Do You See Now bied ‘n vakansieprogram aan met drie splinternuwe werkswinkels geskik vir alle ouderdomme.
Die werkswinkels is ideaal vir studente wat nuuskierig is rondom die wêreld van 3D ontwerp en 3D printing met die opsie om verdere werksessies by te woon om dan sodoende die nodige vaardighede te ontwikkel waarmee hulle hul eie ontwerpe kan laat realiseer.
Ons werkswinkels is daarop gerig om WWKT-inhoud (Wiskunde, Wetenskap, Kuns en Tegnologie) vir studente op ‘n interaktiewe en lewendige wyse te bied om sodoende kritiese denke en ‘n innoverende aanslag tot probleemoplossing te koester.
Registrasie vir werkswinkels kan geskied op ons webtuiste by http://www.dusn.co.za/holiday-workshops/