R40 kinders  R50 volwassenes Kaartjies te koop by die deure en eetgoed en koeldrank ingesluit (Behou asb die kaartjienommer vir pryse)   Ons dansers vanaf Gr 1 tot Gr 12 vertoon gedeeltes van die werk wat hul hierdie jaar aangeleer het: American Ballet Awards, Cape Town Modern Eisteddfod, Contemporary en lekker Hip hop! Die werk is pragtig en aanbeveel vir die hele gesin.

Na die vertoning hou ons partyjie saam met die dansers. Kom ondersteun ons asseblief. Hoop om julle almal daar te sien.  Groete.. Barbie en leerlinge

Ons kore sing hierdie Sondagaand by Tamboerskloof N G Kerk in Kloofnekweg. Die diens is van  19:00 – 20:00. Dis ‘n baie mooi Kerssangdiens.

Wees maar vroeg daar asb.

Alle koorlede sit by hulle ouers.

Kleredrag: WIT

SPORT

Ons wil net baie geluk sê aan Bernard Lombaard, Thornley Webber en Ruben Janse van Rensburg, wat gekies is vir die O/11 Sentraal Distrikspan.

Hulle sal die Distrik verteenwoordig op Saterdag 2 Desember 2017 en Sondag 3 Desember 2017 by ‘n Inter-Distrik sportdag.

Baie geluk en baie sterkte manne. Ons is trots op julle en ons staan 100% agter julle. Hou ons skool se naam hoog manne!!

 

Vrydag 1 Desember vind alle velditems plaas by Hoërskool Jan van Riebeeck.

Hierdie is vir alle leerders wat volgende jaar 10 jaar oud en ouer word. Ons begin om 08:00 en versoek dat alle leerders by die velde afgelaai sal word. Indien daar enige leerders is wat nie by die hoërskool afgelaai kan word nie ,sal ons hulle vanaf die skool na die velde vervoer.Vir graad 1 en 2 sal daar normale skool wees. Saterdag 2 Desember vind alle baanitems plaas. Soos in die verlede sal daar optogte wees en pawiljoene gaan opgemaak word. Alle leerders kan deelneem en ons versoek dat leerders reeds om 07:00 by die hoërskool se velde sal wees.

Optog begin om 07:15 en die eerste item om 07:45.

Ons sien baie uit na die laaste funksie vir die jaar waar alle ouers betrokke kan wees en hulle kinders kan kom ondersteun.

PROGRAM 1 Des



PROGRAM
 2 Des

Opvoeding is nie die volmaak van ‘n emmer nie, maar die aansteek van ‘n vuur.

– William Butler Yeats

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209