Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Maandag, 20 November 2017    Juf. Raché de Goede verjaar  

Maandag, 20 November 2017    BR vergadering 17:00

Maandag, 20 November 2017    Begrotingsvergadering  19:00  

Woensdag, 22 November 2017    Gr.1 Prysuitdeling  (Skoolsaal) 08:30

Woensdag, 22 November 2017    Gr.2 Prysuitdeling  (Skoolsaal) 10:00

Woensdag, 22 November 2017    Gr.3 Prysuitdeling (Skoolsaal) 11:30

Donderdag, 23 November 2017    Eksamen eindig  

Vrydag, 24 November 2017    Liewe Aarde Tydskrif Jamboree  

Vrydag, 24 November 2017    Gratis sivvies  

Saterdag, 25 November 2017    Moderne Dans (Skoolsaal)  

Sondag, 26 November 2017    Tamboerskloof Kerssangdiens   

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Begrotingsvergadering

Ons herinner almal aan ons begrotingsvergadering wat eerskomende Maandagaand, 20 November, om 19:00 in die biblioteek sal plaasvind.

Prysuitdelings (in ons skoolsaal)

Graad 1 Woensdag 22 Nov. om 08:30
Graad 2 Woensdag 22 Nov. om 10:00
Graad 3 Woensdag 22 Nov. om 11:30
Graad 4 & 5 Dinsdag 28 Nov. om 19:00
Graad 6 & 7 Donderdag 30 Nov. om 19:00

ALGEMEEN

Die klerebank is slegs Maandag- en Woensdagoggende oop gedurende eksamentye vanaf  07:15.
Vermy asseblief die doodtrap in die begin van die jaar, en koop volgende jaar se items aan terwyl dit stil is.
Graad 6 leerlinge wat nog nie geruite oortruie het vir 2018 nie, moet asseblief  voor 23 November bestel.
Stuur asseblief die grootte wat vereis word na jvrklerebank@gmail.com
Bestellings kon tot nou toe vervul word, maar het nou uitverkoop in grootte 32 en 36. Finale eenhede word bevestig met die verskaffer op 23 November.

Laai asb onderstaande vorms af ( VAKANSIESORG EN VRYWARING), druk dit uit en vul in asb. Stuur dan na Veronica by die NASORGLOKAAL.
U kan dit ook skandeer en as aanhangsel per e -pos na Veronica stuur: nasorg@jvrprim.co.za

VAKANSIESORG EN VRYWARINGSVORM

AKADEMIE

Ons in die helfte van die eindeksamen.
Die Prysuitdelingsfunksies begin vlg. week, 22 Nov. met die laaste funksie op 30 Nov.

‘n Wenner is ‘n uithouer wat kan aanhou om uit te hou!

KULTUUR

Die jaar is op sy rug en Kersfees is om die draai. Albei ons kore sing op Sondagaand 26 November om 19:00 by die N G Kerk Tamboerskloof by hulle jaarlikse Kerssangdiens. Maak seker dat julle die datum betyds vasmaak sodat elke koorlid aanwesig kan wees.
As ‘n vergunning kan die koorlede weer wit klere dra en nie skooldrag nie. Seuns kan denim met wit aantrek.

Ons het twaalf leerders wat onlangs deelgeneem het aan hierdie klavier-eksamen. As daar in ag geneem word dat almal van hulle maar eers verlede jaar  met klavier-onderrig begin het en alleen voor ‘n onbekende eksaminator ‘n uitvoering moes lewer , is dit ‘n  besondere prestasie.

*Jan Karsten Gr 3 ,85%(met Lof) *Eugenie Delpierre Gr 4, 85% (met Lof)
*Mia Cruywagen Gr 2 ,80% (Eervolle vermelding)
*Mia Boshoff Gr 2, 86% (Met Lof) *Christian Boshoff Gr 4, 86% (Met Lof)
*Susan Burger GR  2 , 80% (Eervolle vermelding)
*Lara Pieterse Gr 3,  89% (Met Lof)
*Emke van Wyk Gr 2 , 83% (Eervolle vermelding)
*Mari Swanepoel Gr 5 , 83% (Eervolle vermelding)
*Cara Swanepoel Gr  2 , 86% (Met Lof) 
*Sebastian Maree Gr 3 ,  85% (Met Lof)
*Mieke Hertzog Gr 3 , 90% (Met Lof)  

Baie, baie geluk aan een en elkeen van julle. Ons is SO trots op julle vir die ekstra harde werk. 

Konsert DVD

Die konsert DVD kos R120 en is betaalbaar by registeronderwyser of direk by mnr. Ben Reynecke. Kontant asseblief! Sit die geld in ‘n duidelik gemerkte koevert.
Die bestellings sluit Woensdag, 22 Nov.

SPORT

Vrydag 1 Desember vind alle velditems plaas by Hoërskool Jan van Riebeeck.

Hierdie is vir alle leerders wat volgende jaar 10 jaar oud en ouer word. Ons begin om 08:00 en versoek dat alle leerders by die velde afgelaai sal word. Indien daar enige leerders is wat nie by die hoërskool afgelaai kan word nie ,sal ons hulle vanaf die skool na die velde vervoer.Vir graad 1 en 2 sal daar normale skool wees.

Saterdag 2 Desember vind alle baanitems plaas. Soos in die verlede sal daar optogte wees en pawiljoene gaan opgemaak word. Alle leerders kan deelneem en ons versoek dat leerders reeds om 07:00 by die hoërskool se velde sal wees.

Optog begin om 07:15 en die eerste item om 07:45.

Ons sien baie uit na die laaste funksie vir die jaar waar alle ouers betrokke kan wees en hulle kinders kan kom ondersteun.

Atletiekprogram

Kliek HIER vir die program van die VELDITEMS van 1 Des

Saterdag was die 3de tweekampbyeenkoms vir die seisoen en dit was heerlik om te sien dat soveel leerders van Jan van Riebeeck deelgeneem het. Twaalf atlete het deelgeneem en by elke byeenkoms presteer ons atlete besonder goed. Al die harde werk wat hulle by die oefening insit, word beloon. Hier volg ons leerders se uitslae:
0/9 en 0/11 atlete hardloop 800m.
Sophia Liebenberg –  3:23:97
Heini Liebenberg – 3:11:72
Albert Griesel – 3:00:64
Alexander Benecke – 3:02:24
Lourens van der Walt – 3:02:64
Danny Newton – 2:57:70
Stefan Griesel – 3:07:26
0/13 dogters hardloop 1000m
Mila Nicolella – 3:57:48 Isabella van der Walt – 4:00:43
Elmarie Combrink – 4:01:73
0/13 seuns hardloop 1200m
André Liebenberg – 5:08:76
0/15 Seuns hardloop 1500m
Jordan Hoefer – 5:27:78

Hierdie atlete het met gereelde oefening hulle tye al tot en met 16 sekondes verbeter. Dit is heerlik om so baie van ons atlete te sien deelneem en die sport te geniet. Die volgende byeenkoms is Saterdag 13 Januarie by Laerskool De Hoop in Somerset-Wes.

Kleik HIER vir die Advertensies van die week

 

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen
SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209