Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Woensdag, 1 November 2017    Krieket:O/11@Herzlia Weizmann –  WEG 

Woensdag, 1 November 2017    Tenniswedstryde –  WEG 

Donderdag, 2-3 November 2017    Boekverkoping  

Donderdag, 2 November 2017    Krieket: 0/13 @Seepunt – TUIS 

Vrydag, 3 November 2017    Atletiekbyeenkoms te Riebeeck Kasteel  

Saterdag, 4 November 2017    NG Kerk Drieankerbaai basaar  

Sondag, 5 November 2017    Juf. Razelle Hanekom verjaar  

Dinsdag, 7 November 2017    Gr. 3 Ouerinligtingsvergadering  

Woensdag, 8 November 2017    Tenniswedstryde – TUIS  

Donderdag, 9 November 2017    Gr. 6 Ouerinligtingsvergadering  

Donderdag, 9 November 2017    Alle SKOOLSPORT eindig  

Donderdag, 9 November 2017    Huppelland kleedrepetisie  (Skoolsaal)

Vrydag, 10 November 2017    Huppelland konsert  (Skoolsaal)

Vrydag, 10 November 2017    Eksamen begin vir gr.7   

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Hoede

Ons wil alle ouers aanmoedig om asseblief toe te sien dat alle leerders ‘n hoed moet skool toe bring en te vra dat hulle dit alle tye buite die skoolgebou moet dra! Hierdie reël is spesifiek vir die leerders se gesondheid en vir geen ander rede nie.

Nuwe aanstellings

Alhoewel alle nuwe aanstellings vir 2018 gefinaliseer is, wag ons nog vir die amptelike goedkeuring van WKOD voordat ons dit openbaar mag maak… so sodra ons dit ontvang, sal ons dit in ‘n nuusbrief plaas.

ALGEMEEN

Baie geluk aan hierdie week se wenners – Kirsten en Keira Heyns. Julle is ons Jannies van die Week en kan lekker gaan smul met julle ColCaccio’s geskenkbewys. Dankie vir julle getroue herwinning.

Tydskrif Jamborie: Vrydag die 24ste November, gaan ons kyk watter graad die meeste tydskrifte kan skool toe bring. So, versamel asseblief solank by die huis. Ons gaan ‘n lekker prys hê vir die graad wat wen. Kom ons kyk of ons verlede jaar se poging kan verbeter !

 

Baie dankie aan elke Jannie en Jannie-ouer, wat hul harte oopgemaak het om by te dra by hierdie wonderlike projek. Die ontvangs van items was fantasties en ons gaan verseker 140, of dalk selfs meer harte baie bly maak hierdie Kersfees.  

AKADEMIE

22 November 2017 

Gr. 1 – 08:30

Gr. 2 – 10:00

Gr. 3 – 11:30

*Daar sal van hierdie jaar af nie meer in die grondslagfase (gr. 1 – 3) toppresteerders (top 3) per klas uitgesonder word nie.  Dus sal geen leerder in die grondslagfase ‘n medalje vir akademiese prestasie ontvang nie.  Elke leerder sal steeds ‘n sertifikaat wat prestasie en/of karaktereienskappe uitlig, ontvang.

28 November 2017

Gr. 4 – 5 – 19:00

30 November 2017

Gr. 6 – 7 – 19:00

Vir u gerief, is daar sulke lyste op ons webtuiste. Volg die skakel om te gaan kyk, en rol af tot onder aan die bladsy: SKRYFBEHOEFTES 2018

Die Grondslagfase gee self vir die leerders die lys met skryfbehoeftes.

KULTUUR

Die jaar is op sy rug en Kersfees is om die draai. Albei ons kore sing op Sondagaand 26 November om 19:00 by die N G Kerk Tamboerskloof by hulle jaarlikse Kerssangdiens. Maak seker dat julle die datum betyds vasmaak sodat elke koorlid aanwesig kan wees.



As ‘n vergunning kan die koorlede weer wit klere dra en nie skooldrag nie. Seuns kan denim met wit aantrek.

 

Op 13 Oktober 2017, het Laerskool Zwaanswyk, ‘n Prestige-aand aangebied.Alle leerders wat uitmuntend in ‘n afdeling van Eisteddfod in 2017 presteer het, het ‘n medalje ontvang. Hierdie was ‘n baie spoggerige geleentheid en ons is baie trots om met almal te deel watter Jannies medaljes ontvang het.

Musiek en Sang: 

Alexander Ulich ontvang ‘n Silwer medalje vir Junior sang, seuns 8 jaar.

Neena Lonte ontvang ‘n Silwer medalje vir Junior Klavier, 10 jaar.

Catherin Wilkin ontvang ‘n Silwer medalje vir Junior Klavier groep solo, 12 jaar.

Neena Lonte ontvang ‘n Goue medalje vir Junior Klavier, 6 – 10 jaar.

Voordrag:

Emma van Biljon ontvang ‘n Silwer medalje vir Voordrag, Graad 1 Meisies.

Tommo Kruger ontvang ‘n Silwer medalje vir Voordrag, Graad 1 Seuns.

Mia Cruywagen ontvang ‘n Silwer medalje vir Voordrag, Graad 2 Meisies.

Jana Brink ontvang ‘n Silwer medalje vir Voordrag, Graad 4 Meisies.

Layla Erasmus ontvang ‘n Silwer medalje vir Voordrag, Graad 5 Meisies.

Liezel Snijders ontvang ‘n Silwer medalje vir Lees, Graad 5-6

Anna van Biljon ontvang ‘n Silwer medalje vir Lees, Graad 5-6.

Baie geluk met hierdie pragtige prestasies.

Indien daar ouers is wat nog nie toegang tot die konsertfoto’s het nie, kan die skakel steeds by registeronderwysers aangevra word en sal dan per e-pos aangestuur word.

SPORT

Alle skolesportoefeninge sal op Donderdag, 9 November, eindig.

Die O/13’s het verlede Vrydag teen Reddam House meegeding in ‘n aandwedstryd onder die spreiligte van Groenpunt Krieketklub. Hierdie was ‘n baie belangrike wedstryd vir die span, siende dat dit die enigste verloor was van die vorige seisoen. JvR het verlede seisoen hierdie einste wedstryd  met 4 lopies verloor!!

Hierdie keer het JvR die geleentheid gehad om eerste te kolf en het ‘n totaal van 130 lopies aangeteken in die 20 boulbeurte. Die speler wat daar uitgestaan het was Seth Louw met 41 lopies. Ons neem toe die veld oor en RH maak ‘n totaal van 90 lopies. ‘n Fantastiese spanpoging met boulwerk en veldwerk. JvR wen dus die wedstryd met 40 lopies. Baie geluk manne, julle het julle self uitstekend van julle taak gekwyt !!

Die 0/11’s het gister teen Herzlia gespeel. JvR het die loting gewen en besluit om eerste te boul. Die manne en dames het puik geboul en Herzlia uitgeboul vir 39 lopies binne 16 boulbeurte. Keegan Schoeman het uitgestaan as bouler en 3 paaltjies geneem.

JvR kolf toe en verloor 2 vinnige paaltjies. Die volgende twee het hul man gestaan en ‘n goeie vernootskap aangeteken wat gehelp het dat ons die wedstryd wen. Tariq Lubowski was die beste kolwer vir die dag.

JvR wen die wedstryd met 8 paaltjies, ‘n goeie einde vir die seisoen.

Die o/11’s het hierdie seisoen al hulle wedstryde gewen en die hele jaar slegs een wedstryd verloor met 3 lopies.

Baie geluk aan die O/11 span.

31 Oktober: C Span (gemeng) JvR verloor teen

De Tyger 5-1 



1 November:


A Span (gemeng) JvR verloor teen Edgemead 6 – 0

B Span (gemeng) JvR wen teen Blouberg Ridge 5 – 1

A Span (dogters) JvR verloor teen Edgemead 5 – 1

A Span (seuns) JvR wen teen Blouberg Ridge 6 – 0

C Span (gemeng) JvR verloor teen De Tyger 5-1

Geen waardevolle doelwit kan bereik word sonder die onselfsugtige samewerking van baie individue nie.

– Albert Einstein

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209