Uitleg van veld

Hierdie kamp vir ouers en kind/ers beloof om hope plesier op te lewer. Kortliks behels dit die volgende:  
Daar sal braaidromme en hout voorsien word. 
U is welkom om u eie braaidrom en hout saam te bring. 
Onthou ook om asseblief ‘n koplampie of flitslig saam te bring. 
Daar is soos in die verlede weer ‘n meganiese bul waar elke kind/ouer sy/haar vaardigheid kan toets asook  bykomende aktiwiteite wat baie gewild behoort te wees. Hierdie ontspanning vir die kinders sal teen ongeveer 17:00 begin en sal duur tot ongeveer 21:30.
Kinders:  R60
Volwassenes:  R30
Alle gelde moet asseblief by u kind se registeronderwyser inbetaal word teen Donderdag, 19 Oktober.
Die kamp vind plaas op die Conradieveld en almal is welkom vanaf 17:00.
Die oorslaap met ‘n tent/tentjie saam met u kind(ers) is opsioneel. 
Gewoonlik is daar heelwat van die ouers wat oorslaap en dan die Saterdagoggend oppak en terug vertrek huis toe. 
Ons sien daarna uit om julle daar te sien!
Deon Pieterse