Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 29 September 2017    Sivvies  

Woensdag, 4 Oktober 2017    Tannie Rose Chikwata verjaar  

Vrydag, 6 Oktober 2017    Juf. Marinda Brink verjaar  

Maandag, 9 Oktober 2017    Mnr. Christopher Banda verjaar  

Maandag, 9 Oktober 2017    Juf. Bibi Stoffberg verjaar  

Maandag, 9 Oktober 2017    Juf. Suzaan Burger verjaar 

Maandag, 9 Oktober 2017   Skool heropen

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Konsert

Baie dankie aan almal se bydraes en ondersteuning met ons pas afgelope baie suksesvolle konsert! Ons sien sommer nou al uit na ons volgende een wat in 2019 sal plaasvind. Ons wil baie mooi vra dat die kostuums wat huis toe gestuur is, netjies gewas en stryk word en sommer op die eerste dag volgende kwartaal terug gestuur word skool toe.

Vakansie

Ons hoop almal geniet die vakansie en kom veilig terug vir dié wat êrens heen reis. Die skool heropen weer op Maandag, 9 Oktober.

ALGEMEEN

Dis alweer vakansietyd! Die Liewe Aarde-span hoop al ons Jannies hou heerlik vakansie – Onthou om solank tydskrifte te begin bymekaarmaak vir volgende kwartaal.

Hierdie week se Jannies van die Week is Kegan en Kyra Schoeman. Ons hoop julle geniet julle Col Caccio’s geskenkbewys sommer baie. Dankie vir al julle oulike herwinning!

Die kwartaallikse skoolkoerantjie, DIE SUIDOOSTER, is nou ook aanlyn beskikbaar op ons webtuiste. Hierdie weergawe sal telkens op dieselfde dag as wat die harde kopié verskyn en aan die leerders uitgedeel word, op die webstuiste beskikbaar wees:

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/suidooster/

Bring gerus alle tweedehandse winter- en somerkinderklere (alle ouderdomme) op Vrydag, 13 Oktober 2017, skool toe.  Kom laai dit gerus vanaf 7:15 agter by die skool se parkeerplek af.  Indien enige ouers bereid is om met die sortering te help, kontak gerus vir Stephanie le Roux 083 261 8961.

ATLETIEK KLINIEK BY DIE HOëRSKOOL JvR
 

AKADEMIE

fnuik

Wenner: Marianne Nel (Gr.5L)

Definisie: verhinder of inkort 

Sin: Ek fnuik die skelm se planne om die geld te steel deur die polisie te bel.

---

SPORT

Ethan Brits in graad 6, het aan die Chang Hin Ryu National Championships 2017 deelgeneem die afgelope naweek en het ‘n silwer medalje verower.

Kliek HIER vir advertensies van die week

Adversity is the trial of principle. Without it a man hardly knows whether he is honest or not.

-Henry Fielding

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209