Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums vir volgende week

Vrydag, 22 September 2017    Sivvies  

Woensdag, 27 September 2017    Juf. Lucia de Jager verjaar  

Woensdag, 27 September 2017    Liewe Aarde sivvies  

Woensdag, 27 September 2017    Kulkunstenaar  

Vrydag, 29 September 2017    Sivvies   

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Nasionale Braaidag: Sondag 24 September

Ons wil alle ouers en kinders uitnooi om nasionale braaidag saam met ons op die Conradieveld te vier!…  dan kan ons ook sommer lekker nabetragting hou oor ons pas afgelope konsert…. en die lekkerste van hierdie dag is dat die volgende dag, nl. Maandag 25 September, ‘n vakansiedag is! Ons sal sorg dat daar genoeg braaidromme, hout en blitz is, die res moet u self saambring. Dit is natuurlik heeltemal GRATIS!

Konsert!!

Ek is seker dat almal met my sal saamstem dat ons konsert ‘n reuse sukses is!! Baie baie dankie aan almal, kinders, onderwysers, ouers en nie-onderwyspersoneel wat tot die sukses van ons konsert bygedra het…Daar sal video’s en foto’s van die konsert te koop wees… u sal na afloop van die konsert meer detail / besonderhede hieroor ontvang.

ALGEMEEN

Ma- Wo:

Normale ure

Do:    

Gr 1-3  13:00

Gr 4-7  13:15

Vry:    

10:45  

Die bus sal direk nadat die skool vir die oudste leerders gesluit het,vertrek, aangesien daar geen buitemuurse aktiwiteite, wat deur die skool aangebied word,sal wees nie.

As u belangstel in vakansiesorg vir u kind:

KLIEK HIER

Die Middagjannies wil komende Woensdag, 27 September sommer net lekker by Monte Rosa gaan kuier om 15:15 tot 16:30. Ons wil saam met die bejaardes klei speel,  inkleur en kuier.

Hul geniet gewoonlik iets soet te ete en dit sal wonderlik wees as jul iets kan saamstuur.  Laat weet asb. die Nasorgpersoneel voor Woensdag of jou kind mag saamgaan deur die afskeurstrokie in te vul en skool toe te stuur.

Klik HIER  om die vorm af te laai.  

Nicolene van Rooyen 

Liewe Jannies,

Onthou asseblief dat eerskomende Woensdag Liewe Aarde sivvies-dag is.  Almal van julle wat so mooi herwin het kan sivvies dra.  Kom ons kyk of julle almal ‘n blou of groen item kan aantrek. 

Die 19de September was dit Internasionale- kus- skoonmaak- dag – ongelukkig vir ons was dit ‘n skooldag en ons kon nie toe deelneem nie … maar hoekom maak julle nie ‘n verskil as julle hierdie langnaweek see toe gaan nie? Vat gerus handskoene saam en vul gou-gou ‘n sak met rommel voordat julle huistoe gaan – elke bietjie help!

Ons is besig om te kyk na opsies om rekenaar-afval ook te herwin by ons depo – meer hieroor volgende kwartaal. 

AKADEMIE

Boekverkoping

THE BOOK PEOPLE, Woensdag 27 & Donderdag 28 September in die biblioteek. Kom ondersteun ons asseblief.

Do You See Now bied ‘n vakansieprogram aan met drie splinternuwe werkswinkels geskik vir alle ouderdomme.

Die werkswinkels is ideaal vir studente wat nuuskierig is rondom die wêreld van 3D ontwerp en 3D printing met die opsie om verdere werksessies by te woon om dan sodoende die nodige vaardighede te ontwikkel waarmee hulle hul eie ontwerpe kan laat realiseer.

Ons werkswinkels is daarop gerig om WWKT-inhoud (Wiskunde, Wetenskap, Kuns en Tegnologie) vir studente op ‘n interaktiewe en lewendige wyse te bied om sodoende kritiese denke en ‘n innoverende aanslag tot probleemoplossing te koester. 

Registrasie vir werkswinkels kan geskied op ons webtuiste by: http://www.dusn.co.za/holiday-workshops/  

KULTUUR

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend gevaar het in die pas afgelope Unisa musiekeksamens:

Nicci de Jongh 90%

Anna van Biljon 90%

Liezel Snijders 80%

Katrien Stimie 88%

Heloise Strauss 83%

Lilly Lynch 88%

Mienkie van der Westhuizen 86%

Gabriel Smuts 91%

Linden Murray 91%

Daniela Coetzee 70%

Layla Erasmus 80%

Teia Louw 91%

Ons is baie trots op julle!!

Rosa Camille, Nina Bardenhorst, Nicolette Jordaan, Lilly Louw, Mari vd Merwe, Nicole Fourie, Klara Steyn, en Lara Pieterse het die afgelope naweek aan ‘n pragtige balletopvoering, SEASONS OF ENCHANTMENT, deelgeneem. Julle lyk pragtig!!

SPORT

Sophia Liebenberg het Saterdag aan die Nasionale KSISAS 2017 kompetisie deelgeneem.

‘n Span word na afloop van die kompetisie aangewys.

Hierdie span gaan volgende jaar na Swede, vir ‘n Internasionale kompetisie.

Twintig verskillende lande neem deel.

Sophia het eerste gekom in die dogters 2007/08 groep vir Kumite in die Nasionale kompetisie, maar omdat sy nog te jonk is ( kinders mag eers van Gr. 5 af vir die span gekies word en op toer gaan en Sophia is maar in Gr.2!), moet sy nog ‘n bietjie wag.

Baie geluk met hierdie puik prestasie.

Ons sal definitief vir Sophia dophou in die toekoms!

Kliek HIER vir Advertensies van die Week

Of this be sure: You do not find the happy life…you make it.

-Thomas S. Monson

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209