Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Donderdag, 9 November 2017    Gr. 6 Ouerinligtingsvergadering  

Donderdag, 9 November 2017    Alle SKOOLSPORT eindig  

Donderdag, 9 November 2017    Huppelland kleedrepetisie  (Skoolsaal)

Vrydag, 10 November 2017    Huppelland konsert  (Skoolsaal)

Vrydag, 10 November 2017    Eksamen begin vir gr.7  

Dinsdag, 14 November 2017    Saalopening: Leerlingraad  

Dinsdag, 14 November 2017    Eksamen begin vir gr.4-6  

Woensdag, 15 November 2017    BR vergadering om 17:00

Woensdag, 15 November 2017    Begrotingsvergadering  om 19:00  

Donderdag, 16 November 2017    Stef Bos konsert  (Skoolsaal)

Maandag, 20 November 2017    Juf. Raché de Goede verjaar   

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Begroting vir 2018

Ons herinner u aan ons begrotingsvergadering wat eerskomende Woensdagaand om 19:00 in die skool se biblioteek sal plaasvind.

Waterkrisis

Soos almal van u weet, ervaar Kaapstad ‘n waterkrisis. Ons doen verskeie dinge by die skool om water te bespaar en hoop dat u met u kind/ers gesels oor die krisis en die nodige tuis doen om water te bespaar.

Skooltye gedrurende die eksamen

Die skool sluit vanag Maandag (13 Nov.) as volg:

Gr.1-3: 13:00

Gr.4-7: !3:15

Die bus vertrek om 13:15.

ALGEMEEN

Ons wil hierdie week eerstens baie geluk sê aan ons Jannie van die week – Simon van Dyk in Gr2. Ons hoop julle geniet julle Pizzas sommer baie!



Tweedens wil ons graag ‘n groep kinders wat so mooi gereeld herwin ook erkenning gee. Dis soms moeilik om net een Jannie elke week te kies, so ons wil net sê … ons sien julle raak – BAIE DANKIE aan: 

Lara Pieterse, Geon van Huyssteen,  Adrian en Mieke Huysamen, Lumarie Fourie,  Jean-Pierre van Staden, Kian Eksteen, Taru de Wet, Zuletha Fereira, Milla Joubert, Simon van Dyk, Ruald en Ewan Naude, Mia du Preez, Christopher Venter, Ameli Snyman, Mia du Preez.  

Onthou asseblief om julle tydskrifte te begin versamel vir die Jamboree op die 24ste November! 

Die foto’s is op die aansteekbord aangebring. U moet asseblief by die aangewese onderwyser bestel.

Wyse van betaling as volg:

* Kontant in ‘n koevert met die kind se naam en die bedrag  en graad daarop.

* Tjek- uitgemaak aan die skool

* Elektroniese betaling aan die skoolrekening: stuur asb ‘n bewys van betaling aan die klasonderwyser.

Prys:

R40: 150x200mm (soos op aansteekbord)

R50: 200x270mm

R60: 300x400mm 

Sluitingsdatum vir bestelling is 20 November 2017.

AKADEMIE

Daar is nog bekers uitstaande. Bring asb. DRINGEND terug na die biblioteek. Bekers moet KLAAR gegraveer wees.

Graveringsopsie: Premier Shoes (021 424 4904) 

Navrae: magriet@jvrprim.co.za    

 

 

Alle biblioteekboeke terug in die biblioteek teen Vrydag, 17 November. Dankie aan almal wat reeds boeke teruggebring het. (Juffrou Magriet, JvR biblioteek)

 

 

 

javel

Wenner:  Ella-Mari le Roux (Gr.4S)

Definisie: agteraf of onbeskaafte persoon

Sin: Die oom wat langs ons bly, is ‘n regte ou javel.

Maak die Desember-vakansie kennis met die wêreld van ontwerp en 3D printing.

Die Finger Cannon- werkswinkel is daarop gerig om studente ‘n goeie oorsig te bied rondom die moontlikhede van 3D ontwerp en 3D printing as ‘n vorm van prototipe. Ons werksessies is daarop gerig om elemente van WWKT-vakinhoud (Wiskunde, Wetenskap, Kuns en Tegnologie) vir studente op ‘n interaktiewe en lewendige wyse te bied om sodoende kritiese denke en ‘n innoverende aanslag tot probleemoplossing te koester.

Verdere inligting en registrasie vir die werkswinkels kan geskied op ons webtuiste http://www.dusn.co.za/holiday-workshops/

KULTUUR

Ons het ons jaarlikse Performance Awards Ballet Event op Sat 28 Oktober by JvR gehou. Brons /Silwer /Goud word toegeken. Ons dansers was ongelooflik en die beoordelaar, Miss Betty Blake, was vol lof vir  hul prestasies.

Dis vir my n groot plesier om die volgende Laerskooldansers geluk te wens met hul pragtige uitslae:  

Lida -Mari Bosman Level 1 Silwer met Onderskeiding 

Lara Frontini Level 1 Silwer

Lara Basson Level 1 Goud

Stella Bojé Level 1 Silwer met 2x Onderskeidings 

Elle Nortjé Level 2 Silwer met Onderskeiding 

Emma Liebenberg Level 2 Silwer 

Juliette Visser Level 2 Goud

Lumarie Fourie Level 2 Goud

Amelie Visser Level 2 Goud 

Jana Brink Level 3 Goud

Klara von Lieres Level 3 Silwer met onderskeiding

Scarlett vd Merwe Level 3 Silwer met 2x Onderskeidings

Onela Roxo Level 3 Silwer met 2x Onderskeidings

Marianne Nel Level 4 Silwer met 2x Onderdskeidngs    

Christin Meyer Level 4 Sliwer met Onderskeiding

Jeanette Groenewald Level 4 Silwer met 2xOnderskeidings  

Lisa Best Level 4 Goud 

Elzé van Zyl Level 4 Goud met Onderskeiding*

Raine Bence Level 4 Goud

Stef Bos tree om 7nm op 16 November in die Jan van Riebeeck skoolsaal op ten bate van die Laerskool Jan van Riebeeck Trust se beursfonds.

Kaartjies is deur Quicket te koop by hierdie skakel:

https://www.quicket.co.za/events/36208-stef-bos-konsert-ten-bate-van-die-jvr-trust-beursfonds

 Anneke du Plessisis die wenner van ons kompetisie!  Sy wen 2 kaartjies.

SPORT

Baie dankie vir almal se bydrae tot JvR se sport gedurende 2017. ‘n Spesiale woord van dank aan elke afrigter en onderwyser vir die ure se opoffering en onbaatsugtige wyse waarop julle ons leerders help. Baie van julle het soms met siek lywe of ten koste van julle eie gesinne langs ‘n baan of veld diens gedoen. Dit word dikwels te min gesê, maar BAIE BAIE DANKIE!



Alhoewel alle oefeninge vir die jaar klaar is, het ons nog een byeenkoms om af te handel vir 2017. Die Kleuresport Atletiek sal op Vrydag, 1 Desember, en Saterdag, 2 Desember, by die Hoërskool Jan van Riebeeck se velde plaasvind. Leerders vanaf gr R tot gr 7 word aangemoedig om deel te neem, maar word nie verplig nie. Leerders neem deel in hul ouderdomsgroepe soos vir 2018. Dit beteken byvoorbeeld indien ‘n kind volgende jaar, 2018, O/13 gaan wees, neem hulle by die kleuresport atletiek as ‘n O/13 atleet deel. 



Baie sterkte vir almal met die eksamen. Onthou dit is goed om ‘n breek te neem tussen die leerwerk en vir ‘n paar minute vars lug te skep.

C Span (gemeng) JvR wen teen Goodwood Park 6 – 0 Wel gedaan met ‘n goeie oorwinning!

As jy nie van iets hou nie, verander dit. As jy nie kan nie, verander die manier hoe jy daaroor dink.

Mary Engelbreit

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209